Prime Circle To Host Their Own Music & Lifestyle Festival: Prime Fest – A Jacaranda Fm Music Experience

Monday, October 1, 2018 - 11:43

There doesn’t seem to be much that PRIME CIRCLE can’t do well! They’ve got the countless awards; the sold-out local and internationals tours; the string of chart-topping hits and top-selling albums! They have stood the test of time as one of South Africa’s biggest and best rock bands over the past 17 years. And they’re now launching their own music and lifestyle festival, Prime Fest, on November 10 at Casalinga in Muldersdrift.

When PRIME CIRCLE started this new journey with the release of their most recent album, If You Don’t You Never Will, the band decided that it was time to make their dream of starting their own music festival a reality. With the help of some friends, they managed to put together a powerhouse of musical acts.

The festival, in association with Jacaranda FM, will feature a wide range of artists that the band have come to love sharing the stage with. The line-up will include some of SA’s top acts across a variety of genres from rock to rap to dance in English, Zulu and Afrikaans. Riky Rick, Majozi, Jo Black, Mafikizolo, GoodLuck, Fokofpolisiekar, Timo ODV and Martin Bester and Band will join PRIME CIRCLE on stage.

We are so excited to bring Prime Fest to our fans. This festival is not a show about us. It is about giving our fans and music fans an event where we have the artists who love to play music and entertain and have combined it with an outdoor experience. Casalinga is the perfect location for this event, as they are no strangers to hosting great outdoor and lifestyle festivals,” says PRIME CIRCLE frontman, Ross Learmonth.

Festivalgoers will be spoilt for choice on the day. Apart from the star-studded music line-up, there will be a wide range of food stalls, an AMG Driving Academy Extreme 4x4 Experience presented by Mercedes-Benz (the festival’s sponsor), children’s play area and many more activities for the entire family.

And the cherry-on-the-top will be the launch of their own beer, Prime Lager (through Nobleman Breweries), at the festival.

PRIME CIRCLE is made up off Ross Learmonth (vocals and guitar); Marco Gomes (bass); Dale Schnettler (drums); Neil Breytenbach (keyboard) and Dirk Bisschoff (guitar).

Tickets, from R240 per person, will be available from Computicket

ABOUT THE TICKETS
Early Bird Tickets (valid until 30 September):
General Access: R200
Children (up to 12): R100
Covered Area: R475 (includes access to covered area with cash bar and bathroom facilities)
VIP Access: R950 (includes VIP Parking, access to VIP lounge with private cash bar and bathroom facilities)

Tickets (1 October – 10 November):
General Access: R240
Children (up to 12): R100
Covered Area: R550 (includes access to covered area with cash bar and bathroom facilities)
VIP Access: R1 100 (includes VIP Parking, access to VIP lounge with private cash bar and bathroom facilities)

Door sales will be available on the day at R280 per person for general access. Children under 3 are admitted free.

ABOUT PRIME FEST
Date: Saturday, 10 November 2018
Time: 11h00 (Gates open at 10h00)
Venue: Casalinga, Rocky Ridge Road, Muldersdrift

SOCIAL MEDIA LINKS
Website: www.primecircleband.com
Facebook: Prime.Circle
Instagram: @Prime_Circle
Twitter: @Prime_Circle
Hashtag: #PrimeFestSA

Prime Circle Begin Hulle Eie Musiek- En Leefstylfees: Prime Fest – ’n Jacaranda Fm-musiekervaring

Dit lyk nie asof daar enigiets is wat PRIME CIRCLE nie goed kan doen nie! Dié groep het immers nie verniet verskeie musiektoekennings; uitverkoopte plaaslike en internasionale toere; ’n lang lys suksesvolle treffers en talle top-verkoper albums op hulle kerfstok nie! Hulle het, oor die afgelope sewentien-jaar, waarlik die toets van tyd deurstaan as een van Suid-Afrika se grootste en mees suksesvolle rockgroepe. Nóú stel hulle ook hulle eie musiek- en leefstylfees bekend, wat op 10 November 2018 by Casalinga in Muldersdrift sal plaasvind.

