Nuwe Heuning-enkelsnit Is ’n Maatstaf Van Hul Sukses

Monday, May 7, 2018 - 11:22

Suid-Afrika se bekroonde country-duo is terug met ’n splinternuwe enkelsnit,MAATSTAF VIR MY HART, wat nie net gaan voortbou op die unieke moderne country-popstyl waarvoor hulle bekendheid verwerf het nie, maar ook die kieskeurigste musiek-oor tevrede sal stel. 

Heuning, wat bestaan uit Jeanette Pretorius en Hansie Roodt, se nuutste vrystelling kombineer ’n lekkerluisterwysie met hoendervleismooi lirieke, wat sommer dadelik diep in jou hart kruip wanneer jy dit hoor. Die liedjie is deur Vaughan Gardiner geskryf en gaan oor ’n persoon wat haar geliefde verloor het, maar die positiewe daaruit haal deur hulle tyd saam te koester en alle potensiële verhoudings te meet aan die liefde wat hulle gedeel het.“Ek skryf gewoonlik self ons musiek, maar toe ons hierdie snit hoor het ons dadelik daarvan gehou omdat dit perfek pas by die styl wat ons wil oordra,” verduidelik Jeanette. “Ek dink dat baie mense met die lirieke sal kan vereenselwig en die musikale kant daarvan is opgewek en energiek.”

Dit is die groep se eerste opname met Hansie as nuwe lid en hulle hoop dat hulle musiek vir luisteraars iets sal beteken, al is dit net om hulle te laat glimlag na ’n lang dag. Die enkelsnit is die eerste vrystelling vanaf hulle nuwe album, wat later vanjaar uitkom en daar word ook reeds aan ’n musiekvideo beplan. 

Heuningse selfgetitelde debuutalbum is in 2012 uitgereik en was onmiddellik ’n treffer onder jonk en oud. Nie net het dit in 2013 ’n Ghoema-toekenning vir Beste Country-albumen ’n HuisgenootTempo-benoeming vir Beste Nuwelingopgeraap nie, maar ook talle radiotreffers opgelewer, waaronderAs ek Val,Bietjie Langer Bly,Drome,Skreeen Ek Wil Met Jou Dans, asook talle suksesvolle musiekvideos wat vandag nog op die kassie te sien is. Die vrystelling van hulle album, Drome, in 2015 het vir hulle die geleentheid gegee om by die Crystal Palace in Bakersfield, Kalifornië, te gaan optree. 

Nadat een van die oorspronklike groeplede, Henk Dercksen, in 2016 besluit het om Spanje toe te gaan was die musiekpaar steeds so in aanvraag dat Jeanette besluit het om die duo vir ’n lewendige orkes te verruil wat baie goeie aftrek gekry het. Hansie, wat op daardie stadium vir die orkes baskitaar gespeel het, het egter so goed ingepas as gevolg van sy talent en veelsydigheid dat daar besluit is om weer terug te keer na die groep se oorspronklike formaat. 

Jeanette Pretoriushet van kleins af ’n passie vir musiek. Sy het op twaalfjarige ouderdom reeds haar debuutalbum by Boet Pretorius van Decibel Musiek opgeneem, waarna vyf ander (waarvan twee kinderalbums en een ’n country-album is) gevolg het. Alhoewel sy van ’n wye verskeidenheid musiek hou, lys sy Martina Mcbride, Carrie Underwood en Patsy Cline as haar grootste musiekinvloede. Dié talentvolle gesinsvrou, is nie net ’n goeie sanger nie, maar ook ’n kranige liedjieskrywer, jodelaar en aktrise, wat al verskeie gasverskynings op die kassie gemaak het. Verder het sy al op verskeie leefstylprogramme opgetree, waaronderJukebox, DKNT, Noot vir Noot, Bravo, Kwêlaen vele meer. Alledaagse dinge wat met my en mense om my gebeur inspireer my om liedjies te skryf. Ek glo dat ’n mens met musiek die negatiewe dinge wat gebeur ook in ’n positief kan laat verander,”sê die blondekop. Daarom glo sy dat sy die beste moet maak van haar Godgegewe talent en wanneer sy nie saam met Hansie optree nie, werk sy kliphard aan haar eie solo-kinderprojek.“Dit is vir my lekker om saam met my mede-musikante musiek uit te leef en om te sien hoe mense dit geniet wanneer hulle daarna luister,” voeg sy by. 

Hansie Roodthet in ’n musikale huis grootgeword. Sy pa was ’n meesterkitaarspeler, saam met wie sy ma soms gesing het en sy broers is ook gesoute musikante. Sy loopbaan het egter eers in 2010 afgeskop, maar sedertdien was daar al baie hoogtepunte en kon hy al saam met baie bekendes musiekmaak, waaronder Mel Botes. Hy geniet ’n breë spektrum musiekgenres, wat wissel van Jazztot Heavy Metal, en het groot waardering vir John Petrucci en Mark Knopfler se werk. As hy nie ’n musikant was nie, sou hy graag ’n weermagvlieënier wou word: “Ek dink dat ’n mens daar in die wolke ongelooflike vryheid kan beleef... en dames hou dan so baie van ’n man in ’n uniform,”vertel hy met ’n vonkel in die oog. Die bedryf het hom geleer om altyd voorbereid te wees vir jou vertonings, omdat daar niks so sleg is as om saam met iemand te werk wat nie weet wat aangaan nie. Wanneer hy nie optree nie, is hy die musiekkoördineerder by sy kerk en gee hy kitaarlesse. Die lekkerste ding van my beroep is om nuwe mense te ontmoet, deur die land te toer en om te sien hoe musiek mense raak,”sê hy.

