Twee Teenpole In Die Afrikaanse Musiekbedryf Kom Bymekaar

Embedded thumbnail for Twee Teenpole In Die Afrikaanse Musiekbedryf Kom Bymekaar
Wednesday, February 14, 2018 - 14:06

Twee van Suid-Afrika se gewildste sangers het kragte saamgesnoer om ’n pragtige liedjie getiteld, Soen die Reën op te neem. Alhoewel die opname reeds twee jaar gelede gedoen is, word dit nou vir die eerste keer amptelik aan radiostasies landswyd uitgereik.

Jak de Priester en Steve Hofmeyr se paaie het twee jaar terug gekruis toe Steve ’n gas was op die kykNET-program, Reis na Gister. Dié program word deur Jak aangebied en in elke episode reis hy saam met ’n bekende deur hulle grootwordjare. Terwyl hulle saam in die motor gery het, het hulle besluit om hierdie spesifieke snit van Jak saam op te neem en dit dan in die uitsending van Steve se episode te gebruik. 

Die liedjie is geskryf en geïnspireer deur die kwesbaarheid om ’n man te wees in Suid-Afrika. Mans moet leiers wees in ’n land soos Suid-Afrika met baie onsekerhede, en soms is dit nodig om te besef wat regtig belangrik is. Soos familie en kinders en vriende...”, sê Jak.

Kyk gerus die musiekvideo hier: https://www.youtube.com/watch?v=mqnlyhIoo4o

Soen die Reën is ook beskikbaar op Jak se album, 15 JAAR, wat gedurende 2017 uitgereik is ter viering van vyftien suksesvolle jare in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook:
https://www.facebook.com/jakdepriester/
Twitter: @JakDePriester
Instagram: @jakdepriester
Webblad: www.jakdepriester.co.za

NAVRAE & BESPREKINGS
Michelle Roux
Sel: 082 499 9986
E-pos: info@jakdepriester.co.za