DIE GELOFTE, ’N SPLINTERNUWE MUSIEKBLYSPEL NOU TE SIEN BY AFRIFORUM TEATER!

Tuesday, May 10, 2022 - 08:23

DIE GELOFTE: ’N MUSIEKBLYSPEL, Inhoud Huis Musiek en AfriForum se langverwagte musiekblyspel, het op Donderdagaand, 5 Mei ‘n uiters suksesvolle mediavoorskou aangebied.  Op Vrydagaand, 6 Mei het hierdie indrukwekkende produksie amptelik geopen en is dit deur ‘n stampvol teater staande toegejuig! Die musiekblyspel sal nou vanaf 6 tot 29 Mei 2022 op die planke te sien wees. 
Hierdie produksie, met musiek en lirieke deur Johan Vorster en Jacomien de Wet, volg die gebeure voordat Die Gelofte tydens die Slag van Bloedrivier afgelê is. Kaartjies is nou beskikbaar teen R350 per persoon op https://linktr.ee/dieGelofte
Jannes Erasmus het die draaiboek en regie behartig van dié geskiedkundige stuk wat pragtig omskep is in ’n hedendaagse pakkie, vol hoop en lewenslesse; terwyl Francois Lessing aan die stuur van orkestrasie en musiekregie staan. 
Wanneer Aimee en Ali, twee hoërskool-dramastudente, ’n kis briewe onder in die teater se kelder ontdek, leer ken hulle die verhaal van Sarel Cilliers (en die Voortrekkers) wat saam met sy gesin oor die Drakensberge trek na die beloofde land. ’n Liefdesverhaal ontvou ook tussen twee jongmense wat skynbaar ’n onmoontlike gelukkige einde kan hê.
“Die geskiedenis kan nie herskryf word nie, maar dit kan vanuit ’n ander perspektief benader word. Wanneer jy na hierdie musiekblyspel kom kyk, sal jy verstaan waarom dit belangrik is om dié verhaal te vertel. Daar word parallelle getrek wat oor byna 200 jaar strek en vandag steeds relevant is. Grond, gesinsbande en die grusame werklikheid van die lewe,” sê Erasmus
Vorster en De Wet voeg by: “Ons vertrou dat elke persoon wat hierdie musiekblyspel gaan kyk, se lewens ook aangeraak sal word. Daar was hoop vir ons in 1838 en daar is steeds hoop vir ons vandag. 
Om dinge nog meer opwindend te maak, spog hierdie verhoogstuk ook met ’n sterbelaaide rolverdeling in die musiek- en teaterbedryf waaronder Johan Vorster, Nadia Beukes, Bernice West, Eddie de Jager, Zöricke Snyman, Jacomien de Wet, nuweling Ilán van Staden en vele meer.
Johan, wat bekend is as trefferliedjieskrywer en vervaardiger (De la Rey, Pa en Seun, Eendag as ons Groot is, Swart Koffie, Skepe, Nonna, Net voor die Storm kom, en vele meer), maak na ’n dekade agter die skerms vir die eerste keer weer sy buiging op die verhoog en het laas opgetree as deel van die SAMA-bekroonde musiekgroep, Eden (Is jy Bang, 54 5de straat, Lyf teen Lyf en Kwart oor 5).
Nog opwindende nuus is dat Bernice West se tweede enkelsnit, Soen My Op My Mond (met Ilán van Staden), vanaf haar opkomende album, JONA, wat later vanjaar uitgereik sal word, die 6d Mei op alle digitale platforms beskikbaar gestel .  Gebruik hierdie skakel om die af te laai: https://bernicewest.lnk.to/SMOMM

Die musiekvideo is ook reeds vrygestel – kyk dit hier: https://www.youtube.com/watch?v=6Jrx126QM9A&ab_channel=BerniceWestVEVO

Hierdie lied is ook een van die treffers wat in DIE GELOFTE: ’N MUSIEKBLYSPEL gehoor kan word. Die oorspronklike klankbaan vir dié musiekblyspel is ook nou op digitale platforms beskikbaar. Kry dit hier: https://DieGelofte.lnk.to/MusiekBlyspel
DIE GELOFTE: ’N MUSIEKBLYSPEL is ’n gesinsvriendelike liefdesverhaal wat in oorlogstyd afspeel en ons afhanklikheid van mekaar en God simboliseer. Dit beloof om jou op ’n emosionele reis te neem van skaterlag-tonele en knop-in-die-keel-oomblikke wat jy nog vir lank daarna sal onthou... en dit nog boonop in jou eie taal, Afrikaans!
Dit is beslis nie iets wat jy moet misloop nie. Bespreek nou jou plek hier: https://linktr.ee/dieGelofte.

