Sally Williams Nougat Kry ’n Nuwe Baadjie

Friday, November 30, 2018 - 12:27

SALLY WILLIAMS NOUGAT is nie net die treffer wat die bekroonde liedjieskrywer, sanger, rubriekskrywer en digter, Jak de Priester, se musiekloopbaan vyftien jaar gelede amptelik laat vlam vat het nie, maar ook ’n liedjie wat vir hom baie spesiale betekenis het, omdat dit ’n staaltjie is uit sy eie ware liedesverhaal.

Lank gelede het my meisie my voorgestel aan Sally Williams Nougat by die Groenkloof Spar, nie ver van die tuinwoonstel waar ek destyds gewoon het nie. Ons het dit altyd gaan koop en geëet, ’n bietjie van ’n romantiese ding. Toe besluit sy om Londen toe te gaan vir twee jaar. Ek het baie Sally Williams in haar tas gepak. Daardie aand toe ons haar gaan groet by die lughawe, was vir my erg. Ek het tuisgekom en die liedjie geskryf oor alles wat ons altyd saam gedoen het. Dis waaroor die liedjie handel... dis ’n verlangliedjie,” verklap die Pretorianer oor sy eerste enkelsnit.

Nóú, jare later en ter viering van Jak en sy vrou, Michelle (die meisie van wie hy in die liedjie sing), se tiende huweliksherdenking, word dié liefdesballade weer vrygestel... maar met ’n splinternuwe baadjie en die hulp van die gewilde sanggroep, ADAM.

My stem het baie ontwikkel sedert ek sestien jaar gelede die lied vir die ATKV-Crescendo-kompetisie opgeneem het, maar dis moontlik een van die liedjies waarvoor ek onthou gaan word en daarom het ek besluit om dit oor op te neem met ’n meer hedendaagse gevoel. Dit is ook my geskenk aan die meisie in die liedjie, saam met wie ek vanjaar ons tiende huweliksherdenking vier,” vertel Jak. Hugo Ludik en Vaughan Gardiner het die nuwe weergawe verwerk. Hugo is ’n lid van die groep, ADAM. Soos wat ons dit opgeneem het, het ons net besef hoe mooi ’n klomp harmonieë sal werk op die nuwe weergawe en dis iets waarin dié groep spesialiseer. Soos wat dinge gevorder het, het ons agtergekom dat dit eintlik fantasties sal wees as hulle meer doen as net harmoniseer. Toe besluit ons om ADAM deel te maak van die liedjie.”

ADAM, wat bestaan uit Reynardt Hugo, Hugo Ludik en Kyle Grant, is een van die gewildste mansmusiekgroepe in die land. Drie van hulle albums, ADAM (2011), Vir Jou Gemaak (2012) en Goud (2012), het gouestatus bereik. In 2014 is hulle liedjie, Sal Oorlog Vir Jou Maak, ingesluit as deel van die klankbaan van die plaaslike lokettreffer, Pad Na Jou Hart, en het dit ’n oornagsukses geword. Nie net het die treffer op die nommer een posisie van radiostasies se speellyste gepronk nie, maar dit is ook vereer met ’n Huisgenoot Tempo-benoeming vir Liedjie van die Jaar en ’n Ghoema-toekenning vir Liedjie van die Jaar. Ander Ghoema-musiektoekennings op hulle kerfstok sluit in Beste Nuweling (2011) en Groep van die Jaar (2015). Die album, Hoogtevrees, het in 2017 ook twee Ghoema-toekennings (Groep van die Jaar en Beste Album deur ’n Groep of Duo) en ’n SAMA-toekenning vir Beste Popalbum opgeraap en die titelsnit, wat deur Hugo en Reynardt geskryf is, het verskeie weke bo-aan die treffersparades van groot radiostasies gekuier.

