Via Se Splinternuwe Realiteitsreeks, Ster-Status, Nou Op Die Kassie!

Monday, August 5, 2019 - 10:51

Vanjaar kan VIA-kykers Vrouemaand behoorlik vier met Apprentesses SA se splinternuwe realiteitsprogram, STER-STATUS, wat vanaf 5 Augustus 2019 elke Maandagaand om 18h00 op kanaal 147 te sien is.

Volgens Tarien Cronjé, stigterslid en uitvoerende direkteur van Apprentesses SA wat reeds sedert 2014 vroue bemagtig, is die doel van hierdie reeks om jong meisies ’n geleentheid te gee om hulle kolligdrome te bewaarheid en kykers deel te maak van dié opwindende pad wat elke deelnemer stap.

Dit was ’n ongelooflike ervaring om die program te reël en betrokke te wees by elke meisie se reis. Vir my was dit ’n groot voorreg om te sien hoe hulle groei, ontwikkel en nuwe hoogtes bereik,” meen Cronjé.

Hierdie realiteitskompetisie gaan daarop fokus om jong vroue (millenniërs) aan die vermaakbedryf bekend te stel deur middel van werkswinkels, opleidingsessies en verskeie uitdagings om hulle voor te berei op ’n lewe in die kollig. Na elke fase van die kompetisie sal van die deelnemers, wat nie die mas opgekom het nie, uitgeskakel word. Alhoewel daar net een wenner kan wees, sal elke deelnemer voordeel trek uit hierdie ervaring, juis omdat hulle op verskeie sosiale platforms blootstelling kry, gaan leer hoe om hulleself behoorlik te stileer, verhoudings gaan bou met kenners in die bedryf, ’n verskil kan maak met liefdadigheidswerk en ook die geleentheid sal hê om as handelsmerkverteenwoordigers op te tree.

Luré Delport, verlede jaar se wenner, sal die eerste amptelike aanbieder van STER-STATUS wees, onder leiding van die gewilde akteur David Konrad (Binnelanders, Getroud met Rugby), waarna 2019 se wenner by haar die leisels sal oorneem.

Wat die program lekker en uniek maak, is die transformasie wat die deelnemers en aanbieder van die program ondergaan. Ons volg ook Luré, wat geen vorige ervaring het nie, se reis as 2018 se wenner en haar eerste geleentheid as aanbieder in die bedryf,” verklap Tarien. “Daar is wel ’n bietjie onverwagse hartseer wat al in die eerste episode deurkom, maar ook daardie opregte oomblikke van trane, lekker lag en ondersteuning, is vasgevang in die program.”

Verskeie bekendes, waaronder Sinki Mlambo, Leandie du Randt, Deon Groot, Francois Olivier, David Konrad, Amorie Pearson en Pamela Niemand, en uitgesoekte besighede gaan almal deel wees van die program en talle organisasies, soos CHOC, Kosmos Care Centre en Gracia, sal baat by die liefdadigheidsaspek daarvan.

Oor die geleentheid om betrokke te wees by hierdie inisiatief, sê David Konrad: “My droom is om ander te help om hulle drome waar te maak en STER-STATUS het my die platform gegee om dit uit te leef!”

Die program sal in ses episodes aangebied word en die wenner en naaswenners sal – in ware BBP-styl – tydens die spoggerige glansgeleentheid by Atterbury Theatre in Pretoria aangekondig word op 10 Augustus 2019.

Kaartjies vir die STER-STATUS FINAAL is aan die publiek beskikbaar op iTickets en wissel tussen R160 en R250 per persoon. Verrigtinge op die rooitapyt sal om 18h00 afskop en sluit, buiten vir die kroningsgeleentheid, ook lewendige vermaak deur bekende kunstenaars in.

STER-STATUS bevat al die regte inspirerende en kompeterende bestanddele vir ’n realiteitsprogram wat iemand se lewe vir altyd gaan verander. Die vraag is nou net... wie s’n gaan dit wees? Skakel in om te sien wat gebeur!

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/Apprentesses/
Instagram: @apprentessessa
Webblad: www.apprentesses.co.za
Hutsmerke: #sterstatus #viatv #apprentessessa

Via Reality Show, Ster-Status, Heading To Local Television Screens

This year, VIA viewers can celebrate Women’s Month in style with the launch of Apprentesses SA’s brand new reality program, STER-STATUS, which will be gracing local screens every Monday at 18h00 on channel 147.

According to founding member and executive director of the women’s empowerment project- Apprentesses SA, Tarien Cronjé, the goal of this series is to offer women an opportunity to have a career in the entertainment industry and making viewers part of this exciting journey.

It was an incredible experience to create this program and be part every girl’s journey. For me, it was a great privilege to watch them grow, transform and reach new heights,” Cronjé says.

This reality competition will focus on preparing young women (millennials) for life in the limelight by introducing them to the entertainment industry through workshops, training sessions and various other challenges. After each phase of the competition, participants who didn’t make the grade will be eliminated. Although there can only be one winner, all participants will benefit from the experience as they will get exposure across various social platforms, learn about styling, build relationships with industry experts, make a difference through charitable work, and have the opportunity to act as brand ambassadors.

Last year’s winner, Luré Delport, will be the first official presenter of STER-STATUS with actor David Konrad (Binnelanders, Getroud met Rugby) as mentor. At the end of the show, she will be handing over the reins to 2019’s winner.

What makes this series fun and unique is the transformation that the participants and the presenter of the program undergo as the competition progresses. We also follow last year’s winner’s journey as she also makes her official debut as television presenter on the program,” shares Tarien. “There is, however, also an element of unexpected sadness that comes through in the first episode, but those sincere moments of tears, laughter and support between the contestants and presenter are also caught on camera and form an integral part of the show.”

Various celebrities, including Sinki Mlambo, Leandie du Randt, Deon Groot, Francois Olivier, David Konrad, Amorie Pearson and Pamela Niemand, and selected businesses will form part of the show and a number of organisations, like CHOC, Kosmos Care Centre and Gracia will benefit from the charity aspect.

About the opportunity to be part of this great initiative, David Konrad, reveals: “My dream is to help others achieve their dreams and STER-STATUS has given me the platform to do exactly that.”

The reality series will run over six episodes, during which the winner and runners-up will be announced – in true VIP fashion – at a gala event at the Atterbury Theatre in Pretoria on 10 August 2019.

Tickets for the STER-STATUS FINALE are available on iTickets and range from R160 to R250 per person. Red carpet proceedings will kick off at 18h00 and, aside from the big announcement, the line-up also includes live entertainment by famous artists.

STER-STATUS contains all the right inspirational and competitive ingredients for a reality series that is set to change someone’s life forever. The question is just... who is it going to be? Stay tuned to see what happens!

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook: https://www.facebook.com/Apprentesses/
Instagram: @apprentessessa
Webblad: www.apprentesses.co.za
Hutsmerke: #sterstatus #viatv #apprentessessa