Samantha Leonard stel nuwe musiekvideo bekend!

Embedded thumbnail for Samantha Leonard stel nuwe musiekvideo bekend!
Friday, February 8, 2019 - 12:59

Samantha Leonard se tweede enkelsnit, Jou Hart Sal Heel Raak, is onlangs vrygestel en nou volg die musiekvideo vir hierdie treffende ballade. Die lied is geskryf deur die uiters talentvolle Vaughan en Nerine Gardiner.

Kyk die video hier: https://www.youtube.com/watch?v=zDThe5v5d5w

Die musiekvideo is by Amorosa, aan die voet van die majestieuse Magaliesbergreeks, tussen Pretoria-Noord en Hartebeespoortdam, geskiet. Ryno Mans van RM Productions het die video geskiet en Samantha het die konsep uitgedink en die regie behartig. 

Ek vertolk die diep lirieke van Jou Hart Sal Heel Raak in 'n asemrowende trousaal, asook buite tussen die bergreeks by ‘n klavier, terwyl water oral op en om my afstroom. Die mooi natuur met die berge in die agtergrond was vir my die perfekte plek om die boodskap oor te dra dat ons altyd die mooi in die lewe moet probeer onthou, al dra ons soveel seer saam ons elke dag,” verduidelik Samantha. 

Dit was nogal ‘n uitdaging op die dag. Ons het net 'n uur gehad om die klavier gedeelte buite te skiet met die sonsondergang en ons kon net 30 sekondes op 'n slag skiet voor die kragopwekker ingegee het. Ons moes 6 minute tussen elke skoot wag vir die kragopwekker om weer aan te skakel. Asof dit nie uitdagend genoeg was nie, moes ons nog kompeteer met beurtkrag ook! Maar dit was als die moeite werd,” vertel Samantha verder. 

Samantha Leonard se debuut-album word op 1 Maart 2019 uitgereik.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: 
https://www.facebook.com/samanthaleonardofficial/
Twitter: @samleonard_1
Instagram: @samanthaleonard_artist

PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies

Gizela Arndt
Sel: 083 399 6869
E-pos: gizela101@gmail.com
Webblad: www.starburstmusic.co.za

Samantha Leonard release new music video!

Samantha Leonard’s second single, Jou Hart Sal Heel Raak, was recently released and now we’re proud to introduce her music video for this beautiful track. The song is written by the talented Vaughn and Nerine Gardiner.

Watch the video here: https://www.youtube.com/watch?v=zDThe5v5d5w

The music video was shot in the majestical Magaliesberg, between Pretoria North and Hartebeespoort damn. Ryno Mans from RM Productions produced the video while Samantha was responsible for the concept.

I portray the deep lyrics of Jou Hart Sal Heel Raak in a breathtaking wedding venue as well as the mountains at a piano, while water runs all over me. The beautiful nature with mountains in the background was the perfect choice for me to let everyone know that we should always see the beauty in life, even though we carry so much heartache every day,” Samantha explains.

It was quite a challenge that day. We only had one hour to shoot the piano part with sunset and we only had 30 seconds to shoot before the generator stopped working. We had to wait 6 minutes between every shot before the generator would start up again. As if that wasn’t enough, we had to compete with loadshedding as well! In the end, it was all worth it,” says Samantha.

Samantha Leonard’s debut album will be released on 1 March 2019.

SOCIAL MEDIA
Facebook: https://www.facebook.com/samanthaleonardofficial/
Twitter: @samleonard_1
Instagram: @samanthaleonard_artist

PUBLICITY AND MARKETING
Starburst Promotions

Gizela Arndt
Cell: 083 399 6869
E-mail: gizela101@gmail.com
Website: www.starburstmusic.co.za