Roerende Nuwe Rolprent Ontbloot Die Harde Werklikheid Oor Verslawing

Friday, November 22, 2019 - 13:16

A MILLION LITTLE PIECES is ’n rolprentverwerking van die 2003-topverkoper met dieselfde naam, deur James Frey, en is ’n emosiebelaaide vertelling van die skrywer se ervaring in ’n rehabilitasiesentrum in die 1990’s.

As alkoholis en dwelmverslaafde, het die drie-en-twintigjarige James twee opsies: dood of rehabilitasie. Nadat hy op ’n vliegtuig wakker word met gesigbeserings en geen benul van wat met hom gebeur het nie, besluit hy om na ’n rehabilitasiesentrum toe te gaan, waar hy meer ontdek as detoks en terapie. Op sy reis om sy lewe, liggaam en siel te herstel, ontmoet hy soortgelyke gebroke siele met dieselfde doel as hy.

A MILLION LITTLE PIECES is die bekroonde regisseur, Sam Taylor-Johnson, se nuutste projek - met Aaron Taylor-Johnson in die hoofrol, wat homself skitterend van sy taak kwyt. Die draaiboek is deur Aaron Taylor-Johnson en Sam Taylor-Johnson geskep en spog met ’n sterk rolverdeling, waaronder Billy Bob Thornton, Juliette Lewis, Giovanni Ribisi, Charlie Hunnam en Odessa Young.

Alhoewel A MILLION LITTLE PIECES nie terughou wanneer dit by die harde realiteite van verslawing kom nie, gaan dit ook oor die herstelproses en vier dit ook liefde, vriendskap en hoop. Dit probeer om ’n realistiese beeld te gee van hoe ’n jongman homself red van selfvernietiging.

Jy lag en huil nooit so hard en intens soos wanneer jy besig is om te rehabilteer nie,” verduidelik die regisseur en draaiboekskrywer. “Dit was belangrik om die perfekte balans te vind tussen die lig en die donker... Ek wil graag hê dat fliekgangers die prent positief moet ervaar en met hoop, eerder as wanhoop sal wegstap.”

A MILLION LITTLE PIECES word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en word amptelik bekend gestel by die Johannesburgse Rolprentfees (21 November by Ster-Kinekor Sandton om 5nm en by Rosebank Nouveau op 23 November om 9nm). Die fliek sal op 7 Februarie 2020 in plaaslike bioskope begin draai.

Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=6hJKG_91qlA

INTERNASIONALE SKAKELS
Facebook:
@amillionlittlepiecesmovie
Instagram: @amillionlittlepiecesmovie
Hashtag: #AMLP_SA

New Movie Highlights The Harsh Realities Of Addiction

A MILLION LITTLE PIECES is the adaptation of the notorious 2003 bestseller with the same name by James Frey, which offered a visceral account of the author’s time at a rehabilitation centre in the 1990s.

An alcoholic and a drug addict, 23 year-old James has two options: treatment or death.

After waking up on a plane with a smashed up face and no memory of the past few weeks, he heads to rehab where he discovers much more than detox and therapy. As James endures the white-knuckle journey of mending his broken body, he heals his broken soul by connecting with other kindred spirits who also yearn and fight for a better life.

A MILLION LITTLE PIECES is the latest film from acclaimed director Sam Taylor-Johnson and stars Aaron Taylor-Johnson in a tour de force performance. Based on the best-selling book by James Frey with a screenplay by Aaron Taylor-Johnson and Sam Taylor-Johnson, the film also stars Billy Bob Thornton, Juliette Lewis, Giovanni Ribisi, Charlie Hunnam and Odessa Young.

While A MILLION LITTLE PIECES doesn’t hold back from displaying the harsh and horrible realities of addiction, it is not only a study of addiction, but also of recovery, love, friendship and hope. It aims to offer a realistic look at how a young man pulls himself back from the brink of self-destruction.

You don’t laugh as hard or cry as intensely as you do when you’re going through recovery,” explains the writer-director. “It was important to think about the balance of that in a way, the balance of the darkness and the light… The biggest thing I’d like is for people to come away with hope and optimism rather than despair.”

A MILLION LITTLE PIECES is distributed by Filmfinity (Pty) Ltd. and will make its official on-screen debut at the Johannesburg Film Festival (21 November at Ster-Kinekor Sandton at 5pm and at Rosebank Nouveau on 23 November at 9pm). The film will be released in South African cinemas on 7 February 2020.

Watch the trailer here: https://www.youtube.com/watch?v=6hJKG_91qlA

INTERNATIONAL LINKS
Facebook: @amillionlittlepiecesmovie
Instagram: @amillionlittlepiecesmovie
Hashtag: #AMLP_SA