Suid-Afrika se gunsteling-komediant is terug op die grootskerm!

Tuesday, June 12, 2018 - 09:19

Hou vas aan jou sitplek want die grapjas, Leon Schuster, is terug met ’n splinternuwe goedvoel-komedie, met skreeusnaakse insidente en ’n inspirerende storielyn, wat kykers vasgenael sal hou van begin tot einde.

In ware Schuster-tradisie, volg FRANK & FEARLESS die wenresep van pittige komedie en humoristiese sosiale kommentaar waarvoor Leon se vorige werk, soos There’s a Zulu on my Stoep en Mr. Bones, bekendheid verwerf het. Saam met mede-skrywer en regisseur, Gray Hofmeyr, vat hy dit egter verder deur ’n baie relevante en kontroversiële storielyn in te werk, met ’n diep emosionele impak, wat dit kop-en-skouers laat uitstaan bo enige van dié ikoniese filmmaker se vorige werk.

FRANK & FEARLESS was ’n baie moeilike fliek om te maak en die draaiboek deur my, Gray, en Geoff Newton, is oor ’n tydperk van vier jaar ontwikkel. Gray en ek het vir die eerste keer saamgewerk aan ‘Sweet and Short’ in 1991, en het sedertdien nege prente saam gemaak. Ons is ou Kamerade en die een sonder die ander, is soos vir ’n soldaat om oorlog toe te gaan sonder ’n geweer. Ons is vol vertroue dat ons nuutste projek al ons voriges gaan oortref en dat kinders en grootmense daardeur geraak sal word,” verduidelik Leon, wat verantwoordelik is vir van die land se grootste en mees suksesvolle flieks in die geskiedenis, plaaslik en oorsee.

Die fliek, wat in Afrika afspeel, neem jou op ’n opwindende avontuur wanneer ’n hartlike ou man, Sonny Frank (Leon Schuster), en ’n tienjarige plattelandse Afrika-seun, Fearless (Themba Ntuli), besluit om Suidoos-Asië se ambassadeur te ontvoer in ’n poging om die uitmoor van renosters stop te sit. Saam met hulle op hierdie missie, is twee viervoet-vriende, wat bydra tot die pret en hart van die verhaal. Reini is ’n babarenoster wie se ma deur stropers doodgemaak is en Dog is Fearless se lojale swart brak. Wanneer dinge egter erg skeefloop, word hulle gedwing om ’n peleton genadelose stropers aan te vat, waaronder die skrikwekkende eks-wildbewaarder, Dolf (Kenneth Nkosi), met wie Sonny ’n geskiedenis het. Die emosionele hart spruit, natuurlik, voort uit elke karakter se persoonlike reis.

Dit was nogal ’n kontroversiële besluit om ’n komedie te laat afspeel teen so ’n tragiese agtergrond soos die huidige renosterkrisis. Ek glo egter dat komedie en tragedie mekaar kan komplementeer en kan bydra tot die emosionele impak van die verhaal en boodskap, mits die spel en storie 100% eerlik en opreg is,” sê draaiboekskrywer en regisseur, Gray Hofmeyr, wat al vir dekades lank in die bedryf werk en al verskeie toekennings vir sy werk gewen het.

Buiten vir uitstaande kinematografie en pragtige natuurtonele, sluit die rolprent ook indrukwekkende toneelspel in en spog dit met ’n sterbelaaide rolverdeling. Leon Schuster is puik in die rol van die onseker spoorwegsjef en versamelaar van inheemse speserye, terwyl nuweling, Themba Ntuli (Meerkat Maantuig), die perfekte keuse was om die komplekse Afrika-kind, wat bang is vir sy eie skaduwee, te vertolk. Kenneth Nkosi (Tsotsi), Khanyi Mbau (Happiness is a Four Letter Word), Jennifer Steyn (Goodbye Bafana, Madam and Eve) en David Dennis (Soul City) is ook in die fliek te sien.

