Valeska Muller Stel Emosiebelaaide Liefdesballade Vry

Friday, November 1, 2019 - 12:00

Ware liefde is die inspirasie agter Suid-Afrika se gunsteling-popster en -liedjieskrywer, Valeska Muller, se splinternuwe enkelsnit, NABY MY NABY JOU, wat pas bekendgestel is en musiekharte sommer warm laat klop.

Hierdie is ’n lied wat ek uit die diepte van my hart geskryf het vir my sielsgenoot. Deur dit te sing, wil ek ware liefde in my lewe laat manifesteer,” verduidelik die sangeres oor die betekenis agter hierdie sielvolle snit. “Ek kan myself verbeel hoe ek gaan voel wanneer ek vir die eerste keer aan sy hand vat en in sy liefdevolle oë kyk. Dis ek wat na al my liefdesteleurstellings en aaklige Tinder-afsprake nog nie moed verloor het nie en steeds bly glo dat daardie een-keer-in-jou-leeftyd-liefde regtig bestaan. Ek hoop ook hy hoor hierdie enkelsnit en sal besef dat hy die een is, maar hy moet gou maak want ek is moeg gewag,” sê sy met ’n glimlag.

NABY MY NABY JOU is ’n pragtige moderne ballade, wat dit regkry om die euforiese gevoel van die liefde vas te vang. Dis ’n spanpoging deur Valeska en haar vervaardiger, BIGG-T, en kombineer drie genres, Pop, Reggae en Huismusiek, om ’n merkwaardige eindresultaat te skep. Die meesleurende wysie sal die luisteraar herinner aan ’n spesiale Somerromanse, en laat uitsien na luilekkerdae rondom die swembad.

Die liedjie is die nuutste vrystelling vanaf haar eerste elektroniese pop-dans album, My Simfonie, wat nou beskikbaar is en volg in die voetspore van vorige treffers soos Verlange Van Jou, Skyn Jou Liggie Vir My en Verdwaal Saam Met Jou wat almal baie goed ontvang is en steeds radiospeeltyd kry. Nic Billington van Saint Nic Media is die kreatiewe brein agter haar pragtige musiekvideos wat tans op die kassie te sien is en reeds duisende kykers op YouTube gelok het.

Valeska, wat haar eie musiekskool - Valeska Muller Vocal Academy (VMVA) - besit, werk al negentienjaar in die musiekbedryf en het op die musiekrealiteitsprogram, Zing, haar debuut op die kassie gemaak as deel van die Top 7 van die kompetisie, wat vir haar baie deure oopgemaak het.

Sedertdien, het sy al hoofrolle gehad Richard Loring’s ‘Girl Talk 2005’ ; ‘Sonsak Jolyt; ‘Dance Mania’; ’ The Seven Wonders Show; The Awesome 80's show; The Lets Twist Again Show. Valeska’s TV acting performances include ‘Binnelanders’; ‘One Way’ and TV commercials for Vodacom and Newscafe. She was invited to sing for King Swandile at the Royal Swazi Sun. She performed at many festivals: Aardklop, Innibos, KKNK, Aartappel Fees, and the Mulberry Festival. She has written songs with RJ Benjamin, Kyle Adcock, Christiaan Kritzinger, Crighton Goodwill , Drago Blaskovic, Bradley Africa and Liezel Marshall. Her previous band, Rain on Mars, had 2 songs play listed on Highveld and 5FM.in verskeie verhoogproduksies, asook rolle in televisieprogramme soos Generations, Roer Jou Voete en Binnelanders. Een van haar liedjies is ook gebruik as die temalied van die program, ’n Ster Vir My Bed, op Via TV. Sy het ook al opgetree by verskeie funksies en feeste, waaronder Aardklop, Innibos, Aartappel Fees, KKNK en vele meer.

Valeska Muller was nog nooit bang om haar hart te deel of grense te verskuif met haar musiek nie; eienskappe wat haar (as kunstenaar) en haar nuutste enkelsnit so onvergeetlik maak. NABY MY NABY JOU is nie net die perfekte liedjie om hierdie vakansieseisoen deel te maak van jou langpad-speellysie nie, maar ook ’n vrolike manier om enige kuier aan die gang te kry.

Hierdie liedjie is beskikbaar op Valeska Muller se album MY SIMFONIE op alle digitale platforms:
https://orcd.co/bgglpq9

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook:
https://www.facebook.com/ValeskaMullerSinger/
Instagram: @valeskamuller
Twitter: @Valeskamuller

Valeska Muller Releases Heartfelt Love Song

True love is the inspiration behind South Africa’s favourite pop star and songwriter, Valeska Muller’s, brand new single, NABY MY NABY JOU, which has just been released and is already a firm favourite with music lovers across the country.

This song is for my soulmate. When I wrote it, I was envisioning what my true love would be like. By singing it, I wanted to invite him into my life.” the singer explains about the meaning behind this soulful single. “I imagine I know how it feels to touch his hand for the first time and to look into his loving eyes. After all of my failed relationships and horrible Tinder dates, I have not given up and still believe in that once-in-a-lifetime kind of love. I hope that he hears this single and knows that he is the one I am waiting for. Whoever he is, I hope he gets here soon, because I am tired of waiting,” she adds with a smile.

NABY MY NABY JOU is a beautiful modern ballad, which manages to capture that euphoric feeling of being in love. It’s a team effort by Valeska and her producer, BIGG-T, and combines three genres, Pop, Reggae and Deep House Music, to create a remarkable end-result. The catchy and relatable tune will remind listeners of a special summer romance, and make them look forward to lazy days around the pool.

The song is the latest release off her first electronic pop dance album, My Simfonie, which is available now and follows in the footsteps of previous hits such as Verlange Van Jou, Skyn Jou Liggie Vir My and Verdwaal Saam Met Jou, which can all still be heard on the radio. Saint Nic Media’s Nic Billington is the creative brain behind her beautiful music videos that can be seen on TV and have already raked in thousands of views on YouTube.

Valeska, who owns her own music school - Valeska Muller Vocal Academy (VMVA), has been working in the music for the past nineteen years and credits being part of the Top 7 contestants on the reality program, Zing, as one of the biggest highlights of her career.

Since then she has had lead roles in various stage productions and made appearances in several television shows, including Generations, Roer Jou Voete, One Way and Binnelanders. One of her songs were also used as the theme song for the Via TV program, ’n Ster Vir My Bed. Over the years, she has performed at different functions and at some of the country’s biggest festivals, including a performance for King Swandile at the Royal Swazi Sun, Aardklop, Innibos, The Mulberry Festival, KKNK and more.

Valeska Muller has never been afraid to share her heart or shift boundaries with her music; qualities that definitely make her (as an artist) and her latest single unforgettable. NABY MY NABY JOU is not only the perfect song to take along on your holiday road trip, but also a fun way to get any party going.

This song is available on Valeska Muller’s album, MY SIMFONIE which is on all digital platforms:
https://orcd.co/bgglpq9

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook:
https://www.facebook.com/ValeskaMullerSinger/
Instagram: @valeskamuller
Twitter: @Valeskamuller