Nuwe Fliek Oor Fox-skandaal Spog Met ’n Sterbelaaide Rolverdeling

Tuesday, November 26, 2019 - 14:21

Elke beroep het sy vereistes en opofferings, maar wat is die prys wat jy (as ’n vrou) moet betaal wanneer jy genoeg moed bymekaar skraap om ’n baie invloedryke man in die publiek aan te vat?

BOMBSHELL, deur die bekroonde regisseur Jay Roach en die draaiboekskrywer Charles Randolph, vertel die opspraakwekkende verhaal van die vroue wat dit reggekry het om een van die grootste en mees invloedryke mediareuse op sy knieë te dwing.

Die rolprent is gebaseer op die ware gebeure wat gelei het tot die Fox News-skandaal, waartydens verskeie vroue die voormalige uitvoerende hoof van Fox NewsRoger Ailes – beskuldig het van seksuele teistering.

Alhoewel die drama ’n werkplek uitbeeld, waarin vroue gereeld afgetakel word oor hulle voorkoms en ongewenste seksuele kommentaar deur manlike bestuurders moet hanteer, fokus dit spesifiek op Ailes se slagoffers en hulle stryd om hom aan die kaak te stel. Dit volg die verhale van veral twee vroue - Gretchen Carlson (puik vertolk deur Nicole Kidman) en Megyn Kelly (gespeel deur ’n byna onherkenbare Charlize Theron). In 2016 het Carlson Ailes gedagvaar vir seksuele teistering, wat daartoe gelei het dat meer vroue, insluitend Kelly, met verdere aantygings teen hom vorendag gekom het.

Margot Robbie is, op haar beurt, weer te sien in die rol van Kayla - ’n jong vervaardiger wat ’n toekoms agter die kamera wil hê. Hoewel haar karakter fiktief is, meen die rolprentmakers dat sy geïnspireer is deur die verhale van verskeie regte vroue, wie se ervarings met die filmspan gedeel is.

Volgens die Los Angeles Times is die hoofkarakters ‘morele komplekse heldinne, wat kykers verras in hulle pogings om die regte ding te doen’. Theron se uitbeelding van Kelly weerspreek egter die tradisionele verwagtinge van filmheldinne.

Theron, wat juis bekend is vir haar vermoë om ingewikkelde karakters te vertolk, was nog nooit regtig gepla daaroor of sy ’n heldin speel of nie. “Ek stel belang in karakters wat kompleks is en foute maak. Vroue doen nie altyd die regte ding nie. Hierdie idee van hoe ’n slagoffer of misbruiker lyk, is nie swart en wit nie - dit is ongelooflik grys. Dit is wat my aangetrek het tot die rol.”

John Lithgow speel Ailes teenoor die baie sterk vroulike rolverdeling. Hy sê: “Dit gaan oor die vroue. Daar is soveel om te sê en belangrike stories om te deel. Dit is miskien een van die beste flieks ooit, want dit gaan regtig oor ses of sewe uiters verskillende vroue wat verskillende ervarings en reaksie op die krisis by Fox het. Ek speel die krisis.”

Die res van die sterbelaaide rolverdeling, sluit in Connie Britton as Beth Ailes, Allison Janney as Ailes se prokureur Susan Estrich, Kate McKinnon as nog ’n Fox News-werknemer, Nazanin Boniadi as die voormalige Fox News-korrespondent Rudi Bakhtiar, Malcolm McDowell as Fox se uitvoerende hoof Rupert Murdoch, Mark Duplass as Kelly se man, Douglas Brunt, en Alice Eve as Fox & Friends se mede-aanbieder Ainsley Earhardt.

BOMBSHELL, wat in ’n waarnemende dokumentêre styl verfilm is, is aangrypend en aktueel en kritici prys die film nie net vir die hantering van ’n moeilike onderwerp en ingewikkelde verhaal nie, maar ook vir die draaiboek en uitmuntende regie.

Ons is tans in ’n baie intense era, wat nie gou gaan afkoel nie,” voeg Theron by. “Daar is wel veiligheid in nommers en ek dink dit is juis hoekom hierdie fliek so ’n groot impak en belangrike boodskap het.”

Die rolprent is baie goed deur kritici ontvang en is reeds benoem vir verskeie toekennings, waaronder Beste Kontemporêre Grimering in ’n Vollengte Speelfilm, Beste Spesiale-effekte Grimering in ’n Vollengte Speelfilm en Beste Kontemporêre Haarstilering in ’n Vollengte Speelfilm deur die sewende jaarlikse Make-Up Artists & Hair Stylists Guild (MUAHS), waarvan die toekenningsgeleentheid op 11 Januarie 2020 plaasvind. Dit is ook genomineer vir ’n Humanitas-prys in die Beste Vollengte Dramarolprent-afdeling, waarvan die wenner tydens die vyf-en-veertigste Humanitas-seremonie - op 24 Januarie 2020 by The Beverly Hilton - aangekondig sal word. Hierdie niewinsgewende organisasie eer en bemagtig rolprent- en televisiedraaiboekskrywers wie se werk die menslike natuur op so ’n manier ondersoek en ten toon stel, dat dit mense nader aan mekaar bring.

