Sunel se debuut-album ondersoek die “Symptome” van die liefde en die lewe!

Tuesday, June 11, 2019 - 12:38

Net ’n paar maande na die vrystelling van haar eerste Afrikaanse enkelsnit, Hart Op Jou Mou, is SUNEL terug met ’n debuut-album wat beloof om aanhangers en nuwe luisteraars se voete onder hulle uit te slaan.
 
SYMPTOME is ’n mengelmoes van elf pragtige snitte, in verskeie musiekgenres, wat daarop gemik is om aanklank te vind by ’n groter gehoor. Tien van die liedjies is kraakvars oorspronklike snitte uit haar eie pen, waarvan party met die hulp van Hugo Ludik, Vaughan Gardiner en Darryl De Lange getoonset en vervaardig is. Haar treffende weergawe van Sonja Herholdt se Ek Verlang Na Jou vul die laaste plek op dié hoendervleismooi vrystelling.
 
SYMPTOME is ’n woord wat ek geskep het. Ek wou ’n titel vir die album hê waarmee beide Afrikaanse en Engelse luisteraars kan vereenselwig. Toe besluit ek om simptome en symptoms te meng en my eie weergawe te maak daarvan,” vertel SUNEL. “Ek wou ’n tema skep wat regdeur die album vloei en alles saambind. ‘SYMPTOME’ van liefde, seerkry, geluk, verliefwees, emosies en die lewe self en so ’n dieper betekenis na vore bring.”
 
Alhoewel die opnameproses nie lank geneem het nie, beplan en skryf die kunstenaar al vir jare aan die inhoud van hierdie spesiale projek en meen sy dat gebeurtenisse uit haar eie en ander mense se lewe die hoofinspirasie agter elke liriek was. “Eerlikheid is wat hierdie album anders maak. Elke liewe liriek wat ek geskryf het kom uit my hart uit. Ek vertel my storie self, iemand anders doen dit nie vir my nie en ek dink dit is werklik wat ’n kunstenaar maak,” sê sy. “Ons almal gaan deur dieselfde dinge in die lewe en ek wil hê my musiek moet die boodskap stuur dat ons nooit werklik alleen is nie. Ons almal is net mens en voel en ondervind dieselfde dinge.”
 
Volgens die sangeres is dit moeilik om ’n gunsteling-liedjie uit te sonder, omdat elkeen vir haar baie spesiaal is. “As ek wel moet kies sal dit tussen ‘Myself In Jou Gevind’ en ‘Airplanes’ wees. ‘Myself In Jou Gevind’ is so ’n sterk liedjie en kom uit so ’n gelukkige plek uit. Dit is regtig ’n goedvoelliedjie en dit was die laaste een wat ek geskryf het vir die album. ‘Airplanes’ vertel ’n storie van die lewe en opofferinge wat ’n kunstenaar soms moet maak om hulle drome te volg. Dis ’n diep, mooi liedjie.”
 
Hart Op Jou Mou, haar vorige enkelsnit en tweede vrystelling vanaf die komende album, is baie goed ontvang. Dit is ’n liedjie waarby elke romantiese siel sal aanklank vind en gaan daaroor om iemand so lief te hê dat daardie persoon in alle aspekte jou hart op hulle mou dra.
 
“Die liedjie beteken geweldig baie vir my. Dit is sekerlik een van die diepstes wat ek nog ooit geskryf het en ek is baie trots daarop. Ek glo dat dit iets is waarby baie luisteraars sal aanklank vind. Om na musiek te luister, wat jou hartsnare sal raak en ’n mooi storie vertel, is geweldig belangrik. Daardie een liedjie wat jou hoendervleis gee, omdat jy kan vereenselwig met wat dit werklik beteken”, verklap sy oor hierdie diep emosionele Afrikaanse snit.
 
