Plaaslike Lokettreffer Op Pad Beijing Toe!

Embedded thumbnail for Plaaslike Lokettreffer Op Pad Beijing Toe!
Friday, April 6, 2018 - 13:51

Dit is pas aangekondig dat die bekroonde geskiedkundige drama, KROTOA, genooi is om deel te neem aan die agtste Internasionale Rolprentfees in Beijing, wat plaasvind vanaf 15 tot 22 April 2018, om mee te ding vir ’n Tiantan-toekenning! Wenners van hierdie gesogte titel, sal gekies word uit tien verskillende afdelings, insluitend Beste Speelfilm, Beste Regisseur, Beste Akteur, Beste Aktrise, Beste Akteur in ’n Ondersteunende Rol, Beste Aktrise in ’n Ondersteunende Rol, Beste Draaiboek, Beste Kinematografie, Beste Klankbaan en Beste Spesiale Effekte.

Die nuus van die rolprent se insluiting in die fees, volg kort op die hakke van die sukses van hoofrolspeler, Crystal-Donna Roberts, wat onlangs met ’n SAFTA-toekenning vereer is as Beste Aktrise vir haar aangrypende vertolking van hierdie vergete heldin. Die aktrise, wat die toekenningseremonie gaan bywoon en ook binnekort te sien is in die nuwe kykNET-sitkom, Mense Mense, sê: “Dit is my eerste toekenning en dit is ’n groot voorreg om erkenning te kry vir wat ek doen, al het die rolprent nogal baie kontroversie uitgelok. Die storie gaan oor ’n vrou waarvan ons min weet en wat nie regtig genoeg erkenning gekry het vir wat sy vir ons land gedoen het nie, so dit beteken baie dat daar nou ook plaaslik ’n toekenning gegee is wat haar herinnering eer. Hopenlik sal daar in die toekoms nog meer sulke stories uitkom.” 

Armand Aucamp, wat beïndruk het in die rol van Jan van Riebeeck, asook Roeline Daneel (Maria van Riebeeck), Ernest St. Clair (Doman) en regisseur en vervaardiger, Roberta Durrant, gaan ook die glansgeleentheid in Beijing bywoon. “Ons is baie opgewonde oor die benoeming en in ons noppies dat die organiseerders bereid is om my en vier van die akteurs af te vlieg en te huisves gedurende die fees. Dit is ’n riem onder die hart, dat KROTOA steeds soveel belangstelling prikkel en dat haar storie sodoende, deur middel van hierdie feeste, met die wêreld gedeel word,” verklap Durrant oor dié eer wat hulle te beurt geval het. “Dit is ’n baie opwindende geleentheid, want die fliek was al deel van soveel rolprentfeeste regoor die wêreld, maar ons kon dit nog nooit bywoon nie en nou kan ons uiteindelik gaan. Ek sien ook baie uit om buitelandse kykers se reaksie op die film eerstehands te ervaar,” voeg Crystal-Donna by. 

Hierdie indrukwekkende drama, uit die pen van Kaye Ann Williams en Margaret Goldsmid, vertel die ware verhaal van ’n dapper Khoi-prinses, wat van haar stam weggeskeur word om vir Jan van Riebeeck (die eerste goewerneur van die Kaapse Kolonie en haar oom se handelsvennoot) te gaan werk. Sy word na die eerste Fort, wat in 1652 deur die Oos-Indiese Kompanjie gevestig is, geneem waar sy grootword as ’n visionêre jong dame. KROTOA, wat leer om die Nederlandse taal en kultuur goed te verstaan, word ’n invloedryke tolk tussen Jan van Riebeeck en haar eie mense. Vasgevang tussen twee kulture, probeer sy om dié twee wêrelde met mekaar te versoen, wat veroorsaak dat die Khoi-stam haar verwerp en die Nederlanders haar vernietig.  Buiten vir die prestasies wat plaaslik behaal is, spog die fliek reeds met agt internasionale toekennings en talle benoemings deur verskeie rolprentfeeste. Dit is ook gekies as die openingsfilm vir die gala-geleentheid van die Toronto South African Film Festival in Oktober 2017.

