Xander Joubert Veroorsaak ’n Opskudding Met Eerste Pop-enkelsnit

Monday, July 9, 2018 - 08:31

Draai jou radio harder, want Xander Joubert se eerste enkelsnit, AARDBEWING, is beslis nie iets wat jy wil mis nie. Die liedjie is pas vrygestel en reg om die radiogolwe oor te neem. Dit spog met ’n verfrissende nuwe popklank, waaroor luisteraars gaan mal wees en wat nog lank gaan koning kraai op die dansvloer.

Die liedjie is reeds aanlyn beskikbaar: http://itunes.apple.com/album/id1394439183?ls=1&app=itunes

Dié splinternuwe sangsensasie se lekkerluister-popstem is die perfekte pasmaat vir hierdie polsende goedvoeltreffer uit Werner Beukes se pen. AARDBEWING is ’n interessante popverwerking, met ’n moderne sokkiedans-aanslag, wat gaan oor verliefwees en al die emosies en opwinding wat daarmee saamgaan. Die snit se opgewekte wysie sal nie net jou voete laat jeuk om te dans nie, maar is ook een van daardie liedjies wat in jou kop bly vassteek – lank nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het. Die hele doel van popmusiek is eenvoud... met ander woorde - min woorde, so die storie is eenvoudig. Dit gaan oor iemand wat smoorverlief is op iemand anders. Ons het dit geskryf met die doel om aandag te trek en die luisteraar te nooi om saam te sing. Die publiek moet dit geniet en aanklank vind by die boodskap,” vertel hy. Die lewe is maar soms chaoties en moeilik en ek dink ’n lighartige liedjie kan so ’n bietjie geluk sit in die dag van diegene wat dit luister.”

’n Musiekvideo van die treffer, wat deur bekroonde filmmaker Gerhard van Rooyen vervaardig is, reeds op 7 Julie 2018 bekendgestel en die sanger vertel opgewonde: Dit gaan oor ’n bleeksiel wat baie verlief is op ’n meisie wat hy graag wil vra om sy metgesel te wees vir die matriekafskeid. Hy het geen sosiale vaardighede nie en weet nie hoe om die meisie te benader nie. Die kyker ontmoet ook sy alter-ego, wat hom intimideer en hom effens spot omdat hy is soos wat hy is. Die ou worstel dan met homself om sy onsekerhede te oorwin en genoeg selfvertroue op te bou om by die afskeid op te daag en te wees wie hy nog altyd wou wees.” Die video is op verskeie plekke in en rondom Pretoria verfilm.

Kyk die video hier: https://www.youtube.com/watch?v=EVbPhi-VBPk&t=17s

Xander is passievol oor musiek en werk al vir die afgelope sewe jaar hard daaraan om sy droom te verwesenlik. Sy sangtalent is reeds op hoëskool ontdek, toe ’n juffrou hom Die Volkslied hoor sing het en genooi het om deel te neem aan ’n kompetisie, waarin hy baie goed gevaar het. Dit is ook hier waar die musiekgogga hom behoorlik gebyt het. Daarna het hy besluit om vir stemafrigting te gaan en het hy verskeie ander kompetisies gewen, wat vir hom – na skool – ’n kontrak by Majorca losgeslaan het wat hy ongelukkig nie kon aanvaar nie. “Ek kom glad nie uit ’n musikale huis uit nie, maar ek was nog altyd gefassineer deur die musiekbedryf en musikante. Daar is ook verskeie groot herinneringe en emosies uit die verlede wat ek aan musiek koppel. Om te sing was nooit deel van my planne nie. Ek was ’n sportman, met ’n tennisbeurs by Curro College, maar dinge het op die ou einde uitgewerk soos wat dit moet,” gesels hy.

Alhoewel hy ’n wye verskeidenheid musiek geniet, het hy groot bewondering vir kunstenaars soos Steve Hofmeyr en Elvis Blue. Hy luister ook graag na oorsese musikante soos Keith Urban, Florida Georgia Line, Sam Smith, ZAYN, Josh Groban, Michael Buble, Sia en Little Mix. My grootste inspirasie is om goeie musiek te maak wat treffend is. Ek wil heeltyd verbeter en is nooit tevrede met my liedjies nie. Ek sien dit as ’n goeie ding, want so sal ek aanhou verbeter. Daar is baie musiek en genres waarvan ek hou, maar ’n goeie stem sal my altyd beïndruk,” deel die kunstenaar.

