Valeska Muller Stel ’n Nuwe Pop-danssnit Vry!

Thursday, October 11, 2018 - 13:06

Valeska Muller is een van daardie kunstenaars wat jou laat stilstaan wanneer jy haar vir die eerste keer hoor sing. Daar is iets uniek omtrent haar stem en musiekstyl wat jou aandag trek en in jou kop bly vassteek lank nadat jy haar sien optree het. Dit is dan ook hierdie eienskappe wat haar nuutste enkelsnitvrystelling so aanloklik maak.

VERDWAAL SAAM MET JOU is ’n moderne popmusiekverwerking wat selfs die kritieste oor sal beïndruk. Hierdie opgewekte dansnommertjie, wat sy saam met Tertius Jacobs en Sean Butler geskryf het, gaan daaroor om weg te breek van die stad se geraas en tyd te spandeer saam met die persoon vir wie jy lief is. Dit het ’n goeie boodskap en lekker gees. Jy kan dans daarop, of net rustig na die liedjie sit en luister. Enigiemand wat van moderne popmusiek hou sal aanklank vind en moet dit hoor,” verklap die talentvolle musikant en liedjieskrywer oor haar sesde enkelsnitvrystelling. “VERDWAAL SAAM MET JOU beteken baie vir my, want ek assosieer met my musiek en kry nou die geleentheid om dit met die wêreld te deel. Ek is gelukkig om betekenisvolle lirieke te kan skryf waarop ek trots is. Die klank is nuut en vars op mense se oor, so ek glo hulle sal daarvan hou.”

Die sangeres het ook onlangs ’n musiekvideo van dié treffer opgeneem by Estate D’Afrique in Hartebeespoortdam. “Hierdie is ’n pragtige lied wat handel oor passievolle liefde en ek wou dit vasvang in die video. Ek wil verdwaal saam met die man van my drome, ek wil net wegraak vir ’n oomblik, sonder al die stres en geraas van mense wat ons pla. Tog iewers in ons impulsiewe avontuur van verlorenheid en rigtingloosheid, kom ek by my bestemming uit. In sy liefdevolle arms en oë vind ek myself, wat duidelik in die video vertolk word,” deel sy opgewonde. Valeska en Nic Billington, wat die regie van die video hanteer het, het saamgewerk aan die konsep, terwyl Hannelie Burger omgesien het na die skoonheidsaspekte en Dane Hildebrandt die manlike hoofrol gespeel het.

Valeska was al mal oor musiek vandat sy as baba nader aan die radio gekruip het om beter te hoor. As kind, moes sy baie tussen weermagbasisse rondttrek saam met haar ouers en pas maklik aan in nuwe omstandighede. Sy het reeds vandat sy nege is privaat-onderrig in die kunste ontvang en was vyftien toe sy, as een van die hoofsangers van haar skoolkoor, vir die eerste keer by die Staatsteater in Pretoria opgetree het. Haar eerste kabaretvertoning was by die Moonbox Theatre toe sy sestien was.

Die musikant, wat al negetienjaar in die musiekbedryf werk, sonder haar deelname aan die musiekrealiteitsprogram, Zing, uit as een van die hoogtepunte van haar loopbaan en meen dat haar plek in die Top 7 van die kompetisie vir haar baie deure oopgemaak het. ’n Tragiese ongeluk, gedurende ’n mediageleentheid vir die verhoogproduksie Sexy and the City, het amper haar droom verwoes, maar opgee was nie vir haar ’n opsie nie.

Sedertdien, het sy al hoofrolle gehad Richard Loring’s ‘Girl Talk 2005’ ; ‘Sonsak Jolyt; ‘Dance Mania’; ’ The Seven Wonders Show; The Awesome 80's show; The Lets Twist Again Show. Valeska’s TV acting performances include ‘Binnelanders’; ‘One Way’ and TV commercials for Vodacom and Newscafe. She was invited to sing for King Swandile at the Royal Swazi Sun. She performed at many festivals: Aardklop, Innibos, KKNK, Aartappel Fees, and the Mulberry Festival. She has written songs with RJ Benjamin, Kyle Adcock, Christiaan Kritzinger, Crighton Goodwill , Drago Blaskovic, Bradley Africa and Liezel Marshall. Her previous band, Rain on Mars, had 2 songs play listed on Highveld and 5FM.in verskeie verhoogproduksies, soos Richard Loring se Girl Talk, Sonsak Jolyt, Dance Mania, The Seven Wonders Show, The Awesome 80’s Show en The Lets Twist Again Show. Die blondekop is ook ’n bekende gesig op die kassie en het al in verskeie advertensies en programme, soos Generations, Roer Jou Voete, One Way en Binnelanders gespeel. Een van haar liedjies is ook gebruik as die temalied van die program, ’n Ster Vir My Bed, op Via TV.