Volgens die musikant, het sy met opset die produksie van die enkelsnit eenvoudig gehou, sodat daar niks is wat die rou lirieke en boodskap van die lied sou oorskadu nie. Die eindresultaat praat direk met die hart en het reeds musiekliefhebbers en radiostasies gaande. Die musiekvideo is ook tans op kykNET te sien.  
 
Haar enkelsnit, Hart se Wens, wat ook van die nuwe album af kom beklee tans die nommer een-posisie op SFM se Top 30-treffersparade.
 
Kyk die video hier:  https://www.youtube.com/watch?v=5p8JAJI0kPg
 
Die kunstenaar het bekendheid verwerf vir haar treffende debuut-enkelsnit, Fikcle Heart, wat vir nege weke nommer een was op SFM se Top 30 en vir dertien weke bo-aan die Nederlandse radiostasie, HOSA Radio, se trefferleer gekuier het. ’n Musiekvideo van dié liedjie is deur die SAMA- en Ghoema-bekroonde vervaardiger, Ryan Kruger van A Ryan Kruger Thing, vervaardig en is reeds deur meer as negeduisend mense op YouTube gekyk. “Dit was ’n groot voorreg om saam met Ryan te kon werk. Hy is een van die beste vervaardigers in die bedryf en dit was regtig vir my ongelooflik om my video saam met hom op te neem,” vertel sy trots.
 
Vanjaar vier hierdie vyf-en-twintigjarige Jazz-prinses van Mosselbaai, met haar tydlose stem, haar vierde jaar in die musiekbedryf. Sy het in ’n huis vol musiek grootgeword en het gedurende haar skooljare koor gesing, aan konserte deelgeneem en klavierles gehad. In die kort tydperk waarin sy al professioneel musiek maak, het sy reeds die verhoog met talle groot name gedeel, waaronder Chris Chameleon, Elvis Blue, Laurika Rauch, Corlea Botha, Coenie De Villiers, Steve Hofmeyr, Bobby en Karlien van Jaarsveld, om net ’n paar te noem. Verder is dié blondekop ook ’n gereelde gesig by groot musiekfeeste, soos die Dias Fees (2016, 2017, 2018, 2019), Naartjie Fees, KKNK (2016, 2017, 2018, 2019), Bravo Fees en die Bushlapa Musiekfees. Sy het ook al twee vertonings saam met Pieter Koen en Willem Botha se kykNET Skole Toer gedoen.
 
Hierdie talentvolle musikant, wat deur alledaagse gebeure geïnspireer word om hartslirieke te skryf en hoendervleismooi musiek te skep, is ’n groot troeteldiereliefhebber wat daarvan droom om eendag ’n veilige hawe te stig vir mishandelde en weesdiere. As sy nie bevoorreg genoeg was om daar musiekdroom te kon volg nie, verklap die sangeres dat sy graag ’n professionele grimeerkunstenaar of sielkundige wou wees, omdat sy daarvan hou om na mense te luister en raad uit te deel. Sy het onlangs wel een van hierdie drome bewaarheid toe sy ’n grimeerkursus voltooi het deur The Institute Of Makeup Artistry en is baie trots op dié kwalifikasie.
 
Omdat sy ’n voorliefde het vir Jazz- en Swingmusiek, vind sy aanklank by kunstenaars soos Dean Martin, Ella Fitzgerald, Frank Sinatra en Katie Melua en word hulle uitgesonder as van haar grootste musiekinvloede. SUNEL droom ook daarvan om eendag saam met groot name soos Taylor Swift, Michael Buble, Celine Dion en Ryan Tedder te werk. “Ryan Tedder is die hoofsanger van One Republic en het al treffers vir baie groot name in die bedryf geskryf. Hy is ook ’n meester as dit kom by musiekvervaardiging, so dit sal lekker wees om saam met iemand van sy kaliber musiek te maak,” meen sy.

