Sprokiesliefde Kraai Koning In Nuwe Mariska-Enkelsnit En -Musiekvideo

Embedded thumbnail for Sprokiesliefde Kraai Koning In Nuwe Mariska-Enkelsnit En -Musiekvideo
Friday, July 5, 2019 - 10:23

Skaars ’n jaar na die vrystelling van ’n suksesvolle debuut-album en twee radiotreffers, is Mariska terug met ’n splinternuwe enkelsnit en musiekvideo, VAN VOORAF BEGIN, wat net weereens bevestig hoeveel talent sy het om met die wêreld te deel.

Hierdie opgewekte kontemporêre snit kombineer pop- en country-elemente om ’n vars en opwindende voetstamplekker klank te verseker en die sangeres se stroopsoet stem perfek te komplementeer. Die liedjie, wat deur Vaughan en Nerine Gardiner geskep is, gaan oor ’n meisie wat dagdroom oor goeie tye saam met haar geliefde en wens dat sy hierdie romantiese oomblikke weer van vooraf kan herleef.

VAN VOORAF BEGIN gaan oor die liefde tussen twee mense en herinner jou dat die liefde steeds bestaan en dat dit oukei is om daarin te glo,” verduidelik sy. “Ek kon van die begin af myself in die storielyn inleef en geniet dit om musiek te sing wat in my kop kom vassteek. Die liedjie het ’n lekker kommersiële ritme, wat jou uitnooi om saam te sing, en ek glo dat oud en jonk dit sal geniet.”

Die idee vir die musiekvideo van dié enkelsnit is geïnspireer deur Hailee Steinfeld se Capital Letters en die Hilary Duff-fliek, A Cinderella Story. Dit is deur Fathom Media verfilm by ’n perdeplaas, Zonnehoeve Equestrian Estate in Ruimsig, asook in Constantia Kloof en die stilering is deur Image by Suna en nichA Clothing behartig. “Ek wil nie te veel inligting oor die video weggee nie, maar ek kon myself inleef in die storielyn en het dit baie geniet om dit te skiet,” sê die sangeres.

Kyk die video hier: https://youtu.be/T5I4gsw5mQQ

VAN VOORAF BEGIN is die derde enkelsnitvrystelling vanaf haar debuut-album Dankie. Die album, wat hoofsaaklik oor die verskillende fasette van die liefde gaan, het ’n kontemporêre popklank en is die resultaat van ses jaar se harde werk. Dit spog met twaalf oorspronklike treffers, uit die penne van bekende liriekeskrywers soos Vaughan Gardiner, Johan Oberholzer en Rudi Claase, wat wissel tussen opgewekte lekkerluisterdeuntjies en dieper hartsmusiek met ’n meer klassieke aanslag.

Die titelsnit, wat deur Johan Oberholzer geskryf is, is ongelooflik goed ontvang en het die nommer een-posisie op Bosveld Stereo se Top 20-treffersparade bereik. Dit spog met ’n lekker ritme en betekenisvolle lirieke en gaan daaroor om dankbaar te leef.

Mariska het op ’n plaas net buite Hoedspruit grootgeword en is reeds vandat sy vyf jaar oud is in vervoering met klassieke musiek. Sy het begin met sanglesse toe sy in graad 1 was en het daarna ook vinnig instrumente soos die klavier, viool en klawerbord bemeester, waarvoor sy ’n hele string toekennings verwerf het by die Eisteddfod in haar matriekjaar. Die ster spog ook met ’n BMus (Hons)-musiekkwalifikasie in Musiekoptrede van The Campus Of Performing Arts (JHB).

Op sewentien het sy haar eie demo-album, Optelmeisiekind, uitgereik met ses-en-dertig Afrikaanse en Engelse snitte. Dit het gelei tot die vrystelling van twee musiekvideos in 2011, Reënboog Hart en Alles Vir Liefde - ’n duet met Rian Ungerer wat ook gekies is om Afrika te verteenwoordig in ’n Eurovision musiekvideokompetisie. Laasgenoemde maak ook deel uit van Select Musiek se album- en DVD-samestelling, Ons Sing Duet.

Soet Soos Suiker, haar heel eerste amptelike enkelsnit, is baie goed ontvang en kan vandag nog oor die radio gehoor word. Die musiekvideo, wat deur Hartiwood Films (Liefling – Die Movie, Pretville) vervaardig is en onderwatertonele insluit, het baie aandag getrek en vir haar ’n kuier op die musiekprogram, DKNT, besorg. As gevolg van ’n knap bemarkingsveldtog, het dié snit ook op programme soos Jukebox, Hectic 99, Jakkals Jol (SABC 2), Sunrise en eNews (eTV) verskyn. Sedertdien tree sy gereeld op by feeste en funksies en beskou sy elke treetjie in haar musiekloopbaan as ’n hoogtepunt.

Wanneer sy nie op die verhoog is nie, is sy hard besig met haar BA Sielkundegraad en werk sy aan liedjies vir haar volgende album.