Toe PRIME CIRCLE hierdie reis begin het met die vrystelling van hulle nuutste album, If You Don’t You Never Will, het die groep besluit dat dit tyd was om hulle droom om ’n fees te hê, ’n realiteit te maak. Met die hulp van vriende, het hulle dit reggekry om ’n versameling van die land se beste musikante te kry om tydens hierdie geleentheid op te tree.

Die fees, in samewerking met Jacaranda FM, sal spog met ’n wye verskeidenheid kunstenaars, waarmee die groep oor die jare graag die verhoog gedeel het. Die program sal hoë gehalte vermaak insluit, wat wissel tussen verskeie genres – van rock tot kletsrym en dansmusiek – in Engels, Zoeloe en Afrikaans. Riky Rick, Majozi, Jo Black, Mafikizolo, GoodLuck, Fokofpolisiekar, Timo ODV en Martin Bester and Band sal saam met PRIME CIRCLE musiekmaak.

Ons is baie opgewonde om Prime Fest met ons aanhangers te deel. Hierdie fees gaan nie oor ons nie. Dit is ’n geleentheid om vir ons aanhangers en ander musiekliefhebbers die kans te gee om na kunstenaars te luister wat dit geniet om op te tree en te vermaak, en dit met ’n buitelug-ervaring te kombineer. Casalinga is die perfekte plek vir hierdie geleentheid, omdat daar reeds talle suksesvolle buitelug- en leefstylfeeste gehou is,” meen PRIME CIRCLE se hoofsanger, Ross Learmonth.

Feesgangers sal op die dag bederf word met ’n groot verskeidenheid aktiwiteite. Buiten vir ’n sterbelaaide-musiekprogram, sal daar ook verskeie kosstalletjies, ’n eksklusiewe AMG Driving Academy 4x4-bestuurervaring deur Mercedes-Benz (die feesborg), ’n speelarea vir kinders en vele meer vir die hele gesin wees om te geniet.

Die kersie op die koek, is natuurlik ook die amptelike bekendstelling van PRIME CIRCLE se eie bierhandelsmerk, Prime Lager (in samewerking met Nobleman Breweries), gedurende die fees.

PRIME CIRCLE bestaan uit Ross Learmonth (voorsanger en kitaarspeler); Marco Gomes (baskitaarspeler); Dale Schnettler (dromspeler); Neil Breytenbach (klawerbordspeler) en Dirk Bisschoff (kitaarspeler).

Kaartjies is beskikbaar, vanaf R240 per persoon, by Computicket.

OOR DIE KAARTJIES
Vooruitbespreekte kaartjies (beskikbaar tot 30 September):
Algemene toegang: R200
Kinders (tot en met 12): R100
Onderdak-area: R475 (sluit toegang in tot onderdak-area met kontantkroeg en badkamergeriewe)
BBP-toegang: R950 (sluit spesiale parkering en toegang tot die BBP-area met privaat-kontantkroeg en badkamergeriewe in)

Kaartjies (1 Oktober – 10 November):
Algemene toegang: R240
Kinders (tot en met 12): R100
Onderdak-area: R550 (sluit toegang in tot onderdak-area met kontantkroeg en badkamergeriewe)
BBP-toegang: R1 100 (sluit spesiale parkering en toegang tot die BBP-area met privaat-kontantkroeg en badkamergeriewe in)

Kaartjies is ook by die deur beskikbaar teen R280 per persoon vir algemene toegang. Kinders, jonger as drie, kan gratis inkom.

OOR PRIME FEST
Datum: Saterdag, 10 November 2018
Tyd: 11h00 (Hekke open om 10h00)
Plek: Casalinga, Rocky Ridge-straat, Muldersdrift

SOSIALEMEDIASKAKELS
Webblad: www.primecircleband.com
Facebook: Prime.Circle
Instagram: @Prime_Circle
Twitter: @Prime_Circle
Hutsmerk: #PrimeFestSA