Oor die jare het sy by verskeie funksies en groot feeste opgetree, waaronder ’n vertoning vir Koning Swandile by die Royal Swazi Sun, Aardklop, Innibos, Aartappel Fees, KKNK en vele meer. Sy het al liedjies geskryf saam met RJ Benjamin, Christiaan Kritzinger, Crighton Goodwill, Drago Blaskovic, Bradley Africa, Sean Butler, Tertius Jacobs en André Scheepers. Die groep, Rain on Mars, waarvan sy deel was het ook verskeie radiotreffers op Highveld Stereo en 5FM gehad. In 2017 het sy ook drie baie suksesvolle Engelse enkelsnitte vrygestel, Not Again, Keep Up en Tell Me Why, wat op verskeie platforms soos ITunes, Amazon, Spotify en YouTube beskikbaar is.

Wanneer sy nie sing nie, bestuur sy haar eie musiekskool, Valeska Muller Vocal Academy (VMVA), en is sy ook gedurig besig om haarself verder in verskeie aspekte van musiek en besigheid te bekwaam. Verder het sy ook ’n BCom-graad in Besigheidsbestuur aan UNISA verwerf, ’n DIVAS-sangkursus voltooi, via Skype, by die Ken Tamplin Vocal Academy in Amerika en was sy deel van die realiteitsprogram, Sugarushed.

Valeska het ook, gedurende haar loopbaan, ondervinding in verskeie areas van die vermaakbedryf opgedoen en het op ’n stadium as projekbestuurder by Phoenix Films gewerk, as vloerbestuurder by Kitchen Bar in Fourways, as publisiteitsbestuurder en funksiekoördineerder by Coco-Bongo Montecasino en as verkoopsbestuurder by Mad Robot.

Die kunstenaar hou van ’n wye verskeidenheid musiek en luister al van jongs af na haar pa se langspeelplate. Ritme en melodie inspireer my. Daar is so baie verskillende style en kunstenaars waarna ek luister, maar soms vind ek inspirasie in die sang van ’n voëltjie of die ritme van die reën. Ek sal graag nog eendag saam met musikante soos Max Martin en Sia wil werk,” vertel sy.

As jy haar vra waar sy die inspirasie vir haar lirieke vandaan kry, antwoord sy dat dit meestal uit haar eie lewe kom. “Ek skryf gewoonlik oor ’n situasie waarin ek myself bevind het en kry inspirasie van daai spesifieke oomblik en gevoel en probeer dit dan vaspen en vassing in ’n liedjie,” sê sy.

Daar is baie ander drome en planne wat sy nog eendag wil verwesenlik, wat haar eie opname-ateljee en platemaatskappy insluit, waarmee sy graag jong opkomende kunstenaars wil help ontwikkel.

VERDWAAL SAAM MET JOU het ’n opgewekete en ritmiese deuntjie wat verweef is met interessante elemente en klanke, asook ’n indrukwekkende stem wat nie net van Valeska Muller ’n huishoudelike naam in dans- en kuierplekke gaan maak nie, maar ook die treffersparades van die land se grootste radiostasies gaan oorheers.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook:
https://www.facebook.com/ValeskaMullerSinger/
Instagram: @valeskamuller
Twitter: @Valeskamuller

Valeska Muller Releases New Dance Track!

Valeska Muller is one of those artists who makes an impression when you hear her performing for the first time. There is a uniqueness to her voice and style that demands your attention and stays with you long after meeting her. It is these characteristics that make her latest single so unforgettable.

VERDWAAL SAAM MET JOU is a modern pop song that will satisfy even the most critical of ears. The dance track was written in collaboration with Tertius Jacobs and Sean Butler and is about making time to escape from the hustle and bustle of city life to spend time with the love of your life. “The song has a great and uplifting message. It is something you can dance or merely listen to. Anyone who likes modern pop music, will love this track,” the musician and songwriter reveals about her latest release. “VERDWAAL SAAM MET JOU means a lot to me, because I can relate to it and am able to share it with the world. I am lucky enough to be able to create meaningful lyrics that I can be proud of. The single has a fresh sound and I believe that audiences of all ages will enjoy it.”

A music video of the song was recently filmed at Estate D’Afrique in Hartebeespoort Dam. “The song is about passionate love and I wanted to capture this in this video. I want to escape and get lost with the man of dreams, without the stress and noise of everyday life. At one stage on this impulsive adventure, I reach my destination. In his loving arms and eyes, I find myself,” she shares excitedly. Valeska and Nic Billington, the director of the video, worked on the concept together, Hannelie Burger took care of the beauty and makeup requirements and Dane Hildebrandt was cast as the male lead.