As hy nie ’n musikant was nie, sou hy graag wou boer of ’n eetplek oopmaak om sy vaardighede agter die kospotte ten toon te stel. Maar vir nou is sing sy grootste fokus en werk hy hard aan sy debuut-album, wat heel moontlik gaan spog met tien oorspronklike Afrikaanse en vier Engelse snitte, wat vir later vanjaar beplan word. Hy besit ook sy eie onafhanklike platemaatskappy, XJ Records, en wil in 2019 graag nuwe kunstenaars onder sy vlerk neem. Verder droom hy ook daarvan om eendag sy werk met internasionale gehore te deel.

Xander glo dat musiek baie kan verklap oor wie jy is... en hy beplan om seker te maak dat syne vir hom ’n gerespekteerde plek in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf vestig. AARDBEWING gaan nie net ’n treffer op die dansbaan en treffersparades wees nie, maar is ook die begin van ’n baie belowende musiekloopbaan vir hierdie talentvolle kunstenaar.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook:
https://www.facebook.com/XanderJoubertMusic/
Twitter: @XanderJoubert
Instagram: @xander.joubert

Xander Joubert Causes A Stir With New Pop Single

Turn up the radio volume, because Xander Joubert’s debut single, AARDBEWING (Earthquake), is definitely not something to be missed. The song has just been released and is ready to take over radio frequencies. It boasts a refreshing new pop sound that will not only be popular on the dance floor, but also promises to conquer the hearts and ears of listeners across the country.

This song is also available online: http://itunes.apple.com/album/id1394439183?ls=1&app=itunes

The pop sensation’s easy-listening voice perfectly complements the song’s (written by Werner Beukes) feel good rhythm. AARDBEWING is an interesting pop arrangement, with a modern ‘sokkie’ approach, about being in love and all the emotions and excitement that goes with this feeling. It has an upbeat tune, which will encourage fans to dance and sing along. “The aim of pop music is simplicity… to tell a simple story in as little words as possible. The song is about someone who is in love. We wanted to create a catchy tune that audiences would be able to relate to,” he shares. “Life can be difficult and chaotic sometimes and I think that a song like this has the potential to brighten someone’s day.”

The music video, directed by acclaimed filmmaker Gerhard van Rooyen, was released this past weekend: “It is about a nerd who is in love with a girl and wants her to be his prom date. He has no social skills and does not know how to broach the subject. We then meet his alter ego, who clearly intimidates him and makes fun of his insecurities and social awkwardness. He struggles with himself to overcome his ambiguities and regain his self-confidence as he builds up the courage to attend prom and become who he has always wanted to be”, says Xander. The video was shot at various locations, in and around Pretoria.

Watch the video here: https://www.youtube.com/watch?v=EVbPhi-VBPk&t=17s

Xander is passionate about music and has been working hard for the past seven years to realize his dream. His singing talent was discovered in high school, when a teacher heard him sing the National Anthem and invited him to participate in a competition in which he did really well. Before he knew it, he was hooked and decided to go for vocal coaching sessions. He won several other competitions and was offered a contract with Majorca, after school, which he unfortunately had to turn down. “I do not come from a musical background, but have always been fascinated by the music industry and musicians. There are also several great memories and emotions of the past that I associate with music. Singing was never part of my plans for the future. I was a sportsman, on a tennis scholarship from Curro College, but things worked out exactly like it was supposed to,” he says.

Although he enjoys a wide variety of music, he has always had great admiration for artists like Steve Hofmeyr and Elvis Blue. He also listens to overseas musicians like Keith Urban, Florida Georgia Line, Sam Smith, ZAYN, Josh Groban, Michael Buble, Sia and Little Mix. “My biggest inspiration, is to create good music with a lasting impact. I strive to improve all the time and am never satisfied with my songs. I see it as a good thing, because this way I will never stop growing. I have great appreciation for many different types of music and genres, but a good voice will always impress me most,” shares the artist.

If he had to choose a different career, he would have liked to be a farmer or a restaurant owner (to showcase his talent as a cook). But for now, his biggest focus is singing and he is working hard on his debut album, which will most likely include ten original Afrikaans and four English tracks that is planned for later this year. He is the owner of an independent record company, XJ Records, and wants to take in new artists in 2019. He also dreams of sharing his talent with international audiences someday.

Xander believes that music reveals a lot about who you are... and wants to establish a respected place for himself in the South African music industry. AARDBEWING is not only going to be a hit on the dance floor and charts, but also marks the start of a very promising career for this talented artist.

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook:
https://www.facebook.com/XanderJoubertMusic/
Twitter: @XanderJoubert
Instagram: @xander.joubert.