Vier Safta-Toekennings Vir Ellen Pakkies Fliek!

Monday, March 4, 2019 - 10:33

Die bekroonde ware verhaal van Ellen Pakkies se lewe, ELLEN, DIE ELLEN PAKKIES STORIE, wat die harte van kykers regoor die wêreld aangegryp het, het die afgelope naweek met vier pryse by die dertiende jaarlikse Suid-Afrikaanse Film- en Televisie-toekenningseremonie (SAFTAS) by Sun City weggestap.

Jill Levenberg (Genadekans, Noem my Skollie, Suidooster), wat die rol speel van Ellen – ’n ma wat uit desperaatheid haar dwelmverslaafde seun se lewe geneem het, is aangewys as Beste Aktrise in ’n Rolprent, terwyl Jarrid Geduld (A Lucky Man, A Boy Called Twist, Black Sails) wat Abie Pakkies speel ook aangewys is as Beste Akteur in ’n Rolprent.

Bekroonde regisseur Daryne Joshua (Noem my Skollie, Suidooster), wat ook tydens dié glansgeleentheid aangewys is as Beste Regisseur, sê: “Ons het nie hierdie fliek gemaak met die doel om toekennings te wen nie. Maar noudat dit met vier SAFTAS vereer is, skep dit ekstra blootstelling en help dit om die fokus te rig op dit waaroor ELLEN, DIE ELLEN PAKKIES STORIE regtig gaan. Hiervoor is ons ongelooflik dankbaar. Baie dankie aan die SAFTAS en NFVF vir die vertroue in ons projek.”

Vanuit ’n kunstige oogpunt, is ek nooit seker of ek in die regte rigting beweeg wanneer die kom by die maak van rolprente nie. Om dus die SAFTA-toekenning te wen vir Beste Regisseur, gee vir my bevestiging dat ek wel besig is om iets reg te doen. Ek is baie dankbaar vir die erkenning wat my werk kry en deel dit met elke lid van die span, wat hard gewerk het om lewe te blaas in my visie,” voeg Joshua by.

Quinn Lubbe het ook ’n SAFTA-beeldjie ontvang vir Beste Oorspronklike Musiek of Klankbaan in ’n Rolprent en Jean Niemandt was benoem in die kategorie Beste Prestasie in Klankontwerp in ’n Rolprent.

Ander bekroonde akteurs wat ook te sien is in dié treffende film, wat delf in die innerlike psige van ’n familie wat deur dwelms vernietig word in een van die gevaarlikste plaaslike gemeenskappe in die land, is Clint Brink (Binnelanders), Ilse Klink (Stroomop, Isidingo), Elton Landrew (Suidooster, Dryfsand) en Russel Savadier (The Wild, Isidingo, Black Sails).

Ellen se verhaal is vervaardig deur TMPBC (The Moving Billboard Picture Company) se Paulo Areal en Schalk-Willem Burger, in samewerking met M-Net, kykNET Films en die Departement van Handel en Nywerheid (DTI). Dit is tans op DVD beskikbaar en word deur Filmfinity (Edms) Bpk. versprei.

Vir meer inligting oor die ander wenners, besoek https://www.facebook.com/saftassa/

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook:
https://www.facebook.com/Die-Ellen-Pakkies-Storie-208819606253993/
Instagram: @ellenpakkies
Twitter: @EllenPakkies
Hutsmerke: #DieEllenPakkiesStorie
Lokprent: https://youtu.be/lS_Ly1svS_M

Ellen Pakkies Wins Four Safta Awards!

The critically acclaimed drama of Ellen Pakkies’s life, ELLEN, THE ELLEN PAKKIES STORY, which captured the hearts of audiences across the globe, was honoured with four big awards at the thirteenth annual South African Film and Television Awards at Sun City this past weekend.

Jill Levenberg (Genadekans, Noem my Skollie, Suidooster), who plays the role of Ellen – a mother that killed her drug-addicted son out of sheer desperation, won Best Actress, and Jarrid Geduld (A Lucky Man, A Boy Called Twist, Black Sails), who stars as the troubled Abie Pakkies, was awarded Best Actor for his efforts.

Acclaimed director Daryne Joshua, who also won Best Director at this prestigious events says: I don’t think we made this film with the intention of winning any awards. But now that it has been recognized with four SAFTA Awards, it provides extra exposure and helps focus the attention back on the importance of Ellen Pakkies’s story. And for this, we are overwhelmed and extremely grateful. Thank you to the SAFTAS and NFVF for your faith in our project.”

Artistically speaking, in this career of filmmaking, I am never too sure if I’m heading in the right direction or making the right choices. But Winning the SAFTA for Best Achievement in Directing serves as confirmation that perhaps I’m doing something right. I am deeply appreciative for this recognition and I share it with the ELLEN, THE ELLEN PAKKIES STORY film crew who shed blood, sweat and tears to bring the vision to life”, Daryne adds.

Quinn Lubbe received a SAFTA statue for Best Achievement in Original Music/ Score - Feature Film. Jean Niemandt was also nominated for Best Achievement in Sound Design – Feature Film.

The film, which delves into the inner psyche of a family ravaged by drugs in one of the most dangerous communities in South Africa, also stars well-known actors like Clint Brink (Binnelanders), Ilse Klink (Stroomop, Isidingo), Elton Landrew (Suidooster, Dryfsand) and Russel Savadier (The Wild, Isidingo, Black Sails).

This motion picture was produced by The Moving Billboard Picture Company’s Paulo Areal and Schalk Burger in collaboration with M-Net, kykNET Films and the Department of Trade and Industry (DTI) and is distributed by Filmfinity (Pty) Ltd. It is currently available on DVD.

For more information about the SAFTAS and other winners, visit: https://www.facebook.com/saftassa/

SOCIAL MEDIA LINKS:
Facebook:
https://www.facebook.com/Die-Ellen-Pakkies-Storie-208819606253993/
Instagram: @ellenpakkies
Twitter: @EllenPakkies
Hashtags: #TheEllenPakkiesStory
Trailer: https://youtu.be/lS_Ly1svS_M