Ware Verhaal Oor Gewaagde Kunsrooftog Kry Lewe Op Die Grootskerm

Monday, June 25, 2018 - 17:04

Byna elke jongmens beland een keer in sy of haar lewe behoorlik in die sop... maar wat as die sopbeker per ongeluk oorloop omdat jy jou hand oorspeel het..?

AMERICAN ANIMALS is ’n spanningsvolle en merkwaardige rolprent oor twee universiteitsvriende, Warren Lipka (Evan Peters) en Spencer Reinhard (Barry Koeghan) wat so moeg is vir die eentonigheid van hulle alledaagse bestaan, dat hulle desperaat raak vir ’n bietjie opwinding en besluit om dit vir hulleself te skep deur een van die mees gewaagde kunsboekrooftogte in Amerikaanse geskiedenis uit te voer by die Universiteit van Transylvania in Lexington, Kentucky in 2004. Omdat hulle dit nie alleen kan doen nie, oortuig hulle twee ander vriende, Eric Borsuk (Jared Abrahamson) en Chas Allen (Blake Jenner), om saam met hulle geskiedkundige kunsboeke ter waarde van $10-miljoen te probeer steel, wat almal op die ou einde in die tronk laat beland!

AMERICAN ANIMALS is ’n fassinerende misdaadstorie, wat kykers sal boei as gevolg van die briljante formaat waarin dit aangebied word,”Movie Web se Julian Roman.

Dié ware verhaal, wat jou van die begin af boei en op die punt van jou stoel hou, is bekendgestel by die Sundance-rolprentfees wat in Januarie 2018 plaasgevind het. Wat dit so besonders maak, is dat die Britse regisseur (wat ook sy debuut maak as narratiewe speelfilmregisseur) en draaiboekskrywer, Bart Layton, dit vertel deur middel van ’n kombinasie van fiktiewe narratief en regte dokumentêrstyl-insetsels vanuit die oogpunt van die betrokke partye, wat dit baie duidelik maak dat alles nie so eenvoudig is soos wat dit mag lyk nie.

AMERICAN ANIMALS kry dit reg om heelwat swaar temas aan te spreek, sonder om die karaktereienskappe van ’n spanningsvolle misdaadriller prys te gee,” meen die rolprentresensiewebblad, Rotten Tomatoes, wat die fliek met ’n 85%-gradering beloon het.

Volgens Layton, wat bekendheid verwerf het vir misdaaddokumentêr, The Imposter (2012), waarvoor hy ’n BAFTA-toekenning gewen het, het hy dadelik geweet dat hierdie misdaadverhaal die potensiaal het om ’n goeie fliek te wees. Soos wat hy meer oor die saak gelees het, het hy besef dat daar iets vreemd daaragter moes skuil, omdat dit duidelik is dat die vier nooit hierdie misdaad suksesvol sou kon deurvoer nie. “Ek het besluit om met die regte persone kontak te maak omdat ek wou uitvind hoekom vier intelligente ouens, uit goeie huise, in die eerste plek met so iets sou wou voortgaan,” verklap hy. “Elkeen het ’n ander rede gegee vir hoekom hulle betrokke geraak het en omdat daar ’n algemene gevoel was dat hulle geen merkwaardige lewenservaringe gehad het nie, het hulle besluit om een te beplan deur misdaadflieks te kyk en op die internet navorsing te doen. Met tyd het dit al hoe moeiliker geword om afstand te doen van hierdie fantasie wat geskep is.” Vervaardigers Dimitri Doganis (The Imposter), Katherine Butler (Kill List), Derrin Schlesinger (Four Lions) en Mary Jane Skalski (Pariah) was ook betrokke by hierdie produksie.

