Nommer 37 Wen Toekenning Vir Beste Regisseur Oorsee!

Friday, August 3, 2018 - 14:52

Dit is pas aangekondig dat regisseur en draaiboekskrywer, Nosipho Dumisa, die Cheval Noir Jury-prys gewen het vir Beste Regisseur by die Fantasia Internasionale Rolprentfees in Montreal, Kanada, vir haar eerste speelfilm, NOMMER 37!

Nosipho Dumisa wys ’n elegante sensitiwiteit met haar debuut-speelfilm; ’n Hitchcock-styl vertelling wat afspeel ’n gevaarlike krotbuurt in Kaapstad. Die rolprent is ’n toonbeeld van presiesheid en finesse, maar daar is ook genoeg ruimte gelaat om asem te haal en harte te verower – selfs met ’n geweer teen die kop,” sê Tim Matheson, hoof van die toekenningsraad van dié groot rolprentfees in Noord-Amerika.

Nosipho wat oorspronklik van Durban af kom, maar tans in die Kaap woon, was al die regisseur van verskeie advertensies, televisiereeks- en realiteitsreeksvoorskoue, leefstylprogramme en kortfilms. Sy is ook een van die vervaardigers van die gewilde kykNET-sepie, Suidooster.

Geen regisseur maak ’n fliek op sy of haar eie nie; dis van die begin af ’n spanpoging en NOMMER 37 se reis was geensins anders nie. My werk, as regisseur, was bloot om die talent en pogings van al die betrokke partye te bestuur. Hierdie toekenning is dus nie net vir my nie, maar vir almal – van die span by Gambit Films, tot die akteurs wat alles gegee het, die span wat my vertrou het en hard gewerk het om hierdie visie lewe te gee, asook diegene wat die reis saam met ons begin het met die kortfilm. Ek wil ook dankie sê vir Jan du Plessis, Kaye Ann Williams en Anneke Villet, wat my gelei het deur die maak van hierdie fliek. Hierdie toekenning is ’n bevestiging vir almal van ons en ek is so trots op die span!”, sê Nosipho oor haar nuutste prestasie, wat ewe goed plaaslik ontvang is.

Hierdie Kaapstadse produksie, wat aan die wêreld bekendgestel is tydens die internasionale SXSW-rolprentfees in Texas, is gekies is om die land verder te gaan verteenwoordig by die agtiende jaarlikse Internasionale Neuchâtel Fantastic-Rolprentfees (NIFFF) in Switserland, vanaf 6 tot 14 Julie 2018 en was ook deel van die Sydney-Rolprentfees in Junie 2018. Dark Star Pictures het ook eksklusiewe regte bekom het om die fliek in Noord-Amerika te versprei. Die Noord-Amerikaanse vertonings sal in New York en Los Angeles begin, waarna dit ook vroegwinter op ’n DVD-op-aanvraag-basis vrygestel sal word. Reel Suspects het verder ook verspreidingsregte vir die rolprent in China, Duitsland, Oostenryk, Switserland en Japan bekom.

NOMMER 37 is ’n spanningsbelaaide grootskerm-ervaring, wat gebaseer is op die SAFTA-bekroonde kortfilm met dieselfde naam, waarvan Nosipho Dumisa en Travis Taute die regisseurs was. Dit is een van daardie flieks wat kykers op die punte van hulle stoele sal hou tot en met die laaste toneel en vertel die verhaal van Randal Hendricks wat onlangs deur ’n ongeluk gestrem gelaat en nou rolstoel- woonstelgebonde is. Hy is kniediep in die skuld by ’n sosiopatiese geldskieter met die naam Emmie (Danny Ross), wat sy pond vleis eis. Wanneer sy toegewyde meisie, Pam (Monique Rockman), vir hom ’n verkyker present gee kan hy sy bure dophou en sien hy op ’n dag hoe ’n gevaarlike bendeleier, Lawyer (David Manuel), ’n moord pleeg en besluit om hom af te pers vir geld. Met verraad en gierigheid om elke hoek en draai, neem die gebeure wat volg hulle op ’n lewensgevaarlike reis, soos wat die wêreld rondom hom verder en verder in chaos gedompel word.

Komplimente stroom ook steeds in vir die uitstekende rolverdeling wat Sandi Schultz, Deon Lotz, Elton Landrew, Ephraim Gordon en Amrain Ismail-Essop insluit; asook vir die treffende kletsrymverwerking, Dala Wat Jy Moet, deur Youngsta CPT en hoofrolspeler, Irshaad Ally, vir die klankbaan geskep is.