Oor die afgelope paar jaar, het sy besef dat dit nie maklik is om in die musiekbedryf te werk nie, maar dat jy in jouself moet glo en nie oorsensitief moet wees vir kritiek nie. Sy sien baie uit daarna om haar musiek met die res van die land te deel. SYMPTOME pas in geen boksie nie. Dis uniek, vars en ’n oorkruising van genres... dit is eerlik en ’n deel van my,” sluit sy af.
 
SUNEL se eerste album is ’n besonderse kombinasie van treffende lirieke en mooi musiek, wat haar strelende fluweelstem komplementeer en haar vaardighede as liedjieskrywer perfek ten toonstel. Dit is ’n knap stukkie werk wat beslis binnekort op elke musiekliefhebber se speellys gaan wees. 
 
SYMPTOME is nou beskikbaar op: https://music.apple.com/za/album/symptome/1465430515
 
LYS VAN SNITTE

  1. Myself In Jou In Gevind
  2. Die Waarheid Maak Seer
  3. Hart Se Wens
  4. Soos ’n Dwelm
  5. Games
  6. Als Oor Jou
  7. Fickle Heart
  8. Airplanes
  9. Never Trust A Man
  10. Hart Op Jou Mou
  11. Ek Verlang Na Jou

 
SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/sunelmusic/
Instagram: @_miss_sunel
Twitter: @Miss_Sunel
 
BESPREKINGS
E-pos: sunelvanderlinde@yahoo.com

Sunel’s debut album explores the Symptoms of love and life!

Just a few months after the release of her first Afrikaans single, Hart Op Jou Mou, SUNEL is back with her debut album that promises to sweep fans and music lovers off their feet.
 
SYMPTOME is a mixture of eleven beautiful tracks, in various musical genres, aimed to appeal to a larger audience. Ten of the songs are fresh original creations from her own pen, some of which were produced in association with Hugo Ludik, Vaughan Gardiner and Darryl De Lange. Her striking rendition of Sonja Herholdt’s Ek Verlang Na Jou is the last song on this captivating new album.
 
SYMPTOME is a new word created by me. I wanted a title that Afrikaans and English speaking fans would be able to understand and relate to. Therefore, I decided to combine simptome and symptoms,” explains SUNEL. “I wanted to create a theme that binds the songs on the album together and share a deeper meaning - ‘SYMPTOME’ of love, pain, happiness, being in love, emotions and life itself.”
 
Although the recording process did not take very long, the artist has been planning and creating the content of this special project for many years and believes that events from her own and other people’s lives were the main inspiration behind each lyric. “Honesty is what makes this album different. Every lyric I wrote comes from my heart. I tell my own story and do not allow anyone else do it for me. I truly believe that this is how it is supposed to be done,” she says. “We are all going through the same things in life and I want my music to send the message that we are never really alone. We are all human and feel and experience the same things.”
 
According to the singer, it is difficult to choose a favourite song on the album, because they are all very dear to her. “If I had to choose, it would be between ‘Myself In Jou Gevind’ and ‘Airplanes’. ‘Myself In Jou Gevind’  is such a strong song and comes from such a happy place. It’s truly a feel good song and was the last one I wrote for the album. ‘Airplanes’ tells a story of life and the sacrifices that artists sometimes have to make to follow their dreams. It’s a deep and beautiful song.”
 
Hart Op Jou Mou, the second single taken from her upcoming album, was very well received. It is something that every romantic soul can relate to and is about loving someone so much that they wear your heart on their sleeve in every way possible.
 
“The song means the world to me. It contains some of the deepest lyrics I have ever written and I am extremely proud of this project. I believe that it will resonate with audiences of all ages. To listen to music that touches your heart and tells a beautiful story, is very important. It is one of those songs that will get stuck in your heart and head, because you will be able to relate to the message,” she reveals about this emotional Afrikaans track.
 
According to the musician, the production of the song was kept simple because she did not want anything to overshadow the rawness and honesty of the song. The end result speaks directly to the soul and has already impressed listeners and radio stations across the country. The music video can currently be seen on kykNET. 
 
