Penquin Films En Paw Paw Films Palm Verskeie SAFTA-benoemings In

Monday, February 5, 2018 - 16:41

Die bekroonde rolprentvervaardigingsmaatskappy, Penguin Films, en sy sustersmaatskappy, Paw Paw Films, het pas veertien benoemings opgeraap vir die twaalfde jaarlikse Suid-Afrikaanse Fliek- en Televisietoekennings (SAFTAs)!

Roberta Durrant en Mandilakhe Yengo, die gesoute regisseurs en kreatiewe vervaardigers van die maatskappy, is in hulle noppies met hierdie nominasies en is dankbaar vir die wonderlike akteurs en filmspanne saam met wie hulle aan hierdie projekte kon werk en wens hulle sterkte toe vir die toekenningsgeleentheid.

Die tweede seisoen van hulle gewilde telenovela, Ring of Lies, is in vyf kategorieë benoem, wat insluit:

Beste Prestasie vir Oorspronklike Musiek of Klankbaan in ’n Telenovela: Komponis, Ngane Sikobi;

Beste Prestasie vir Na-produksie in ’n Telenovela: Na-produksiespan, Stash Couvaras, Maryke Kruger, Talya Jay Kahan, Ambonga Mfundisi en Tanya von Abo;

Beste Prestasie vir Kinematografie in ’n Telenovela: Fotoregisseurs - Ntobeko Dlamini en Marc Brower; 

Beste Akteur in ’n Telenovela: Mpho Sebeng; en

Gewildste Telenovela volgens die Publiek.

Plaaslike lokettreffer, Krotoa, het met nie minder as drie benoemings weggestap nie, waaronder:

Beste Aktrise in ’n Speelfilm: Crystal-Donna Roberts;

Beste Ondersteunende Aktrise in ’n Speelfilm: Roeline Daneel; en

Beste Prestasie vir Kostuumontwerp in ’n Speelfilm: Emma Moss.

Drie van hulle gewilde televisiereekse, Isikizi 2, Z’Bondiwe 3 en Sara se Geheim 1, is ook met vyf benoemings vereer.

Isikizi 2:

Beste Prestasie vir Oorspronklike Musiek of Klankbaan in ’n Televisiedrama:

Komponis, Murray Anderson en Sanger, Phila Madlingozi; asook

Beste Ondersteunende Aktrise in ’n Televisiedrama: Tina Jaxa.

Z’Bondiwe 3:

Beste Aktrise in ’n Televisiedrama: Zola Nombona; en

Beste Prestasie vir Grimering en Haarstilering in ’n Televisiedrama:

Hoof van Hare en Grimering, Ellaine Ngubeni.  

Sara se Geheim 1:

Beste Ondersteunende Aktrise in ’n Televisiedrama: Quanita Adams

Die wenner van laasjaar (2017) se SAFTA vir Beste Kinderprogram, Disney Cookabout, wat deur Penguin Films en Disney VK vervaardig is, is weer in dieselfde afdeling benoem. Dit is ook vanjaar genomineer vir ’n Internasionale Kinder Emmy-toekenning.

Die amptelike SAFTA-toekenningseremonie vind, oor ’n tydperk van drie dae, by Suin City plaas vanaf 22 tot 24 Maart 2018.

Vir meer inligting oor die benoemings, besoek https://www.facebook.com/saftassa/

SOSIALEMEDIASKAKEL
Twitter: @Penguin_PawPaw
Hutsmerk: #SAFTAS12Nominees

Various SAFTA Nominations For Penquin Films And Paw Paw Films

The award-winning film company, Penguin Films, and its sister company, Paw Paw Films, have just scooped up fourteen nominations for the 12th Annual South African Film and Television Awards (SAFTAs)!

Acclaimed directors and creative producers, Roberta Durrant and Mandilakhe Yengo, are thrilled with the nominations and would like to congratulate the wonderful cast and crew they have worked with and wish them all the best for the awards ceremony!

The second season of the popular telenovela, Ring of Lies, has been nominated in five categories, including:

Best Achievement in Original Music or Score/ Telenovela: Composer: Ngane Sikobi;

Best Achievement in Post Production/ Telenovela: Post Production Team - Stash Couvaras, Maryke Kruger, Talya Jay Kahan, Ambonga Mfundisi and Tanya von Abo;

Best Achievement in Cinematography/ Telenovela: DOPs - Ntobeko Dlamini and Marc Brower; 

Best Actor/ Telenovela: Mpho Sebeng; and

Best Telenovela by Public Vote.

Critically acclaimed local box office hit, Krotoa, secured three nominations in the following three categories:

Best Actress/ Feature Film: Crystal-Donna Roberts;

Best Supporting Actress/ Feature Film: Roeline Daneel; and

Best Achievement in Costume Design/ Feature Film - Wardrobe HOD: Emma Moss.

Three of their popular drama series, Isikizi 2, Z’Bondiwe 3 and Sara se Geheim 1, scooped up another five nominations.

Isikizi 2:

Best Achievement in Original Music or Score/ TV Drama:

Composer - Murray Anderson

Singer - Phila Madlingozi; and

Best Supporting Actress/ TV Drama: Tina Jaxa.

Z’Bondiwe 3:

Best Actress/ TV Drama: Zola Nombona; and

Best Achievement in Makeup and Hairstyling/ TV Drama:

Hair & Make-Up HOD - Ellaine Ngubeni.  

Sara se Geheim 1:

Best Supporting Actress/ TV Drama: Quanita Adams

Former Best Children’s Programme SAFTA-winner (2017), Disney Cookabout, produced by Penguin Films and Disney UK, has been nominated once again in the same category. It has also been nominated for an International Kids Emmy Award this year.

The official SAFTA Awards Ceremony will be held at Sun City and will take place over three days, from 22 to 24 March 2018.

For more information about the nominees, visit https://www.facebook.com/saftassa/

SOCIAL MEDIA LINK
Twitter: 
@Penguin_PawPaw
Hashtag: #SAFTAS12Nominees