Saarkie Stel Nuwe Musiekvideo Vry!

Embedded thumbnail for Saarkie Stel Nuwe Musiekvideo Vry!
Friday, July 26, 2019 - 12:03

Die immers gewilde rock-groep, SAARKIE, het onlangs hulle nuwe enkelsnit, Suidwes-Afrika, vrygestel wat reeds op talle trefferparades landswyd pronk. Nou volg die musiekvideo van hièrdie gewilde liedjie.

Die lied is geskryf deur Adèle Fouché, Lila Botha en voormalige lid, Erika Pretorius.

Die video is geskiet by die Visrivier Canyon. Ons avonture gee vir ons inspirasie vir ons liedjies -  ons het die Visrivier Canyon in Namibië gaan stap wat 90km in totaal is.  Ons was 19 vriende waarvan 9 verdwaal het en vir 3 dae weggeraak sonder kos of water! Hulle is uiteindelik gevind en dit was baie traumaties vir almal,” vertel Lila, die drommer van die groep.  

Mjön van Blommestein (een van die lede van Saarkie) het met die kreatiewe konsep na vore gekom, die regie behartig en die video is vervaardig deur Girl with Hat Productions (Mjön se maatskappy). “Ons het ook gebruik gemaak van ‘n drone (Andy van www.nowaytoofar.de) om van die skote oor die Visrivier Canyon te verfilm,” vertel Mjön.

Die lied sal altyd vir ons spesiaal bly omdat dit ‘n lewenservaring was wat ons altyd sal onthou.  Die Canyon is ongelooflik mooi en ons het die staptoer vreeslik geniet.  Toe ons vriende nie by die eindpunt aangekom het teen sonsonder nie, het ons geweet iets is verkeerd.  Baie mense het gehelp soek na hulle en ons was so bly toe almal veilig terug is. Die liedjie is spesiaal want dit was hoe ons gevoel het op daardie oomblik toe almal na hulle gesoek het,” voeg Lila by.

SAARKIE bestaan uit Adèle Fouché (kitaar- en mondfluitjiespeler, voorsanger en liedjieskrywer), Lila Botha (dromspeler en agtergrondstem) en Mjön van Blommestein (baskitaar-, ukulele- en mondfluitjiespeler, agtergrondstem, en mede-liedjieskrywer) en vier vanjaar hulle tiende bestaansjaar. Hulle word beskou as een van die mees suksesvolle rockgroepe in die land.

Kyk video hier:
https://youtu.be/zuYBUJ1OBio

Kry Suidwes-Afrika op hierdie digitale platforms:
Spotify: https://open.spotify.com/track/0gPcC9ZP5iVadNmqYzfzzt?si=UE5QuPGcS1WXX1inGrctAw
Deezer: http://www.deezer.com/track/406540612
iTunes: https://itunes.apple.com/za/album/suidwes-afrika/1282128919?i=1282128931

Kry die volle album, Queen van die Toorbos hier:
https://itunes.apple.com/za/album/queen-van-die-toorbos/1282128919

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook:
https://www.facebook.com/saarkieband/
Twitter: @SaarkieBand
Instagram: @saarkieband
Webblad: www.saarkie.com

NAVRAE
Besprekings

Elize Fouché
Sel: 082 575 3184
E-pos: info@saarkie.com

Publisiteit & Bemarking
Starburst Promosies
Gizela Arndt
Sel: 083 399 6869
E-pos: gizela101@gmail.com
Webblad: www.starburstmusic.co.za

Saarkie Releases New Music Video!

The popular all-girl rock group, SAARKIE, recently released their new single, Suidwes-Afrika, which has since been on top of the charts nationwide, and now, the music video of this popular song has just been released.

The track is written by Adèle Fouché, Lila Botha and former member, Erika Pretorius.

The video was filmed at the Fishriver Canyon. Our adventures give us our inspiration for new songs – we hiked at the Fishriver Canyon in Namibia, which is 90km in total. We were 19 friends of which 9 got lost for 3 days, stuck without food and water! Eventually they were found, but it was very traumatic for everyone,” says Lila, who drums for the group.

Mjön van Blommestein (also a Saarkie member), was responsible for the creative concept. She was also the director of the video and the video was produced by Girl with Hat Productions (Mjön’s company).

We also made use of a drone (Andy from www.nowaytoofar.de) to film footage above the Fishriver Canyon,” explains Mjön.

The song will always remain special because it came from an experience that will remain with us forever. The Canyon is extremely beautiful and we thoroughly enjoyed the trip. When our friends wasn’t at the end at sunset, we knew something is wrong. Everyone started looking for them and we were delighted when they were found and safe. The song is special because that is how we felt at that moment while everyone was looking for them,” Lila added.

SAARKIE consists of Adèle Fouché (guitar and harmonica player, lead singer and songwriter), Lila Botha (drums and background singer) and Mjön van Blommestein (base guitar, ukulele- and harmonica player, background singer, and co-songwriter). They’re celebrating their tenth year since creating the band. SAARKIE is seen as one of the most popular rock groups in the country.

Watch video here:
https://youtu.be/zuYBUJ1OBio

Purchase Suidwes-Afrika on these digital platforms:
Spotify: https://open.spotify.com/track/0gPcC9ZP5iVadNmqYzfzzt?si=UE5QuPGcS1WXX1inGrctAw
Deezer: http://www.deezer.com/track/406540612
iTunes: https://itunes.apple.com/za/album/suidwes-afrika/1282128919?i=1282128931

Get the full album, Queen van die Toorbos here:
https://itunes.apple.com/za/album/queen-van-die-toorbos/1282128919

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook:
https://www.facebook.com/saarkieband/
Twitter: @SaarkieBand
Instagram: @saarkieband
Website: www.saarkie.com

ENQUIRIES
Bookings
Elize Fouché
Cell: 082 575 3184
Email: info@saarkie.com

Publicity & Marketing
Starburst Promotions
Gizela Arndt
Cell: 083 399 6869
E-mail: gizela101@gmail.com
Website: www.starburstmusic.co.za