Rolene Strauss Se Inspirasie-Album Is Nou Beskikbaar!

Friday, December 7, 2018 - 14:05

Voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld – Rolene Strauss – se inspirerende gesels-album, SECRETS TO MY GROWTH, is pas vrygestel!

Dié inspirasie-album wat gesproke woord is, is dalk ietwat ongewoon vir die Suid-Afrikaanse mark, maar die lesse wat sy deel is universeel en maak dit verseker dat hierdie die ideale geskenk is vir al die spesiale vroue daarbuite vir Kersfees.

Die album is op alle digitale platforms beskikbaar en sal vanaf volgende week in alle goeie musiekwinkels landswyd te koop wees.

Koop die album hier: https://inhoudhuis.lnk.to/RoleneStrauss

SECRETS TO MY GROWTH is ’n versameling van lewenslesse en stories wat ek met mense wil deel; dit is die dinge wat ek wens ek geweet het toe ek jonger was. Die album het my instaat gestel om my siel te ontbloot soos nog nooit tevore nie en aspekte van myself te deel wat niemand nog ooit gesien het nie”, sê Rolene.

Die boodskappe op SECRETS TO MY GROWTH word gekomplementeer deur pragtige video-insetsels, wat deur Inhoud Huis Musiek vervaardig is en op Rolene se YouTube kanaal gekyk kan word. Rolene meen egter dat die beelde slegs daar is om die woorde aan te vul en dat, alhoewel die beeldmateriaal by die stukkies pas, dit nie die stories in hulle geheel vasvang nie.

Die idee met die video’s is nie om die hele storie te vertel nie, maar net hier en daar ’n saadjie te plant. Dit is dus slegs bydraend en minimalisties. Elke individu moet die boodskappe kan interpreteer, soos nodig, in spesifieke stadiums van sy of haar lewe”, vertel Rolene verder.

Kyk gerus hier na Pretty Hurts en You Are op Rolene se YouTube kanaal:

https://www.youtube.com/channel/UC_sZt1Iz57B_39Gmy8gPPhw

Spoken Word (Gesproke Woord), as ’n genre, is baie gewild oorsee en word beskryf as digkuns vir lewendige optredes. SECRETS TO MY GROWTH is een van die eerste pogings wat plaaslik aangewend word om ’n album in hierdie styl uit te bring.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/OfficialRoleneStrauss/
Twitter: @Rolene Strauss
Instagram: @rolenestrauss
Web: www.rolenestrauss.com

Secrets To My Growth, By Rolene Strauss Now Available!

SECRETS TO MY GROWTH, an inspirational album by former Miss South Africa and Miss World, Rolene Strauss has just been released!

This spoken word album is perhaps a little unusual for South African audiences, but the lessons shared on the album are universal and the perfect choice as a gift for the special ladies in your life this Christmas.

The album is available on all digital platforms and will be in all good music stores from next week.

Buy the album here: https://inhoudhuis.lnk.to/RoleneStrauss

SECRETS TO MY GROWTH is a compilation of life lessons and stories that I would like to share with people; these are the things I wish I had known when I was younger. The album enabled me to bare my soul in way I have never done before, and to share parts of myself that people have never seen,” says Rolene.

The messages on SECRETS TO MY GROWTH are complemented by beautifully shot videos produced by Inhoud Huis Musiek and available for viewing on Rolene’s YouTube channel. She is quick to point out, however, that the images are there to support the words and, while each video is perfectly suited to its accompanying track, it does not portray stories in their entirety.

While the videos offer some imaginative interpretations for the messages I’m trying to convey, they are there to plant a seed, not tell a particular story, and are therefore minimalistic. I want people to interpret each message as it applies to them in that moment, at that particular stage of their lives”, Rolene continues.

Watch the videos for Pretty Hurts and You Are on Rolene’s YouTube channel here:

https://www.youtube.com/channel/UC_sZt1Iz57B_39Gmy8gPPhw

Spoken word as a genre is defined as poetry intended for performance and while popular overseas, SECRETS TO MY GROWTH is one of the first attempts at locally producing an album in this genre.

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook: https://www.facebook.com/OfficialRoleneStrauss/
Twitter: @Rolene Strauss
Instagram: @rolenestrauss
Web: www.rolenestrauss.com