Samantha Leonard Van The Voice Sa II Se Tyd Is Nou!

Monday, September 10, 2018 - 14:29

N DUISEND KEUSES is ’n baie persoonlike liedjie, wat my herinner waarom ek verlief geraak het op sing en hoe dit my inspireer en laat voel; en dat ek nie musiek gekies het nie, maar dat dit my gekies het. Dis wie ek is, dis in my bloed, en dis die enigste ding wat my motiveer om nooit op te gee wanneer dit by my drome kom nie. Dit is vir my ’n voorreg om my storie, deur middel van musiek, met die wêreld te deel,” verklap Samantha Leonard oor haar eerste enkelsnit wat pas vrygestel is.

Luister na ‘n lusmaker van die liedjie hier: https://soundcloud.com/starburstpromotions/dk-teaser

Dié Afrikaanse popsnit, uit die sangeres se eie pen en hart en vervaardig deur Hugo Ludik en Vaughan Gardener van Muse Studios, vertel die storie van haar loopbaanreis sover en van die keuses wat sy moes maak om tot op hierdie punt te kom. Haar uitsonderlike sterk stem is die perfekte pasmaat vir die eerlike lirieke en meesleurende wysie van die liedjie, wat in jou kop bly maal lank nadat jy dit vir die eerste keer gehoor het.

Hierdie enkelsnit is ’n refleksie van my hart en waar ek op hierdie stadium van my lewe is. Ek deel al die struikelblokke wat ek moes oorkom en die feit dat ek moes sterk staan, ten spyte van alles. Dit was vir my belangrik dat die fondasie van my album van die begin af eerlik is oor wie ek, as kunstenaar en persoon, is en die waardes waarin ek glo,” verklap die donkerkop-ster. “Daar is duisende keuses voor ons neergelê in die lewe en dit is ons verantwoordlikheid om die regte besluite te maak wat ons toekoms gaan bepaal. Partykeer maak ons die verkeerdes en kry baie seer daardeur, maar dis hoe ons weer opstaan wat saak maak en wat ons uit daardie foute leer.”

Oor die musiekvideo, wat beplan word, wil sy nie veel meer sê as dat dit gaan oor die gevegte wat sy moes baklei in haar loopbaan en lewe nie. “Die konsep is geïnspireer deur die woorde van die liedjie en neem jou op ’n reis van emosies; wat wissel van opgee en moedeloosheid tot terugveg en sukses,” verduidelik sy.

N DUISEND KEUSES is ook die titelsnit van haar debuut-album wat binnekort op die rak sal wees. Dit is iets waarna aanhangers al uitsien vanaf die oomblik toe Karen Zoid haar stoel gedraai het gedurende die blindeoudisies van die tweede seisoen van die realiteitsprogram, The Voice SA II, waarin Samantha derde geëindig het. Die album bied ’n treffende kombinasie van lekkerluister dansmusiek en diep hartsballades, in die kunstenaar se veelsydige styl, wat by gehore van alle ouderdomme sal aanklank vind.

Die meisie, van Kimberley, sing al vandat sy drie jaar oud is en het nog altyd geweet dat sy graag eendag ’n sangeres wil word. Sy glo dat haar liefde vir musiek in haar ouerhuis gekweek is, waar daar altyd ’n liedjie in die agtergrond gespeel het. Op hoërskool, het sy elke jaar die hoofrol gespeel in verskeie verhoogproduksies, soos Fame, Back-to-the-80’s, Gospell, Alice in Wonderland en Cabaret Girls. Sy het van jongs af haar eie liedjies begin skryf en op die ouderdom van sestien ’n album, met die naam Breakthrough, vrygestel. Na matriek het sy Kaap toe getrek en voltyds musiek studeer by COPA (Campus of the Performing Arts), waar sy haar NQF2-sertifikaat voltooi het in Klavier asook haar NQF3-sertifikaat in Stemprestasie.

Gedurende die vyftien jaar wat sy al in die musiekbedryf doenig is, het sy aan verskeie kompetisies deelgeneem, waaronder Spontaan 2009 en die Up-Stage Sangkompetisie wat sy albei gewen het. Laasgenoemde het vir haar deure oopgemaak om deel te neem aan verskeie Barnyard-produksies soos Rocking All Over The World, Final Countdown en Special Stars. Die sangeres het ook in 2012 die geleentheid gekry om by die Abu Dhabi-teater te sing.

Haar deelname aan The Voice SA 2017 word egter as die grootste hoogtepunt van haar loopbaan uitgesonder. Haar weergawe van Jessie J, Nicki Minaj en Ariana Grande se treffer, Bang Bang, het al vier die afrigters se stoele laat draai en so het ’n nuwe fase van haar loopbaan afeskop. In 2017 en 2018 het sy saam Thembeka Mnguni van die realiteitsprogram se eerste seisoen teateroptredes gedoen onder die naam, The Divas. “Die vertoning het bestaan uit ’n kombinasie kragtige liedjies van Mariah Carey, Whitney Houston, Brenda Fassie, Mango Groove, Édith Piaf en meer wat altwee ons stemme gekomplementeer het en ons vermoëns behoorlik ten toon gestel het. Dit was vir my ’n lekker uitdaging en het my op my tone gehou om elke aand my beste te gee,verklap sy.