Oor die geleentheid om saam met Jak de Priester te werk aan die hervrystelling van sy grootste treffer, sê Hugo: Ons al drie het grootgeword met hierdie liedjie, wat ’n belangrike rol iewers in ons lewe gespeel het. Dis vir ons ’n baie groot eer om deel te kan wees van die nuwe vrystelling van een van die grootste liedjies in Afrikaanse geskiedenis. Jak wou ’n weergawe van SALLY WILLIAMS NOUGAT doen wat sou klink asof dit vandag geskryf en vervaardig is - met die klanke en styl van hedendaagse popmusiek. Ons is baie opgewonde oor die klank, emosie en gevoel wat die nuwe weergawe gee en hoop dit skep weer nuwe belangstelling, veral onder die jonger generasie, oor een van die grootste poptreffers van alle tye.” Die groep se nuutste album, Bewe, is aan die begin van die 2018 vrygestel en baie goed ontvang. Hulle werk tans baie hard daaraan om te verseker dat hulle musiek soveel ore as moontlik bereik.

Buiten vir SALLY WILLIAMS NOUGAT, wat in die FAK Sangbundel opgeneem is, is Jak ook bekend as die skrywer en sanger van verskeie temaliedjies vir kykNET-televisiereekse en flieks, waaronder die gewilde sepie, Binnelanders, 10 uit 10, Hoener met die Rooi Skoene en Reis na Gister, waarvan hy ook die aanbieder is. Die reeks wat reeds vir vyf seisoene op die kassie is, het vir hom in 2015 ’n nominasie as Aanbieder van die Jaar besorg.

Ter viering van sy vol en suksesvolle loopbaan, het hy in 2017 sy negende ateljee-album, 15 JAAR, uitgereik, wat opwindende samewerkings met kunstenaar soos Steve Hofmeyr, Dr Victor, Bianca Pelser, Koos Kombuis en Charl du Plessis (die pianis) insluit. Soen die Reën, saam met Steve Hofmeyr, is binne vier-en-twintig-uur na vrystelling deur 107 000 mense geluister op Vimeo en sosialemedia het behoorlik gegons oor die twee sterre se emosionele duet.

Die ster is tans besig met voorbereidings vir sy Geel Jou Hart Vir Liefde-vertoning, wat aan die einde van die jaar in die Kaap en ook in Gauteng plaasvind. “Ons samel dierekos in hierdie Desembermaand vir SPCA. Daar sal vyf konserte in die Kaap wees by Die Boer en ses by Die Blou Hond in Pretoria!,” deel hy. Verder beplan hy ook sy eerste kunsuitstalling vir Februarie 2019, met die titel Op ’n ander planeet, wat twintig van sy eie oorspronklike werke sal insluit.

Jak de Priester en ADAM is baie opgewonde om die nuwe weergawe van SALLY WILLIAMS NOUGAT op 16 November 2018 aan Suid-Afrika bekend te stel en belowe dat dit die hoendervleismooi sukses van die debuut-weergawe sal oortref. “Met die nuwe vrystelling hoop ek dat luisteraars die nostalgie van die ouer weergawe sal ervaar, maar ook die opwinding van dié nuutskepping sal geniet,” voeg Jak by.

Die liedjie is nou op iTunes te koop. Klik hier om af te laai: https://itunes.apple.com/za/album/sally-williams-nougat-feat-adam/1444583788?i=1444583790

SOSIALEMEDIASKAKEL

JAK DE PRIESTER
Facebook: https://www.facebook.com/jakdepriester/
Twitter: @JakDePriester
Instagram: @jakdepriester
Webblad: www.jakdepriester.co.za

ADAM
Facebook:
https://www.facebook.com/adamgroep/
Twitter: @adamgroep
Web: www.adamband.co.za

Jak De Priester Releases New Version Of His Hit Sally Williams Nougat Ft. Adam

SALLY WILLIAMS NOUGAT is not only the hit that officially launched acclaimed singer, songwriter and poet, Jak de Priester’s music career fifteen years ago. It is also a song that means the world to him, because it is literally a chapter taken from his own love story.

Long ago, my girlfriend introduced me to Sally Williams Nougat at the Groenkloof Spar, which was not far from the garden cottage I used to live in. We always bought and ate it there, so it is a bit of a romantic thing. She then decided to go to London for two years and I stocked her suitcase with a lot of Sally Williams. On the evening we said our goodbyes at the airport, I was devastated and went home where I wrote a song about everything that we had done together. That is what the song is about… it is a song about missing the one that you love,” reveals the artist about the meaning behind his debut single.

Now, years later and in celebration of Jak and his wife, Michelle’s (the girl he misses in the song) tenth wedding anniversary, the singer has decided to rerelease a brand new version of his greatest hit with the help of the pop trio, ADAM.