Valeska fell in love with music from a very young age and used to crawl near the speaker, as a baby, to get closer to the sound. She grew up in a military environment, which was inconsistent and ever-changing and taught her to easily adapt to changes in her own circumstances. She was privately schooled in the art of acting since she was nine and performed at the State Theatre, as one of the lead singers of her school choir, at only fifteen. The first cabaret show she starred in, was at the Moonbox Theatre when she was sixteen.

The musician, who has been working in the music for the past nineteen years, credits being part of the Top 7 contestants on the reality program, Zing, as one of the biggest highlights of her career. A tragic accident during press night of the stage production, Sexy and the City, nearly destroyed her dream, but she never gave up.

Since then she has had lead roles in various stage productions, like Richard Loring’s ‘Girl Talk 2005’ ; ‘Sonsak Jolyt; ‘Dance Mania’; ’ The Seven Wonders Show; The Awesome 80's show; The Lets Twist Again Show. Valeska’s TV acting performances include ‘Binnelanders’; ‘One Way’ and TV commercials for Vodacom and Newscafe. She was invited to sing for King Swandile at the Royal Swazi Sun. She performed at many festivals: Aardklop, Innibos, KKNK, Aartappel Fees, and the Mulberry Festival. She has written songs with RJ Benjamin, Kyle Adcock, Christiaan Kritzinger, Crighton Goodwill , Drago Blaskovic, Bradley Africa and Liezel Marshall. Her previous band, Rain on Mars, had 2 songs play listed on Highveld and 5FM.Richard Loring’s Girl Talk, Sonsak Jolyt, Dance Mania, The Seven Wonders Show, The Awesome 80’s Show and The Lets Twist Again Show. The blonde superstar is also a well-known face on television and appeared in numerous advertisements, as well as programs like Generations, Roer Jou Voete, One Way and Binnelanders. One of her songs were also used as the theme song for the Via TV program, ’n Ster Vir My Bed.

Over the years, she has performed at different functions and at some of the country’s biggest festivals, including a performance for King Swandile at the Royal Swazi Sun, Aardklop, Innibos, The Mulberry Festival, KKNK and more. As songwriter, she has created music with big names like RJ Benjamin, Christiaan Kritzinger, Crighton Goodwill, Drago Blaskovic, Bradley Africa, Sean Butler, Tertius Jacobs and André Scheepers. Her band, Rain on Mars, also had radio hits on Highveld Stereo and 5FM. In 2017 she launched her first three singles, Not Again, Keep Up and Tell Me Why, on many music platforms including iTunes, Apple Music, Amazon, Deezer, Google Play, Spotify and YouTube.

When she is not on stage, she manages her own music school, the Valeska Muller Vocal Academy (VMVA), where she coaches her students valuable lessons she learned from being in the entertainment industry. Furthermore, she studied to obtain a BCom degree in Business Management at UNISA, completed a DIVAS singing course at the Ken Tamplin Vocal Academy in America via Skype and she was part of the reality show called Sugarushed.

Over and above being a very busy girl in the entertainment industry Valeska was an account manager at Phoenix Films, a floor manager at Kitchen Bar Fourways, the Public Relations Manager and Events co-ordinator at Coco-Bongo Montecasino, a freelance photographer and a Marketing and Sales executive at Mad Robot.

The artist enjoys a wide variety of music and used to enjoy listening to her father’s vinyl records a lot. I am inspired by rhythm and melodies. I listen to a wide variety of genres and artists, but sometimes also find creativity when birds sing or even when it rains. I would love to work with the likes of Max Martin and Sia someday,” she says. Because she has a soft spot for the less fortunate, she is constantly working with charities to collect funds for campaigns and causes such as cancer, animals and missing children.

If you ask her about the inspiration for her lyrics, she answers that it often comes from personal experience: “I usually write about a situation that I found myself am inspired by specific moments, which I then try to capture in the lyrics of a song,” she says.

There are many other dreams and plans she has for the future, which includes owning her own recording studio and record label someday that will focus on developing upcoming talent.

VERDWAAL SAAM MET JOU boasts a catchy upbeat tune with interesting musical elements and sounds, as well as an impressive vocal range and is set to secure Valeska Muller a spot on the dance floor of the country’s biggest dance clubs, as well as on the hit charts of various radio stations.

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook:
https://www.facebook.com/ValeskaMullerSinger/
Instagram: @valeskamuller
Twitter: @Valeskamuller