Rocco De Villiers Wys Jou In Sy Nuwe Video – Wat Om Te Dra Agter Op ‘n Bakkie

Embedded thumbnail for Rocco De Villiers Wys Jou In Sy Nuwe Video – Wat Om Te Dra Agter Op ‘n Bakkie
Friday, May 10, 2019 - 14:32

Van kakie en velskoen tot pelsjas in 3 minute!

Die bekroonde en uiters begaafde pianis, Rocco de Villiers, is terug met ’n splinternuwe musiekvideo, WAT OM TE DRA AGTER OP ‘N BAKKIE.

Die video met die komiese titel, het twee doeleindes. “Dit is eintlik gebaseer op n ware gebeurtenis toe ek na ‘n konsert, in my konsertklere, agter op ‘n bakkie moes ry, omdat die motor waarin ek gereis het, gebreek het. Ek het ook onlangs twee films oor die lewe van twee van die mees ikoniese verhoogkunstenaars van die laaste eeu gesien. BEHIND THE CANDELABRA, wat handel oor die lewe van die mees flambojante en suksesvolle pianis in wereldgeskiedenis, Liberace en die tweede, BOHEMIAN RHAPSODY, wat handel oor die lewe van die musiekgenie Freddy Mercury. Die video is my tribuut aan hierdie ikone. Vandaar die kroon en pelsjas wat die twee kunstenaars in hulle konserte gebruik en bekend gemaak het,” vertel Rocco.

Die video is in Muldersdrift net buite Johannesburg geskiet. “Ek voel dit pas by die velskoen en kakie - en die landskap is eg Suid-Afrikaans. Die kostuums en die verwerking raak meer en meer ‘wow’ soos ek en die bakkie berg-op beweeg. Die morele waarde van die storie? Hoe meer jy jouself is, hoe makliker is dit om groot hoogtes te bereik,” voeg hy by.

Die enkelsnit en video, WAT OM TE DRA AGTER OP ‘N BAKKIE, is van Rocco se nuutste album, kortbroek, langkouse, wat in 2018 vrygestel is. Die album is deur Murray Lubbe van The Hit Factory vervaardig. Dit is Rocco se veertiende instrumentale album en bou voort op die unieke klavierstyl, eiesoortige komposisies en verwerkings waarvoor hy bekendheid verwerf het.

Kyk die video hier: http://www.youtube.com/watch?v=Cb4WaHX4E24

Koop die album hier: https://roccodevilliers.lnk.to/KortbroekLangkouse

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Web:
http://roccodevilliers.co.za
Facebook: www.facebook/Rocco.de.Villiers
Twitter: @RoccodeVilliers

PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Gizela Arndt
Sel: 083 399 6869
E-pos: gizela101@gmail.com
Webblad: www.starburstmusic.co.za

Rocco De Villiers Shows Us In His Latest Video – What To Wear On The Back Of A Bakkie

From kakie and leather shoes into his furcoat in just 3 minutes!

The well-known and extraordinary pianist, Rocco de Villiers, is back with a brand new music video titled WAT OM TE DRA AGTER OP ‘N BAKKIE.

The video with the amusing title, has two purposes. “It’s actually based on a true story about when I had to travel on the back of a bakkie after a concert, in my outfit, when my car broke down. Recently I also watched two films about the life of two iconic stage artists from the past decade. BEHIND THE CANDELABRA, showing the life of the most flamboyant and successful pianist in world history, Liberace and the second film, BOHEMIAN RHAPSODY, the true story about the musical genius, Freddy Mercury. This video is my tribute to these two icons. That explains the crown and the furcoat, both which these artists used in their shows and made them famous,” explains Rocco.

The video was shot in Muldersdrift just out of Johannesburg. “I feel the scene fits perfectly with my leather shoes and kakie – and the landscape is truly South African. The outfits and the process gets more and more “wow” as we move up the mountain. What’s the moral of this story? Just be yourself and you’ll find it easier to reach greater heights!,” he added.

The single and video, WAT OM TE DRA AGTER OP ‘N BAKKIE, comes from Rocco’s latest album, kortbroek, langkouse, released in 2018. The album was produced by Murray Lubbe from The Hit Factory. This is Rocco’s fourteenth instrumental album and continue to build on his unique style and compositions that he is famous for.

Watch the video here: http://www.youtube.com/watch?v=Cb4WaHX4E24

Buy the album here: https://roccodevilliers.lnk.to/KortbroekLangkouse

SOCIAL MEDIA LINKS:
Web: http://roccodevilliers.co.za
Facebook: www.facebook/Rocco.de.Villiers
Twitter: @RoccodeVilliers

PUBLICITY & MARKETING
Starburst Promotions
Gizela Arndt
Cell: 083 399 6869
E-mail: gizela101@gmail.com
Website: www.starburstmusic.co.za