SOSIALEMEDIASKAKELS
AfriForum Teater
Facebook
: https://www.facebook.com/afriforumteater
Instagram: @afriforumteater
Webblad: www.afriforumteater.co.za

Die Gelofte: ’n Musiekblyspel
Webblad
: www.diegelofte.co.za

PUBLISITEIT EN BEMARKING Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel:
083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za

DIE GELOFTE, A BRAND-NEW MUSICAL NOW ON STAGE AT AFRIFORUM THEATRE

 

DIE GELOFTE: ’N MUSIEKBLYSPEL, Inhoud Huis Musiek and AfriForum’s long-awaited musical, had an extremely successful media launch on Thursday, 5 May and received a standing ovation in front of a jam-packed theatre on opening night, Friday 6 May. This impressive musical is now open to everyone until 29 May 2022!
This production, with music and lyrics by Johan Vorster and Jacomien de Wet, follows the events leading up to the day of the covenant (vow) during the Battle of Blood River. Tickets are now available at R350 per person at https://linktr.ee/dieGelofte.
Acclaimed scriptwriter, Jannes Erasmus, wrote and directed this modern-day historical piece that reveals something about history, but also brings hope and teaches life lessons.
When Aimee and Ali, two high school drama students, discover letters in the basement of the theatre, the story of Sarel Cilliers and the Voortrekkers’ journey across the Drakensberg to the promised land unfolds; a love story between two young people who seem to have an impossible happy ending.
“History cannot be rewritten, but it can be approached from a different perspective. When you see the musical, you will understand why it was important to us to tell this story. Parallels are drawn that are still relevant today. Land, family ties and the gruesome reality of life,” says Erasmus.
Vorster and De Wet add: “We believe that it will touch the lives of every person who watches it. There was hope for us in 1838 and there is still hope for us today.”
To make things even more exciting, the production also boasts a star-studded cast, including Johan Vorster, Nadia Beukes, Bernice West, Eddie de Jager, Zöricke Snyman, Jacomien de Wet, Ilán van Staden and more.
Johan, a renowned songwriter and producer (De la Rey, Pa en Seun, Eendag as ons Groot is, Swart Koffie, Skepe, Nonna, Net voor die Storm kom, and many more), is returning to the stage after he decade of working behind the scenes and used to be part of the SAMA award-winning group, Eden (Is jy Bang, 54 5de straat, Lyf teen Lyf and Kwart oor 5).
More exciting news is that Bernice West’s second single, Soen My Op My Mond (ft. Ilán van Staden), from her upcoming album, JONA, that will be released later this year, was released on all digital platforms on 6 May. Use this link to download: https://bernicewest.lnk.to/SMOMM

Watch the music video here: https://www.youtube.com/watch?v=6Jrx126QM9A&ab_channel=BerniceWestVEVO

This hit also forms part of the DIE GELOFTE: ’N MUSIEKBLYSPEL soundtrack that is now available for digital download Get it here: https://DieGelofte.lnk.to/MusiekBlyspel
AfriForum Theatre celebrated its first birthday in March and this production promises to set the standard for the coming year.
DIE GELOFTE: ’N MUSIEKBLYSPEL is a family-oriented wartime love story about an outsider who had no chance of achieving victory on his own. It promises to take you on an emotional rollercoaster and will stay with you long after the final curtain call.

Definitely not something to be missed. Book your seats here now: https://linktr.ee/dieGelofte.

SOCIAL MEDIA LINKS
AfriForum Theatre
Facebook
: https://www.facebook.com/afriforumteater
Instagram: @afriforumteater
Website: www.afriforumteater.co.za

Die Gelofte: ’n Musiekblyspel
Website
: www.diegelofte.co.za

PUBLICITY & MARKETING Starburst Promotions
Alishia van Deventer
Cell:
083 635 4717
E-mail: alishia@starburstmusic.co.za
Website: www.starburstmusic.co.za