FRANK & FEARLESS beloof om kykers te laat skaterlag, maar ook diep te raak met die ernstige onderliggende boodskap en persoonlike oorwinnings, wat sal aanklank vind by oud en jonk. Die film word plaaslik versprei deur Filmfinity (Pty) Ltd en sal op 23 November 2018 landswyd uitgereik word. Dit is vervaardig deur André Scholtz en Menzi Thabede in samewerking met M-Net, Chrome Films, Die Departement van Handel en Nywerheid (DTI) en die Industriële Ontwikkelingskorporasie (IDC).

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/Frank-and-Fearless-213079182821968/
Twitter: @fearless_and
Instagram: @frank_and_fearless

South Africa’s favourite comedian is back on the big screen!

Strap in and hold on tight to your seats, because funny man Leon Schuster is back with a brand new quirky comedy complete with hilarious incidents and an inspiring storyline that will keep audiences captivated until the credits start rolling.

In true Schuster fashion, FRANK & FEARLESS, follows the winning recipe of side-splitting comedy and humorous social commentary of Leon’s previous successes like There’s a Zulu on my Stoep and Mr. Bones, but together with co-writer director Gray Hofmeyr, takes it to the next level by introducing a relevant and engrossing story and a depth of emotion which sets it apart from anything else previously produced by this iconic filmmaker.

FRANK & FEARLESS was an extremely difficult movie to make, and the script by Gray, myself and Geoff Newton, was developed over a period of four years. Gray and I worked together for the first time on ‘Sweet and Short’ in 1991, and have made nine movies together since then. We are old Troopers, and the one without the other is like a soldier going into battle without his rifle. We are confident that this latest offering tops all our previous efforts, and that the kids of this world and their moms and dads will be engrossed by this film,” explains Leon whose films are some of the highest-grossing local productions with impressive international sales.

Set in Africa, the movie takes you on a thrilling adventure as a loveable old man, Sonny Frank (Leon Schuster), and a ten year old rural African boy, Fearless (Themba Ntuli), set out to kidnap the ambassador of a South-East Asian country in an attempt to stop rhino slaughter. They are joined on this mission by two four-legged friends; Reini a baby rhino whose mother was killed by poachers and Fearless’s big and faithful black dog called Dog. When things go terribly wrong, they have no choice but to take on a platoon of merciless poachers, who are led by the terrifying ranger turned poacher, Dolf (Kenneth Nkosi), with whom Sonny has a past. The emotional heart, of course, stems from the characters’ individual journeys.

Setting a comedy in a milieu as tragic as the rhino crisis was a controversial decision. However I believe that comedy and tragedy can run seamlessly side by side, complementing each other and enhancing the emotional roller coaster ride, provided the performances and the story are 100% honest,” says scriptwriter and director Gray Hofmeyr, who has not only been in the industry for decades, but has also won numerous awards for his work.

Aside from brilliant cinematography and the most beautiful surroundings, the movie also boasts impressive performances by the star-studded cast. Leon Schuster is brilliant as an insecure railway chef and collector of indigenous spices, while newcomer, Themba Ntuli (Meerkat Maantuig), nails his role as a complex African child who is terrified of his own shadow. Kenneth Nkosi (Tsotsi), Khanyi Mbau (Happiness is a Four Letter Word), Jennifer Steyn (Goodbye Bafana, Madam and Eve) and David Dennis (Soul City) can also be seen in the film.

FRANK & FEARLESS promises some incredibly funny laughs combined with a powerful message and some heartfelt personal revelations that audiences of all ages will be able to relate to. The film was produced by André Scholtz and Menzi Thabede in association with M-Net, Chrome Films the IDC and the DTI and will be distributed and released by Filmfinity (Pty) Ltd on 23 November 2018.

SOCIAL MEDIA LINKS:
Facebook:
https://www.facebook.com/Frank-and-Fearless-213079182821968/
Twitter: @fearless_and
Instagram: @frank_and_fearless