Rise In Red Sluit Aan By Nasionale Publisiteitsagentskap

Thursday, May 9, 2019 - 11:18

Die alternatiewe rockgroep van Bloemfontein, RISE IN RED, het pas aangesluit by een van die land se mees gesogte publisiteitsagentskappe, Starburst Promosies. Hulle sluit aan by ’n lang lys bekende en suksesvolle kunstenaars, waaronder ADAM, Jo Black, Early B, Joshua na die Reën, en vele meer, wat ook deel is van hierdie suksesvolle musiekfamilie.

Ons het besluit dat ons ’n meer aggressiewe benadering nodig het wanneer dit by publisteit en bemarking kom. Die regte verhoudings in die musiekbedryf is noodsaaklik en ander kunstenaars het ons aangeraai om Starburst Promotions te nader om ons met hierdie aspek van ons handelsmerk te help,” verduidelik hoofkitaarspeler, Jayson Reynolds oor hulle besluit om saam met so ’n ervare maatskappy te werk. Ons weet dat Starburst Promotions ‘n goeie reputasie met radiostasies en die media handhaaf en voel dat dit is wat nodig is vir RISE IN RED se musiek om die regte ore te bereik. Ons is baie opgewonde oor die vennootskap en voel positief oor die groep se toekoms.”

RISE IN RED is in 2010 gestig deur hoofkitaarspeler, Jayson Reynolds, voorsanger Dustin McCrindle, dromspeler Jaco Novella en baskitaarspeler Kyle Bath. Pierre du Toit het in 2018, as sessiemusikant, oorgeneem as baskitaarspeler.

Die naam RISE IN RED is gekies omdat ons almal Christene is en daarop fokus om ’n boodskap van hoop met ons musiek te bring. Dit pleit inderwaarheid by luisteraars om op te staan vir dit waarin hulle glo,” sê Reynolds.

Die groep, wat bekendheid verwerf het vir hulle inspirerende lirieke en strelende klank, is hoofsaaklik begin as ’n projek wat gemik was op liedjieskryf en –vervaardiging, maar teen 2015 het hulle dit reggekry om hulle eie unieke styl te skep en begin fokus op lewendige optredes.

Sedertdien het hulle van krag-tot-krag gegaan en die verhoog gedeel met verskeie groot name, waaronder Prime Circle tydens hulle Let The Night In-toer en weer by Walter Sisulu Botaniese Tuine, asook AKING, Dan Patlansky, Francois van Coke en vele meer.

In 2017 het die groep hulle eerste drie enkelsnitte – Rhythm & Blues, Alright en Voices – opgeneem en vrygestel en was aan die begin van 2019 terug in die ateljee om liedjies op te neem vir hulle debuut-album, wat eersdaags vrygestel sal word.

Ons glo dat ons musiek en album ’n moderne benadering tot die rock-genre bied en dat dit iets is wat Suid-Afrika nodig het.” voeg Jayson by.

Starburst Promotions, wat al vir jare lank van die land se grootste en mees bekroonde kunstenaars verteenwoordig, is baie opgewonde oor die vooruitsig om saam met RISE IN RED te werk en het baie opwindende planne vir dié groep in die pyplyn.

Ons is baie opgewonde om RISE IN RED te verwelkom. Ons missie en visie is nog altyd om kwaliteit-musiek aan die publiek bekend te stel en dit maak my baie opgewonde wanneer ons die geleentheid en voorreg kry om met sulke talentvolle musikante te werk. Ek glo daar wag groot dinge op hierdie groep,” sê Alishia van Deventer, besturende direkteur van Starburst Promosies. “Ons sien uit daarna om binnekort hulle nuwe enkelsnit en debuut-album met luisteraars te deel.”

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/riseinred/
Instagram: @riseinred
Webblad: www.riseinred.com
SoundCloud: https://soundcloud.com/riseinred
YouTube: http://youtube.riseinred.com

Rise In Red Signs With National PR Agency

The Bloemfontein based alternative rock band, RISE IN RED, has just signed with the prestigious national PR Agency, Starburst Promotions. They join a long list of successful local talent, such as ADAM, Jo Black, Early B, Joshua na die Reën and more, who are also part of this sought-after musical family.

We as a band decided that we needed to take a more aggressive approach to the marketing and PR of our brand. We understand that connections and relationships are key in the music industry and having been given great recommendations by other artists, we decided to approach Starburst Promotions to take care of this aspect of our business”, explains lead guitarist Jayson Reynolds about their decision to sign with such an experienced publicity team. We know they have an excellent reputation with radio stations and media outlets and we felt that this is the kind of connection we need for RISE IN RED to reach the right people. We’re extremely excited and feel positive about both the partnership and the future of the band.”

RISE IN RED was founded in 2010 by lead guitarist, Jayson Reynolds, singer Dustin McCrindle, drummer Jaco Novella and bassist Kyle Bath. In 2018 Pierre du Toit joined the band as a session bassist.

The name RISE IN RED was established by me. We are all Christians and our inspiration for writing songs is always centred on our beliefs. That’s why we focus on bringing a message of hope. Our name appeals to listeners to stand up for their faith,” says Reynolds.

The band, which is known for their inspiring lyrics and captivating stage presence, mainly focused on song-writing and establishing a specific sound for many years. After a number of members came and went, the band developed and established its unique sound and vision and moved towards live performances during beginning 2015.

Since then, they have had many career highlights and shared the stage with big names such as Prime Circle on their Let the Night In winter tour and then again at the Walter Sisulu Botanical Gardens. The band also played alongside AKING, Dan Patlansky, Francois van Coke and other notable acts.

In 2017 they recorded and released three singles – Rhythm & Blues, Alright and Voices – and returned to the studio at the beginning of 2019 to record their debut album, which will be available soon.

We believe that our music and our album, as a whole, provides a modern approach to rock music and it’s something that we feel South Africa needs.” Jayson adds.

Starburst Promotions, who has been representing some of the biggest names in the industry for years, is very excited about the prospect of working with RISE IN RED and has big and exciting things planned for them in the future.

We are very excited to welcome RISE IN RED. Our mission and vision has always been to introduce quality music to the public. I am always excited when we are fortunate enough to get the opportunity to work with such talented musicians. I truly believe that this band is destined for great things,” says Alishia van Deventer, managing director of Starburst Promotions. “We are looking forward to sharing their debut single and album with listeners soon.”

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook: https://www.facebook.com/riseinred/
Instagram: @riseinred
Website: www.riseinred.com
SoundCloud: https://soundcloud.com/riseinred
YouTube: http://youtube.riseinred.com