Die sangpaar het nog baie planne en drome en sal graag in die toekoms wil hê dat hulle musiek soveel as moontlik plaaslike en internasionale gehore moet bereik. MAATSTAF VIR MY HARTgaan nie net ’n gunsteling wees op al wat treffersparades is nie, maar gaan ook voortbou op die sukses wat Heuningreeds bereik het as ’n alternatiewe country-duo met musiek wat direk met die hart praat.

Die enkelsnit word op 7 Mei 2018 amptelik vrygestel en sal aanlyn beskikbaar wees.

iTunes-skakel:https://itunes.apple.com/za/album/maatstaf-vir-my-hart/1374774827?i=1374774832
 

BESPREKINGS

E-pos:bookings@heuningband.com

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook:https://www.facebook.com/Heuning
Twitter:@HeuningOfficial
Instagram:@heuningband
YouTube: https://www.youtube.com/user/HeuningTelevisie

A NEW SINGLE FOR HEUNING 

South Africa’s award-winning country duo is back with a brand new single, MAATSTAF VIR MY HART, which not only builds on the unique country-pop style they’ve become famous for, but which also satisfies even the most discerning ear.

The latest release by Heuning – the double act made up of Jeanette Pretorius and Hansie Roodt – combines an easy listening tune with goosebump-worthy lyrics that will steal your heart. The song, penned by Vaughan Gardiner, tells the story of someone who has lost her love, but who looks at the positive by cherishing the time they had together and measuring all potential relationships against the love they shared. “I usually write our music myself, but when we heard this song we immediately loved it as it fits perfectly with the style we want to convey,” explains Jeanette. “While the music is upbeat and energetic, I think the lyrics will truly resonate with people.”

The single is the first off their new album, due for release later this year, and a music video is already being planned. It is also the group’s first recording with new member Hansie, and they hope that their music will be meaningful to listeners; even if only to make them smile at the end of a long day.  

Heuning’s self-titled debut album, which was released in 2012, was an instant hit among young and old alike. It not only won a Ghoema Award for Best Country Album and a Huisgenoot Tempo nomination for Best Newcomer in 2013, but also yielded several radio hits, including As ek ValBietjie Langer BlyDromeSkree and Ek Wil Met Jou Dans. In addition, it produced a number of successful music videos. The release of the album Drome in 2015 gave them an opportunity to perform at the Crystal Palace in Bakersfield, California.    

Despite one of the original members, Henk Dercksen, going to Spain in 2016, the group was still in such high demand that Jeanette decided to swap the duo for a live band, which turned out to be very popular. Hansie, who played bass guitar for the band at the time, fitted in so well due to his talent and versatility, that it was decided to return to the group’s original format. 

Jeanette Pretorius has had a passion for music from a very young age. She recorded her debut album with Boet Pretorius of Decibel Music at the age of 12, after which five other albums (including two for children and a country album) followed. Although she loves a wide variety of music, she lists Martina McBride, Carrie Underwood and Patsy Cline as her greatest musical influences. Passionate about family, Jeanette is not only a talented singer, but also an avid songwriter, yodeller and actress. In addition to many guest appearances on television, she has also performed on a number of lifestyle programmes, including Jukebox, DKNT, Noot vir Noot, Bravo, Kwêla and many more. “Everyday things that happen to me and the people around me, inspire my songwriting. I believe that music can help us turn negatives into positives,” says the blonde. That is why she believes that she must make the most of her God-given talent. When she is not performing with Hansie, she is hard at work on her solo children’s project. “I love performing with fellow musicians and seeing how people experience and enjoy the music when listening to it,” she adds.        

Hansie Roodt grew up in a musical household. His dad was a master guitar player with whom his mom often sang, and his brothers are also keen musicians. His career, however, only kicked off in 2010. Since then, he has experienced many highlights and performed with many celebrities, including Mel Botes. He enjoys a wide spectrum of musical genres, ranging from Jazz to Heavy Metal, and has particular appreciation for the work of John Petrucci and Mark Knopfler. If he wasn’t a musician, he would have loved to become an army pilot. “I think that one can experience incredible freedom in the clouds… and ladies do love a man in uniform,” he says with a twinkle in his eye. The industry has taught him to always be prepared for performances, as there is nothing worse than working with someone who doesn’t know what’s going on. When not on stage, he is the music coordinator at his church. He also gives guitar lessons. “The best part of my career is meeting new people, touring the country and seeing how music touches people,” he says.      

The pair has lots of plans and dreams, and hope that their music will continue to reach growing local and international audiences in future. MAATSTAF VIR MY HART is not only going to be a favourite on the charts, but will undoubtedly also build on the success Heuning has already achieved as an alternative country duo whose music speaks directly to the heart.

The single will officially be released on 7 May 2018 and will be available to purchase online.

iTunes link: https://itunes.apple.com/za/album/maatstaf-vir-my-hart/1374774827?i=1374774832

BOOKINGS

E-mail: bookings@heuningband.com 

SOCIAL MEDIA LINKS

Facebook: https://www.facebook.com/Heuning
Twitter: @HeuningOfficial
Instagram: @heuningband
YouTube: https://www.youtube.com/user/HeuningTelevisie