Wynand Strydom Se Nuwe Musiekvideo, Gebed, Dwing Jou Tot Stilte.

Monday, July 9, 2018 - 13:19

Wynand Strydom se eerste enkelsnit, GEBED, vanaf sy agste solo-album, SKIELIK IS JY VRY, wat op 13 Julie 2018 uitgereik word, is verlede week vrygestel en die musiekvideo vir hierdie ongelooflike lied het ook pas die lig gesien. SKIELIK IS JY VRY is ‘n album met snitte uit Koos du Plessis se pen.

Ek is my lewe lank al baie lief vir Koos du Plessis se musiek. Dit was nog altyd ’n droom om al my gunsteling liedjies op een album op te neem. GEBED is een van Koos se liedjies wat nie vra vir oorbode storielyne in ‘n musiekvideo nie. Dit gaan absoluut oor die lirieke en ek wou nie gehad het dat 'n besige video afbreek daaraan doen nie. Dit is 'n baie gewyde lied en ek dink dit is iets wat die video perfek vasvang. Intiem en eenvoudig soos Koos dit sou wou gehad het,” vertel Wynand.

Die video is vervaardig deur De Wet Wright van DW Creative en is in die pragtige dorpie, Riebeeck Kasteel, in die Kaap geskiet.

Kyk video hier:  http://www.youtube.com/watch?v=bfDytz6IkV0

Die lewe en die draaie wat dit loop, is sy grootste inspirasie wanneer hy musiek skryf en hy het groot bewondering met sangers soos Leonard Cohen, Johnny Cash en Kris Kristofferson.

Wynand is ook besig om die nuwe album te omskep in ’n teaterstuk. “Ek glo dat dit nodig is vir almal om Koos se musiek te ervaar. Om saam met mense te werk wat hom geken het, soos Laurika Rauch en Amanda Strydom, sal ook vir my ’n groot voorreg wees verklap die gewilde sanger.

Wynand het in Pretoria grootgeword, maar het in 2006 na die Weskus verhuis en woon tans saam met sy vrou Chereé en twee dogters in Langebaan. Hulle het reeds drie duet-albums saam opgeneem en ’n nuwe een word vir die nabye toekoms beplan.

SOSIALE MEDIA

PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Gizela Arndt
Sel: 083 399 6869
E-pos: gizela101@gmail.com
www.starburstmusic.co.za

Wynand Strydom’s New Music Video, Gebed, Evokes Serenity.

Wynand Strydom’s first single, GEBED, was released last week. This single is from his eighth solo-album, SKIELIK IS JY VRY, which features tracks by Koos du Plessis and will be released on 13 July 2018. The music video for this incredible song, has also just been released.

I have always loved the music of Koos du Plessis. It has been a life-long dream to record all my favourite songs on one album. GEBED is one of Koos’ songs that doesn’t require an intensive storyline in the music video. The lyrics are key and I didn’t want a busy music video or any distractions. The song is uncomplicated and intimate and I think it reflects in the video, just like Koos would have wanted it to,” says Wynand.

The video was produced by De Wet Wright from DW Creative and was shot in the beautiful town of Riebeeck Kasteel, in Cape Town.

Watch video here:  http://www.youtube.com/watch?v=bfDytz6IkV0

His inspiration to write songs, comes from life and all its curveballs and he has huge admiration for artists like Leonard Cohen, Johnny Cash and Kris Kristofferson.

Wynand is also busy converting the new album into a theatre production. “I believe it is necessary for everyone to experience Koos’ music. To work with people that new him like Laurika Rauch and Amanda Strydom, will be a huge honour says the popular singer.

Wynand grew up in Pretoria, but moved to the West Coast in 2006 and currently lives in Langebaan with his wife Chereé and their two daughters. They have already recorded 3 duet-albums and are planning to release another one soon.

SOCIAL MEDIA

PUBLICITY AND MARKETING
Starburst Promotions
Gizela Arndt
Cell: 083 399 6869
E-mail: @gmail.com
www.starburstmusic.co.za