Watch the video here:  https://www.youtube.com/watch?v=5p8JAJI0kPg
 
Hart Op Jou Mou is the singer’s second official release. She shot to fame for the instant success of her debut single, Fikcle Heart, which topped SFM’s Top 30 hit parade for nine weeks and remained number one on the charts of HOSA Radio for thirteen weeks. The music video of this hit was produced by SAMA and Ghoema acclaimed music producer, Ryan Kruger from A Ryan Kruger Thing and has had more than 9 000 views on YouTube. “It was an honour to work with Ryan. He is one of the best producers in the business and it was amazing to produce this video with him,” the singer says proudly.
 
Another one of her singles, also featured on the new album, Hart se Wens is currently number one on SFM’s Top 30 hit parade.
 
This versatile twenty-five year old Jazz princess from Mossel Bay, with her timeless voice, has been working in the entertainment industry for the past four years. She grew up in a home with music constantly playing in the background and used to take piano lessons, sing in the school choir and take part in plays and other concerts when she was still in school. Since the start of her career, she has already shared the stage with big names, including Chris Chameleon, Elvis Blue, Laurika Rauch, Corlea Botha, Coenie De Villiers, Steve Hofmeyr, Bobby and Karlien van Jaarsveld, to name but a few. Furthermore, she has also had the opportunity to perform at major music festivals like the Dias Festival (2016, 2017, 2018, 2019), Naartjie Festival, KKNK (2016, 2017, 2018, 2019), Bravo Festival and the Bushlapa Music Festival. The artist has also done two shows with Pieter Koen and was part of Willem Botha’s kykNET Skole Tour.
 
When asked where she draws inspiration from to create her heartfelt music, she admits that it mainly stems from everyday life and events. She is also a passionate animal lover, who dreams of owning her own shelter for homeless and abused pets someday. If she had to choose a different career, she would have liked to be a professional makeup artist or psychiatrist because she enjoys listening to people’s problems and giving advice. The artist recently made one of these wishes a reality by completing a makeup course through The Institute Of Makeup Artistry.
 
Because she is a fan of old school Jazz and Swing music, she relates to artists such as Dean Martin, Ella Fitzgerald, Frank Sinatra and Katie Melua and credits them as some of her biggest musical influences. SUNEL also has dreams of working with international acts like Taylor Swift, Michael Buble, Celine Dion and Ryan Tedder in the future. “Ryan Tedder is the lead singer of One Republic and has written many hits for some of the biggest stars in the industry. He is also a brilliant producer and would love to work with someone of his caliber,” she shares.  
 
Over the past few years, SUNEL has come to realise that the music industry is tough, but that you should always believe in yourself and not allow your critics to get you down. She is very excited about sharing her music with the rest of the country and concludes: SYMPTOME cannot be compartmentalised. It is unique, fresh and a combination of different genres… it is honest and part of who I am.”
 
SUNEL’s debut album is a gripping combination of heartfelt lyrics and catchy melodies and not only complements her unique vocal ability, but also showcases her skill as a songwriter. It is a beautiful piece of work that promises to capture the hearts of music lovers and without which no playlist would be complete. 
 
SYMPTOME is available on: https://music.apple.com/za/album/symptome/1465430515
 
TRACK LIST

  1. Myself In Jou In Gevind
  2. Die Waarheid Maak Seer
  3. Hart Se Wens
  4. Soos ’n Dwelm
  5. Games
  6. Als Oor Jou
  7. Fickle Heart
  8. Airplanes
  9. Never Trust A Man
  10. Hart Op Jou Mou
  11. Ek Verlang Na Jou

 
SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook: https://www.facebook.com/sunelmusic/
Instagram: @_miss_sunel
Twitter: @Miss_Sunel
 
BOOKINGS
E-mail: sunelvanderlinde@yahoo.com