VAN VOORAF BEGIN het, soos die res van Mariska se album, ’n liefdesboodskap wat verweef is met ’n opgewekte dansritme en lekkerluister saamsing-lirieke, wat weer van vooraf vir haar ’n plekkie in Suid-Afrikaanse musiekharte en kuierplekke gaan verseker.

Dié nuwe enkelsnit is ook beskikbaar op Mariska se album, Dankie hier: https://music.apple.com/za/album/dankie/1384817650

SOSIALEMEDIASKAKEL
Facebook:
https://www.facebook.com/mariska.sa
Twitter: @mariska_sa
Instagram: @mariska.sa
YouTube: https://www.youtube.com/user/MARISKAMUSIEK
Webblad: www.mariska.co.za

BESPREKINGS
Diamant Musiek
Retha Dreyer
Sel: 083 307 9258
E-pos: diamantmusiek@gmail.com

Mariska Sings About Fairytale Love In New Single And Music Video

Only a year after releasing a successful debut album and two radio hits, Mariska is back with a brand new single and music video, VAN VOORAF BEGIN, which once again confirms how much talent she has to share with the world.

This upbeat contemporary track combines pop and country elements to ensure a fresh and exciting sound and to perfectly complement the singer’s unique sweet voice. The song, created by Vaughan and Nerine Gardiner, is about a girl who is daydreaming about good times with the man of her dreams and who wishes that she can relive those romantic memories again.

VAN VOORAF BEGIN is about the love between two people and reminds you that true love still exists and that it’s okay to believe in it,” she explains. “I was able to relate to the storyline from the very beginning and enjoy doing songs that get stuck in my head. The song has a nice commercial sound that invites you to sing along and I believe that audiences of all ages will be able to enjoy it.”

Watch the video here: https://youtu.be/T5I4gsw5mQQ

The idea for the music video of the single, was inspired by Hailee Steinfeld’s Capital Letters and the Hilary Duff movie, A Cinderella Story. It was filmed by Fathom Media at a horse farm, Zonnehoeve Equestrian Estate in Ruimsig, as well as in Constantia Kloof and styled by Image by Suna and nichA Clothing. “I don’t want to give away too much information about the video, but I was able to immerse myself in the storyline and really enjoyed the filming process,” the singer shares.

VAN VOORAF BEGIN is the third single from her debut album, Dankie. The album, the result of six years of hard work, deals with the different aspects of love and has a contemporary pop sound. It boasts twelve original hits, penned by popular lyricists such as Vaughan Gardiner, Johan Oberholzer and Rudi Claase, which ranges from upbeat, easy listening tunes to deeper compositions with a more classical approach.

The title track and first single off the album, was written by Johan Oberholzer and has a catchy melody complemented by meaningful lyrics. It’s about being grateful to be alive and was very well received by radio stations and the public. The song also topped the charts of Bosveld Stereo’s Top 20 hit parade.

Mariska grew up on a farm just outside Hoedspruit and has been intoxicated by classical music from the age of five. She started taking singing lessons in grade 1, after which she also quickly mastered instruments such as the piano, violin and keyboard, for which she raked in a string of awards at the Eisteddfod in her matric year. The star also completed her BMus (Hons) qualification in Music Performance at The Campus of Performing Arts (JHB).

At the age of seventeen, she released her own demo album, Optelmeisiekind, which consisted of 36 tracks in Afrikaans and English. This led to the release of two music videos in 2011, Reënboog Hart and Alles Vir Liefde – a duet with Rian Ungerer – which was chosen to represent Africa at the Eurovision music video contest. The track is also included in Select Music’s album and DVD compilation, Ons Sing Duet.

Soet Soos Suiker, her first official single, was very well received and is still being played on the radio. The underwater scenes in the music video, produced by Hartiwood Films (Liefling – Die Movie, Pretville), attracted a lot of attention and secured her a spot on the music program, DKNT. As part of a special marketing campaign, the song was also featured on programs like Jukebox, Hectic 99, Jakkals Jol (SABC 2), Sunrise and eNews (eTV). These days, she is a regular performer at festivals and functions all over the country and regards every step in her music career as a highlight.

When she is not performing, she is busy with her Bachelor’s Degree in Psychology and writing music for her next album.

VAN VOORAF BEGIN, like the rest of Mariska’s album, is about love and boasts a catchy tune and fun lyrics that is set to be a firm favourite on the dance floor for the next couple of months.

The song is available on her album Dankie here: https://music.apple.com/za/album/dankie/1384817650

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook:
https://www.facebook.com/mariska.sa
Twitter: @mariska_sa
Instagram: @mariska.sa
YouTube: https://www.youtube.com/user/MARISKAMUSIEK
Website: www.mariska.co.za

BOOKINGS
Diamant Musiek
Retha Dreyer
Cell: 083 307 9258
E-mail: diamantmusiek@gmail.com