KROTOA is vervaardig deur die SAFTA-bekroonde rolprentvervaardigingsmaatskappy, Penguin Films, in samewerking met kykNET, Die Nasionale Rolprent- en Videostigting (NFVF) en die Departement van Handel en Nywerheid (DTI), en is plaaslik versprei deur Ster-Kinekor Entertainment.

SOSIALEMEDIASKAKELS 
Facebook:
https://www.facebook.com/Krotoafilm/   
Twitter: @KrotoaMovie
Instagram: @krotoa_film
Hutsmerk: #Krotoa 
Lokprent: https://www.youtube.com/watch?v=0Yu2-7MkBso

Local Blockbuster Is Heading To Beijing! 

It has just been announced that the acclaimed historical drama, KROTOA, has been invited to attend the eighth Beijing International Film Festival, from 15 to 22 April 2018, to compete for a prestigious Tiantan Award! Winners of this coveted title will be selected from ten categories, including Best Feature Film, Best Director, Best Actor, Best Actress, Best Supporting Actor, Best Supporting Actress, Best Screenplay, Best Cinematography, Best Music and Best Special Effects

The news of the film’s inclusion in the festival, follows closely on the heels of the success of leading lady, Crystal-Donna Roberts, who has just won a SAFTA for Best Actress for her captivating portrayal of this forgotten heroin and who will also be attending this glamorous event. Roberts, who is currently starring in kykNET’s brand new sitcom, Mense Mense, says: “It is amazing to get recognition for my craft, especially considering the controversy surrounding this film. It is a story about a woman who few people know about and whose contribution to our country is barely recognized. Although the film won international awards, it just means so much for her memory that it has now also received a local award. Hopefully this will lead to the discovery of many similar stories in the future.” 

Armand Aucamp, who impresses in the role of Jan van Riebeeck, as well as Roeline Daneel (Maria van Riebeeck), Ernest St. Clair (Doman) and award-winning director and producer, Roberta Durrant, will also be attending the festival in Beijing. “We are very excited for this award and thrilled that the organisers of the festival offered to fly and accommodate four cast members and the director to Beijing. The continued interest in KROTOA is remarkable and it is very encouraging that her story continues to travel the globe via these festivals,” shares Roberta Durrant, about this latest accolade. “It is so exciting because the movie has been featured at various international film festivals, but we have never had the opportunity to attend until now. I am looking forward to experiencing, first-hand, the reaction of international audiences to the film,” Crystal-Donna adds.

Written by Kaye Ann Williams and Margaret Goldsmid, this impressive drama tells the true story of a brave Khoi princess, who is removed from her close-knit Khoi tribe to serve Jan van Riebeeck, her uncle’s trading partner. She is brought into the first Fort, established by the Dutch East India Company in 1652. There she grows into a visionary young woman, who assimilates the Dutch language and culture so well that she rises to become an influential interpreter for van Riebeeck, who became the first Governor of the Cape Colony. KROTOA ends up being rejected by her own Khoi people and destroyed by the Dutch, when she tries to find the middle way between the two cultures.
Aside from its exceptional local achievements, the movie has won eight international awards and has received numerous selections from various film festivals. It has also been selected as the gala opening night film at the Toronto South African Film Festival in October 2017.

KROTOA was produced by the SAFTA Award-winning film company, Penguin Films, in association with kykNET, the NFVF and the Department of Trade and Industry and was locally distributed by Ster-Kinekor Entertainment.

SOCIAL MEDIA LINKS 
Facebook:
https://www.facebook.com/Krotoafilm/   
Twitter: @KrotoaMovie
Instagram: @krotoa_film
Hashtag: #Krotoa 
Trailer: https://www.youtube.com/watch?v=0Yu2-7MkBso