Die fliek spog verder ook met ’n uitstekende rolverdeling en het reeds baie lof ontvang vir uitstekende vertolkings deur die hoofrolspelers. Evan Peters, wat bekend is vir die karakter Quicksilver in die X-Men-filmreeks, vertolk die rol van die voorbok, Warren Lipka, in hierdie aksiebelaaide misdaadverhaal, terwyl Barry Koeghan (The Killing of a Sacred Deer) die rol van die kunstige middelklasstudent, Spencer Reinhard, speel. Die voormalige bokser, Jared Abrahamson (Travellers), en Blake Jenner (The Edge of Seventeen) is, onderskeidelik, te sien as Eric Borsuk en fiksheidsfanatikus, Chas Allen.

Alhoewel die film jou plek-plek laat voel asof jy besig is om na ’n toneel uit die Ocean’s-fliekreeks te kyk, besef jy baie gou dat dit oor meer gaan as wat jy op die oppervlak sien. Die rolprent vat ’n scenario wat voorkom soos ’n universiteitsgrap wat skeefgeloop het en omskep dit in ’n moderne tragedie, wat die donker dieptes van ’n unieke Amerikaanse eksistensiële krisis ondersoek. Dit vra ook die ongemaklike vraag hoe van hoe ver iemand, wat alles verniet gekry het, sal gaan om iets te voel,” skryf Katie Walsh van die vermaakwebblad, SouthFlorida.com.

AMERICAN ANIMALS beloof om kykers in te trek in ’n boeiende spanningsavontuur, wat die lyne tussen fantasie en realiteit aspris laat vervaag om insae te gee in die gemoedstoestand van die jongmense wie se lewens onherroeplik verander is deur ’n ondeurdenkte daad. Wanneer jy die bioskoop verlaat, sal dit wees met gemengde gevoelens... omdat ’n deel van jou sal worstel met die gedagte of die straf regtig gepas was vir die misdaad en of die bietjie opwinding regtig die prys werd was.

Ten spyte van die swaar subteks, bly AMERICAN ANIMALS ’n opwindende, slimvervaardigde misdaadprent wat kykers sal vermaak, van begin tot einde. Dit beklemtoon ook die eerste reël van ’n suksesvolle rooftog: maak seker dat wanneer jy iets steel, jy sterk genoeg is om dit te dra,” voeg The Seattle Times se J.R. Kinnard by.

Die fliek word plaaslik versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en sal landswyd vrygestel word op 6 Julie 2018.

Kyk die lokprent hier:
https://www.youtube.com/watch?v=uLQ0SsxkNUw&feature=youtu.be

SOSIALEMEDIA
Vir meer inligting oor AMERICAN ANIMALS, insluitend die amptelike lokprent, hou Ster-Kinekor se Facebook-blad dop of volg hulle op Twitter by @SterEnt en gebruik die hutsmerk #AmericanAnimalsSA om oor die fliek te gesels.

LEES NOG RESENSIES
https://newcityfilm.com/2018/06/07/book-em-a-review-of-american-animals/
https://www.charliejuhl.com/american-animals.html
http://www.seattleweekly.com/arts/american-animals-and-how-to-not-get-rich-quick/
https://www.pastemagazine.com/articles/2018/06/watch-the-first-four-minutes-of-art-heist-film-ame.html
https://www.slashfilm.com/ep-470-american-animals-and-solo-post-mortem-guest-alan-scherstuhl-from-the-village-voice/

INTERNASIONALE SKAKELS
Facebook:
https://www.facebook.com/AmerAnimals/
Instagram: @ameranimals
Twitter: @AmerAnimals
Webblad: www.americananimals.film
Hutsmerk: #AmericanAnimals

True Story About Audacious Art Heist Is Heading To South African Cinemas

Almost all young people get into a little trouble now and again… but what happens when a ‘little trouble’ spirals out of control and has huge, life-altering, consequences…?

AMERICAN ANIMALS is an extraordinary and thrilling film about two varsity buddies, Warren Lipka (Evan Peters) and Spencer Reinhard (Barry Koeghan) who, desperate to break out of the ordinary, brazenly attempts to execute one of the most audacious art heists in US history at Transylvania University in Lexington, Kentucky, in 2004. Enlisting two more friends, budding accountant Eric Borsuk (Jared Abrahamson) and fitness fanatic Chas Allen (Blake Jenner), the gang plots to steal valuable art books valued at $10-million… a scheme which eventually goes bust and ends in jail time for all involved, placing their seemingly bright futures in limbo!