Die fliek is vervaardig deur Bradley Joshua en Benjamin Overmeyer van Gambit Films, in samewerking met kykNET Films, M-Net, XYZ Films en Die Departement van Handel en Nywerheid (DTI). Dit is plaaslik deur Filmfinity (Edms) Bpk. versprei. Die DVD van dié lokettreffer sal vanaf 3 September op BoxOffice beskikbaar wees en vanaf 7 September 2018 op winkelrakke te koop wees.

KYK DIE LOKPRENT https://www.youtube.com/watch?v=JdWMxQg7G1w&feature=youtu.be

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/Nommer37Film/
Twitter: @Nommer37Film
Instagram: @nommer37film

Number 37 Wins Best Director Award Overseas

It has just been announced that director and scriptwriter, Nosipho Dumisa, won Cheval Noir Jury Prize for Best Director at the Fantasia International Film Festival in Montreal, Canada, for her debut motion picture, NUMBER 37!

Nosipho Dumisa demonstrates sensitivity and elegance with her debut feature, a Hitchcockian noir transplanted to the gritty slums of Cape Town. Displaying an assured level of finesse and precision, the direction allows all elements of the film to breathe, and to shine - even at gunpoint,” says Tim Matheson, who presided over the jury at North America’s biggest genre festival. 

Originally from Durban but based in Cape Town, Nosipho has directed countless commercials, television pilots, reality TV pilots, lifestyle shows and short films. She is also one of the producers of the hit kykNET soap opera, Suidooster.

No director makes a movie on his or her own; it’s a concerted team-effort from beginning to end and the journey of NUMBER 37 is no different. My job as director is simply to steward the talents and efforts of all involved. So really, this award is not just for me, but for everyone from the team at Gambit Films, to the actors who gave everything, the incredible crew who trusted me and worked fiercely to see this vision come to life, and those who started the journey with us in the making of the short film. A big thank you also to Jan du Plessis, Kaye Ann Williams and Anneke Villet, who were so generous in their guidance throughout the process of making this film. This award is validation for all of us and I am so incredibly proud of the team!, says Nosipho about her latest accolade, which was equally well received amongst local audiences.

This production, which had its world premiere at the International SXSW Film Festival in Texas, was selected to represent the country at the 18th annual Neuchâtel International Fantastic Film Festival (NIFFF) in Switzerland from 6 to 14 July 2018 and also featured at the Sydney Film Festival in June 2018. Dark Star Pictures gained exclusive North American distribution rights for the film earlier this year. The North American screening of the full-length feature will kick off in New York and L.A., followed by an early winter video-on-demand release. Reel Suspects has also managed to clinch distribution deals for the film in China, Germany, Austria, Switzerland and Japan.

NUMBER 37 is a thrilling big-screen cinematic experience based on the SAFTA-award-winning short film of the same name, which was co-directed by Nosipho Dumisa and Travis Taute. It is one of those movies that will keep viewers on the edge of their seats until the credits start rolling and tells the story of Randal Hendricks, a recent paraplegic, who is given a gift of binoculars by his devoted girlfriend, Pam (Monique Rockman). But he is in financial debt to Emmie (Danny Ross), a sadistic loan shark, and when he witnesses a powerful criminal, named Lawyer (David Manuel), commit murder while observing his neighbours through his binoculars, he initiates a blackmail scheme in an attempt to settle his debt. With deception and greed around every corner, what follows is a thrilling ride that puts both their lives in mortal danger… as the world around Randal deteriorates further and further into chaos.

Compliments have also been pouring in for the star-studded cast, which includes Sandi Schultz, Deon Lotz, Elton Landrew, Ephraim Gordon and Amrain Ismail-Essop; as well as for the striking rap song, Dala Wat Jy Moet, by Youngsta CPT and leading man Irshaad Ally that was created specifically for the soundtrack.

The film was produced by Bradley Joshua and Benjamin Overmeyer of South African production outfit Gambit Films in association with kykNET Films, M-Net, XYZ Films and the DTI, and was distributed by Filmfinity (Pty) Ltd. locally. The DVD will be available for hire on BoxOffice from 3 September 2018 and will be available for purchase from retail outlets from 7 September 2018.

WATCH THE TRAILER https://www.youtube.com/watch?v=JdWMxQg7G1w&feature=youtu.be

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook: https://www.facebook.com/Nommer37Film/
Twitter: @Nommer37Film
Instagram: @nommer37film