Verder is Charlize Theron ook benoem in die Beste Aktrise-afdeling en Kazu Hiro, Anne Morgan en Vivian Baker in die Beste Hare- en Grimering-afdeling van die Hollywood Critics Association (LAOFCS). Die derde jaarlikse LAOFCS-toekenningsseremonie vind op 9 Januarie 2020 plaas by die Taglyan-kompleks in Los Angeles.

BOMBSHELL word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en sal by plaaslike bioskope begin draai op 24 Januarie 2020.

Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=VqdWqBNoMl4

INTERNASIONALE SKAKELS
Facebook: @BombshellMovie
Twitter: @bombshellmovie
Instagram: @bombshellmovie

Star-studded Cast For Film About Fox News Scandal

A new film reveals the personal and professional cost often paid by women when publicly going into battle with very powerful men.

BOMBSHELL, by award-winning director Jay Roach and screenwriter Charles Randolph, tells the explosive story of the women who brought down a powerful media mogul. Based on the real-life chain of events of the Fox News scandal – which saw multiple women accuse former Fox News CEO and chairman Roger Ailes of sexual harassment – it offers a revealing look inside the most powerful and controversial media empire of all time.

While the drama portrays a workplace where women face demeaning comments, policing of their appearance and unwanted sexual propositions by male executives, it focuses specifically on Ailes’s female victims and their battle to bring him to justice. It follows the stories of two women in particular – Gretchen Carlson (played perfectly by Nicole Kidman) and Megyn Kelly (depicted by an almost unrecognisable Charlize Theron). In 2016, Carlson sued Ailes for sexual harassment, which led more women, including Kelly, to come forward with allegations against him.

Starring alongside these heavyweights is Margot Robbie as Kayla, a young producer who looks to have a future on camera. While fictional, the filmmakers say her character was inspired by the stories of multiple real-life women, whose experiences were amalgamated for the film.

According to the Los Angeles Times, the main characters ⁠are ‘morally complex heroines who surprise viewers in their attempts to do the right thing’. However, Theron’s portrayal of Kelly defies traditional expectations of movie heroines.

I don’t think I’ve ever chased playing heroes,” said Theron, who is no stranger to portraying complicated characters, about her decision to play Kelly. “There’s an earnestness about it that instantly turns me off. I’m interested in people who are complicated and flawed and make mistakes. Women don’t always do the right thing. This idea of what a victim looks like, what an abuser looks like, is not black and white – it’s incredibly grey. That is what I was fascinated by.”

Playing Ailes opposite the strong female cast is John Lithgow. Talking about BOMBSHELL, he said: “It’s a film very much about the women. There’s so much to talk about and so many great women’s stories being told. This might be one of the best because it really is about six or seven extremely different women who have extremely different experiences and response of the crisis at Fox. I play the crisis.”

The rest of the hotly anticipated film’s star-studded ensemble includes Connie Britton as Beth Ailes, Allison Janney as Ailes’s lawyer Susan Estrich, Kate McKinnon as a Fox News employee, Nazanin Boniadi as former Fox News correspondent Rudi Bakhtiar, Malcolm McDowell as Fox CEO Rupert Murdoch, Mark Duplass as Kelly’s husband, Douglas Brunt, and Alice Eve as Fox & Friends co-host Ainsley Earhardt.

Shot in an observational documentary style, BOMBSHELL is gripping and timely and critics are praising the film not only for its handling of a difficult topic and a complicated story, but also for its screenplay and directorial decisions.

We are in a climate now that is pretty intense, and it is not cooling,” added Theron. “Now there is more safety in numbers and that is happening, which is why I think this movie is so powerful.”

The film has been very well received by critics and has already been nominated for various awards, including Best Contemporary Make-Up in a Feature-length Motion Picture, Best Special Make-Up Effects in a Feature-length Motion Picture and Best Contemporary Hair Styling in a Feature-length Motion Picture at the 7th Annual Make-Up Artists & Hair Stylists Guild (MUAHS) that is taking place on 11 January 2020. It is also up for a Humanitas Prize in the Best Drama Feature Film category. The winner will be announced during the 45th Humanitas Ceremony, which will be held at The Beverly Hilton on 24 January 2020. This non-profit organization honours and empowers film and television writers whose work explores the human condition in a nuanced, meaningful way which brings the global community closer.

Furthermore, the Hollywood Critics Association (LAOFCS) has also nominated Charlize Theron in the Best Actress category and Kazu Hiro, Anne Morgan and Vivian Baker in the Best Hair and Make-Up category for their outstanding work in the film. The 3rd Annual LAOFCS Awards Ceremony will take place on 9 January 2020, at the Taglyan Complex in Los Angeles.

BOMBSHELL is distributed by Filmfinity (Pty) Ltd. and will be released in South African cinemas on 24 January 2020.

Watch the trailer here: https://www.youtube.com/watch?v=VqdWqBNoMl4

INTERNATIONAL LINKS
Facebook: @BombshellMovie
Twitter: @bombshellmovie
Instagram: @bombshellmovie