Samantha Leonard stel derde enkelsnit en video vry!

Embedded thumbnail for Samantha Leonard stel derde enkelsnit en video vry!
Monday, May 6, 2019 - 08:09

Die gewilde sangeres, Samantha Leonard, het pas haar nuutste enkelsnit en musiekvideo, Vat ‘n Kans, vrygestel. Dit volg op treffers soos ‘n Duisend Keuses en Jou Hart Sal Heel Raak wat steeds baie gewild is onder aanhangers en trefferparades van radiostasies landswyd.

"Vat 'n Kans kom uit my eie pen en hart. Ek het self deur 'n baie moeilike verhouding gegaan, waar iemand wat ek met my hele hart vertrou het, my baie seer gemaak het. Na so ervaring voel mens soveel emosies, asof mens nooit weer liefde sal kan vind nie. Maar dis altyd wanneer jy dit die minste verwag, wanneer iemand spesiaal in jou lewe kom, jou trane afvee en jou hart weer van vooraf gelukkig maak. Onthou, al het jy seer gekry, vat daai kans, dalk is dit die regte een vir jou,” vertel Samantha. 

Die enkelsnit is deur Muse Productions opgeneem en Ryno Mans van RM Productions, tesame met Samantha, het die regie van die musiekvideo behartig.

Samantha was die brein agter die konsep van die video en die idee was om 'n persoonlike ervaring uit te beeld in haar lewe soos al haar liedjies op die album doen.

Die musiekvideo is by twee plekke geskiet. Ons was eerste by die pragtige ALLURE BEAUTY & SPA, 'n juweel in die hart van Benoni, waar jy my en my vriendinne altyd sal sien regmaak vir 'n lekker aand uit of voor elke funksie en optrede. Daarna was ons by ‘n private huispartytjie, waar ons as 'n groter groep bymekaar gekom het, nuwe mense ontmoet het en op die ou einde liefde tussen mekaar vind. Ons wou baie graag ‘n kar-toneel met ‘n drone skiet, maar ons het skaars begin, toe vlieg die drone in ‘n boom vas, so toe moes ons daardie idee maar laat gaan. Maar als het op die einde toe mooi uitgewerk,” voeg Samantha by.

Kyk die video hier: https://youtu.be/w_L8jJrTD7A

Aanhangers kan uitsien om 'n heel ander kant van Samantha te sien as kunstenaar in hierdie musiekvideo. Maak seker jy kry die liedjie en gaan kyk die video. Vat ‘n Kans!

Vat ‘n Kans is een van die liedjies op Samantha se album, ‘n Duisend Keuses, wat beskikbaar is op alle digitale platforms:

https://ElectromodeZA.lnk.to/nDuisendKeusesAlbumPR

SOSIALE MEDIA SKAKELS
Facebook: 
https://www.facebook.com/samanthaleonardofficial/
Twitter: @samleonard_1
Instagram: @samanthaleonard_artist

PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Gizela Arndt
Sel: 083 399 6869
E-pos: gizela101@gmail.com
Webblad: www.starburstmusic.co.za

Samantha Leonard releases third single and music video!

The popular singer, Samantha Leonard, just released her latest single and music video, Vat ‘n Kans. Following hit singles such as ‘n Duisend Keuses and Jou Hart Sal Heel Raak that still proves to be fan favourites and still dominates radio charts countrywide.

"Vat 'n Kans is written by me and comes from my heart. I personally went through a very difficult relationship in which someone really hurt me, while I trusted this person with my whole heart. After such experience there’s so much emotions as if you’ll never be able to find love again, but it’s when you least expect it, that you meet someone special to dry your tears and heal your heart. Always remember, although you’ve been hurt, take the chance, perhaps this will be your soulmate,” explains Samantha. 

The single was recorded by Muse Productions. Ryno Mans from RM Productions and Samantha herself directed the music video.

The video was based on Samantha’s concept and her idea was to portray her personal experiences, just like her album’s other songs.

The music video had two sets. We started off at the beautiful ALLURE BEAUTY & SPA, a jewel in the heart of Benoni, where me and my friends get ready for a night out or before I get on stage. Lastly, we attended a private house party where we gathered as a larger group. We met new people and in the end found love in each other. We wanted to shoot a car scene using a drone, but we’ve just started when the drone hit a tree and we had to can the idea. Everything worked out well in the end,” Samantha added.

Watch the video here: https://youtu.be/w_L8jJrTD7A

Fans can look forward to seeing a totally different side of Samantha as an artist in this video. Make sure you get this song and go watch the video! Vat ‘n Kans! (Take a chance!)

Vat ‘n Kans is one of the songs on Samantha’s new album, ‘n Duisend Keuses, now available on all digital music platforms:

https://ElectromodeZA.lnk.to/nDuisendKeusesAlbumPR

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook: 
https://www.facebook.com/samanthaleonardofficial/
Twitter: @samleonard_1
Instagram: @samanthaleonard_artist

PUBLICITY AND MARKETING
Starburst Promotions
Gizela Arndt
Cell: 083 399 6869
E-mail: gizela101@gmail.com
Website: www.starburstmusic.co.za