AMERICAN ANIMALS is a fascinating true crime story; made even more engaging by its brilliant format”, says Movie Web’s Julian Roman.

This captivating true story, which will keep you on the edge of your seat, premiered at the Sundance Film Festival in January 2018. British-born director and scriptwriter, Bart Layton (who also makes his debut as narrative feature director), cleverly elevates the story to bold and thrilling heights by combining the dramatic narrative of the daytime heist with documentary style post-prison testimonials from the real criminals who organised it. It becomes clear that not everything is as it seems, as the daring theft unfolds through each of their perspectives.

AMERICAN ANIMALS tangles with a number of weighty themes, but never at the expense of delivering a queasily compelling true crime thriller,” is the opinion of the review-aggregation website, Rotten Tomatoes, which gave the film a rating of 85%.

According to Layton, who became famous for his BAFTA award-winning crime documentary, The Imposter (2012), he immediately saw the crime story’s cinematic potential after reading about the heist. The more he learned about it, the stranger the story became and the more unlikely it seemed that the young men would be able to pull it off. “I wanted to find out why a group of seemingly educated young men with comfortable backgrounds would go through with a crime like this in the first place,” he reveals. “Each of them gave a strikingly different reason for what they had done. In the absence of what they saw as meaningful life experiences, they set out to plan one by watching heist films and doing research on the internet. As time progressed, they became increasingly reluctant to let go of the fantasy they have created.” Producers Dimitri Doganis (The Imposter), Katherine Butler (Kill List), Derrin Schlesinger (Four Lions) and Mary Jane Skalski (Pariah) were also involved in the production of this outstanding motion picture.

Furthermore, the film also boasts an excellent cast and has already received a lot of praise for outstanding performances by the lead characters. Evan Peters, who is known as the character Quicksilver in die X-Men movie franchise, stars as ringleader, Warren Lipka, in this action packed crime thriller, while Barry Koeghan (The Killing of a Sacred Deer) can be seen as art student, Spencer Reinhard. Former MMA fighter, Jared Abrahamson (Travellers), and Blake Jenner (The Edge of Seventeen) play the roles of Eric Borsuk and Chas Allen.

Although parts of the film will remind you of scenes from an Ocean’s movie, you will immediately realise that there is more to this story than meets the eye. The film takes what sounds like a bizarre college prank gone wrong and blows it up into an epic, operatic modern tragedy, examining the murky depths of a uniquely American modern existential crisis. The film asks the uncomfortable question: When you’ve been given everything, how far do you have to go to feel anything?” writes Katie Walsh of the entertainment website, SouthFlorida.com.

AMERICAN ANIMALS promises to take audiences on an exhilarating adventure that intentionally blurs the lines between fantasy and reality to provide some insight into the minds of the youngsters, whose pursuit of a more exciting existence, changes their lives forever. It is a film that will leave you with mixed emotions about whether the punishment suited the crime and if the so-called meaningful life experience was worth the price it came at.

Heavy subtext aside, AMERICAN ANIMALS remains a slick, smart heist film that entertains from start to finish. It also highlights the first rule of larceny: Before stealing something, make sure that you’re actually strong enough to carry it,” The Seattle Times’s J.R. Kinnard concludes.

The movie is locally distributed by Filmfinity (Pty) Ltd. and will be released in cinemas on 6 July 2018.

Watch the trailer here:
https://www.youtube.com/watch?v=uLQ0SsxkNUw&feature=youtu.be

SOCIAL MEDIA
For more information on AMERICAN ANIMALS, including official trailers, please visit our Facebook Page or follow us on Twitter at @SterEnt, using #AmericanAnimalsSA.

INTERNATIONAL LINKS
Facebook:
https://www.facebook.com/AmerAnimals/
Instagram: @ameranimals
Twitter: @AmerAnimals
Web: www.americananimals.film
Hashtag: #AmericanAnimals