Corlea Botha, met haar mooi stem en betekenisvolle lirieke, is vir Samantha ’n groot inspirasie en is iemand saam met wie sy graag in die toekoms sou wou werk en beter leerken. As sy enige ander beroep moes kies, sou sy beslis ’n aktrise wou wees, omdat sy dit vreeslik geniet om verskillende karakters te speel. Dit is vir my ’n uitdaging om myself in ’n ander persoon se skoene te sit en die wêreld deur hulle oë te sien en voel. Dit leer my baiekeer om dinge meer te waardeer,” sê sy.

Dié sangsensasie se hoofdoelwitte in die lewe is om musiek te maak en om mense te motiveer. Sy glo dat ’n mens nie op ander moet staatmaak om jou drome waar te maak nie, omdat net jy dit vir jouself kan doen. Buiten vir optredes regoor die land, is sy ook reeds besig om aan materiaal te werk vir haar tweede album.

Samantha Leonard se eerste enkelsnit, ’N DUISEND KEUSES getuig nie net van haar talent as musikant en liedjieskrywer nie, maar ook van die blink toekoms wat vir haar voorlê in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook:
https://www.facebook.com/samanthaleonardofficial/
Twitter: @samleonard_1
Instagram: @samanthaleonard_artist

Samantha Leonard From The Voice Sa II Releases First Single!

N DUISEND KEUSES is a very personal song, which constantly reminds me why I fell in love with singing in the first place and how it inspires and makes me feel; that I did not choose music, but that it chose me. It is who I am and the only motivation I have to continue following my dreams. It is huge honour to share my story with the world through music,” reveals Samantha Leonard about her first single, which has just been released.

Listen to a teaser of the song here: https://soundcloud.com/starburstpromotions/dk-teaser

This Afrikaans pop song, written by the artist herself and produced by Hugo Ludik and Vaughan Gardener from Muse Studios, tells the story of her career so far and the choices she had to make to get where she is now. Her strong and versatile voice complements the honest lyrics and catchy tune of the song, which remains in your head long after hearing it for the first time.

The single is a reflection of my heart and where I am in life. I sing about all of the obstacles that I had to overcome and how I stood strong against all odds. It is important to me that the foundation of my album reveals who I am, as an artist and person, and what I believe in,” the star explains. “We are confronted with thousands of choices in life and it is our responsibility to make the right decisions, because they determine our future. Sometimes we make the wrong ones and get hurt by them, but that is part of the learning curve and how we learn to get up and try again.”

She does not want to reveal too much about the music video, which is planned for later this year, but says that it will reveal more about the battles she had to fight in her career and life. “The concept of the video was inspired by the lyrics of the song and takes you on an emotional journey through wanting to give up, to fighting back and achieving success,” she says.

N DUISEND KEUSES is also the titular track of her debut album that will be available soon. This is something that fans have been looking forward to since the moment that Karen Zoid turned her chair during the blind auditions of the second season of the reality program, The Voice SA. The album boasts a striking combination of upbeat dance tracks and meaningful ballads, which perfectly showcases the singer’s unique vocals and style. It is something that audiences of all ages will be able to relate to.

Samantha grew up in Kimberley and have been singing since she was three years old. She always knew that she was destined to be a singer. Because there was always music playing in their house, she believes that this is where her love and passion for the industry was cultivated. In high school, she played the lead in various stages productions, including Fame, Back-to-the-80’s, Gospell, Alice in Wonderland and Cabaret Girls. At the age of sixteen, she released her first album, called Breakthrough. After school, she moved to Cape Town to study music full-time at COPA (Campus of the Performing Arts), where she obtained her NQF2 certificate in Piano, as well as a NQF3 qualification in Vocal Presentation.

During the fifteen years that she has been involved in the music industry, she has taken part in competitions like Spontaan 2009 and the Up-Stage Singing Competition, which she both won. The latter also opened a few doors and presented her with the opportunity to be part of several Barnyard productions such as Rocking All Over The World, Final Countdown and Special Stars. The singer also had the opportunity to perform at the Abu Dhabi in 2012.

She credits being a contestant on The Voice SA 2017 as one of the biggest highlights of her career. Her rendition of Jessie J, Nicki Minaj and Ariana Grande’s hit, Bang Bang, earned her the coveted four-chair turn during the blind auditions and she ended third in the competition, which kick-started a brand new phase of her career. In 2017 and 2018 she joined forces with Thembeka Mnguni, from season one of the program, for a theatre production called The Divas. “The show consisted of various powerhouse songs by Mariah Carey, Whitney Houston, Brenda Fassie, Mango Groove, Édith Piaf and more, which truly showcased our vocal abilities. It challenged me to give my best every time,” she shares.

Corlea Botha is one of Samantha’s biggest vocal inspirations and someone with whom she would love to work someday. If she had to pick a different career, she would have liked to be an actress because she enjoys playing different characters. “I like being able to put myself in someone else’s shoes and to see and experience life through their eyes. It teaches me appreciate things more,” she says.

The star’s main goals in life are to make music and to motivate those around her. She believes that you should not rely on others to make your dreams come true, because only you can turn those dreams into a reality. When she is not on stage, promoting her new album, she is at home creating new material for her second release.

Samantha Leonard’s firs Afrikaans single, ’N DUISEND KEUSES not only shows off her talent as musician and songwriter, but is also an indication of the bright future that awaits her in the South African Music Industry.

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook:
https://www.facebook.com/samanthaleonardofficial/
Twitter: @samleonard_1
Instagram: @samanthaleonard_artist