My voice have developed a lot since sixteen years ago when the song was recorded for the ATKV Crescendo Competition. Because it is possibly going to be the song that I am remembered for, I decided to record a new rendition that is more current. It is also my anniversary gift to the woman I have been married to for the past ten years,” Jak explains. Hugo Ludik and Vaughan Gardiner produced the new track. Hugo is a member of ADAM. While we were busy recording, we realised that it could be great to add some extra harmony to the new track, which is something that ADAM specialises in. As we progressed, we decided that the group should be even more involved and that is how they officially became part of the song.”

ADAM, consisting of Hugo Ludik, Reynardt Hugo and Kyle Grant, is one of the most popular pop groups in the country. Three of their albums ADAM (2011), Vir Jou Gemaak (2012) and Goud (2012), reached gold status. In 2014, the group’s single, Sal Oorlog Vir Jou Maak, shot to fame after being included on the soundtrack of local box office hit, Pad Na Jou Hart. The song was not only a hit on various radio stations, but also received a Ghoema Award for Song of the Year as well as a Huisgenoot Tempo nomination in the same category. In addition, they have been awarded Ghoemas for Best Newcomer (2011) and Group of the Year (2015). Their album, Hoogtevrees also won two Ghoema Awards in 2017 (Group of the Year and Best Album by a Group or Duo) and a SAMA Award for Best Pop Album. The titular track, written by Hugo and Reynardt, topped the music charts of some of the biggest radio stations in the country.

About the opportunity to collaborate with Jak de Priester on reviving one of his biggest hits, founding member Hugo Ludik says: “All three of us grew up with this song playing an important role somewhere in our lives. It is a huge honour to be part of the revival of one of the greatest hits in Afrikaans history. Jak wanted to create a rendition of SALLY WILLIAMS NOUGAT that included elements of modern day pop music. We are very excited about the sound, emotion and style of the new single and hope that it captures the hearts of fans, especially younger listeners, all over again” The group’s latest album, Bewe, was released at the beginning of 2018 and was very well received. They are working hard at reaching as many new listeners as possible with their music.

Aside from the success he has achieved with SALLY WILLIAMS NOUGAT, which was included in the FAK Songbook, Jak is also known as the singer and lyricist behind various kykNET television shows and films, including popular soap opera, Binnelanders, 10 uit 10, Hoener met die Rooi Skoene and Reis na Gister, of which he is also the presenter. The season has already been running for five seasons and secured him a nomination for Television Presenter of the Year in 2015.

In celebration of his thriving career, he released his ninth studio album, 15 JAAR (15 Years), in 2017 which included some exciting collaborations with artists such as Steve Hofmeyr, Dr Victor, Bianca Pelser, Koos Kombuis and Charl du Plessis (the pianist). Soen die Reën, a heartfelt duet with Steve Hofmeyr, had 107 000 views within the first twenty four hours after it was released on Vimeo and caused quite a stir on social media.

The singer is currently busy with preparations for his Geel Jou Hart Vir Liefde Show, which will be taking place in Cape Town and Gauteng at the end of the year. “The December we will be collecting pet food for the SPCA. There will be five shows in Cape Town, at Die Boer, and six at Die Blou Hond in Pretoria!,” he shares. Furthermore, he is also working on his first art exhibition, titled On A Different Planet, which is scheduled for February 2019 and will include twenty of his own original pieces.

Jak de Priester and ADAM are very excited about sharing the new and improved version of SALLY WILLIAMS NOUGAT with South Africans on 16 November 2018 and promises that it is going to exceed the success of its chillingly beautiful predecessor. “I hope that listeners will be able to experience the nostalgia of the first release when listening to the new song, but also be able to enjoy it in its new format,” Jak concludes.

The song is now available on iTunes. Click here to download it: https://itunes.apple.com/za/album/sally-williams-nougat-feat-adam/1444583788?i=1444583790

SOCIAL MEDIA LINKS

JAK DE PRIESTER
Facebook: https://www.facebook.com/jakdepriester/
Twitter: @JakDePriester
Instagram: @jakdepriester
Website: www.jakdepriester.co.za

ADAM
Facebook:
https://www.facebook.com/adamgroep/
Twitter: @adamgroep
Instagram: @adambandsa
Website: www.adamband.co.za