NOMMER 37 UITEINDELIK IN SUID-AFRIKAANSE BIOSKOPE

Thursday, May 31, 2018 - 11:18

Die langverwagte Suid-Afrikaanse misdaadriller op almal se lippe, NOMMER 37, word hierdie naweek uiteindelik in plaaslike bioskope vrygestel, nadat dit reeds groot opslae oorsee gemaak het. 

 

“Ek hoop dat alle Suid-Afrikaners hierdie fliek sal gaan kyk, want die tema is universeel terwyl hulle ook meer sal sien van ’n wêreld wat aan die meeste van ons onbekend is. Teen die tyd wat fliekgangers die bioskoop verlaat, sal hulle vermaak en verras voel... en dalk ook sommer lus wees om ’n verkyker aan te skaf,” sê regisseur en draaiboekskrywer, Nosipho Dumisa, wat ook ’n medevervaardiger is van die gewilde kykNET-sepie, Suidooster, oor haar debuutspeelfilm.

 

Hierdie Kaapstadse produksie, wat aan die wêreld bekendgestel is tydens die internasionale SXSW-rolprentfees in Texas, is ook gekies is om die land verder te gaan verteenwoordig by die agtiende jaarlikse Internasionale Neuchâtel Fantastic-Rolprentfees (NIFFF) in Switserland, vanaf 6 tot 14 Julie 2018. Daar is ook onlangs aangekondig dat Dark Star Pictures eksklusiewe regte bekom het om die fliek in Noord-Amerika te versprei. Die Noord-Amerikaanse vertonings sal in New York en Los Angeles begin, waarna dit ook vroegwinter op ’n DVD-op-aanvraag-basis vrygestel sal word. Reel Suspects het ook verspreidingsregte vir die rolprent in China, Duitsland, Oostenryk, Switserland en Japan bekom. 

 

NOMMER 37 is gebaseer op die SAFTA-bekroonde kortfilm met dieselfde naam, waarvan Nosipho Dumisa en Travis Taute die regisseurs was. Dit speel af in ’n fiktiewe woonstelblok, Haven Mansions, in haar weergawe van ’n buurt op die Kaapse Vlaktes. Dit vertel die verhaal van Randal Hendricks (Irshaad Ally) wat onlangs deur ’n ongeluk gestrem gelaat en nou rolstoel- woonstelgebonde is. Hy is kniediep in die skuld by ’n sosiopatiese geldskieter met die naam Emmie (Danny Ross), wat sy pond vleis eis. Wanneer sy toegewyde meisie, Pam (Monique Rockman), vir hom ’n verkyker present gee kan hy sy bure dophou en sien hy op ’n dag hoe ’n gevaarlike bendeleier, Lawyer (David Manuel), ’n moord pleeg en besluit om hom af te pers vir geld. Met verraad en gierigheid om elke hoek en draai, neem die gebeure wat volg hulle op ’n lewensgevaarlike reis, soos wat die wêreld rondom hom verder en verder in chaos gedompel word.

 

Sandi Schultz, Deon Lotz, Elton Landrew, Ephraim Gordon en Luke Jansen is ook in die fliek te sien. Dit is vervaardig deur Bradley Joshua en Benjamin Overmeyer, van Gambit Films, saam met XYZ Films.

 

Dala Wat Jy Moet, ’n treffende kletsrymverwerking wat geïnspireer is deur die leefstyl op die Kaapse Vlaktes, is die eerste enkelsnit wat vrygestel is vanaf die fliek se klankbaan. Dit is baie goed ontvang en is geskep deur die Kaapse kletsrymer, Youngsta CPT, en die manlike hoofrolspeler van die prent, Irshaad Ally. Dit spog met ’n tipiese kletsrymritme en ’n konstante meesleurende koorherhaling wat nie net perfek by die genre van die fliek pas nie, maar ook bydra tot die opbouende spanning. ’n Inspirerende musiekvideo, met die boodskap dat jy net suksesvol kan wees in die lewe as jy kies om bo jou omstandighede uit te styg, is ook pas uitgereik. 

 

Kyk dit hier: https://www.youtube.com/watch?v=OAVWacYL1Sc

NOMMER 37 is ’n spanningsbelaaide grootskerm-ervaring, wat kykers op die punte van hulle stoele sal hou tot en met die laaste toneel en nie iets wat misgeloop moet word nie.

 

Die fliek is vervaardig deur Gambit Films in samewerking met kykNET Films, M-Net, XYZ Films en Die Departement van Handel en Nywerheid (DTI). Dit word plaaslik op 1 Junie 2018 vrygestel deur Ster-Kinekor Entertainment.

 

NOMMER 37 SAL BY DIE VOLGENDE FLIEKTEATERS VERTOON WORD

 

STER-KINEKOR

Bay West, Tygervalley, Cape Gate, N1 City, Blue Route, Somerset Mall, V & A Nouveau, Parow, Promenade Mall, Garden Route Mall, Mimosa Mall, Gateway

Mall of the North, Secunda, Mooi Rivier, Sterland, Centurion City, Brooklyn Nouveau, Kolonnade, Irene Mall, Rosebank Nouveau, Cresta, Vaal Mall, Carnival City en Eastgate.

 

NU-METRO 

Boardwalk, Canal Walk, Clearwater, Galleria, Key West, Menlyn Park, The Glen, Westgate, Welkom, Woodlands en Worcester. 

ONAFHANKLIKE BIOSKOPE

Movies@Monte, Movies@Emnotweni, Movies@Silverstar, Minimax Paarl, Epic Mall@Reds

en Epic Northridge

 

Om vooraf kaartjies te bespreek kliek hier:   https://www.sterkinekor.com/beta/details/HO00000946

KYK DIE LOKPRENT HIER:  https://www.youtube.com/watch?v=JdWMxQg7G1w 

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/Nommer37Film/ 

Twitter: @Nommer37Film

Instagram: @nommer37film

NOMMER 37 FINALLY HEADING TO SOUTH AFRICAN CINEMAS

 

The wait is finally over, because the acclaimed Hitchcockian South African crime thriller everyone is talking about, NOMMER 37, is finally heading to local cinemas this weekend after sparking massive interest with international audiences. 

 

My hope is that this film will be seen by all South Africans because the story is so universal and relatable, whilst giving us a peek into a world that’s familiar to some but unknown by most through the lens of a voyeur. By the time the audience walks out of the cinema, they will have been thoroughly entertained, surprised and quite possibly (though questionably) looking to buy a pair of binoculars,” says director and writer Nosipho Dumisa, who is also a producer of the kykNET soap opera, Suidooster, about her directorial debut.

 

This production, which had its world premiere at the International SXSW Film Festival in Texas, was selected to represent the country at the 18th annual Neuchâtel International Fantastic Film Festival (NIFFF) in Switzerland from 6 to 14 July 2018. It was also recently announced that Dark Star Pictures gained exclusive North American distribution rights. The North American screening of the full-length feature will kick off in New York and L.A., followed by an early winter video-on-demand release. Reel Suspects has also managed to clinch distribution deals for the film in China, Germany, Austria, Switzerland and Japan. 

 

NOMMER 37 is based on the SAFTA-award-winning short film of the same name, which was co-directed by Nosipho Dumisa and Travis Taute. The movie is set in Haven Mansions, a fictional block of apartments in her imagined suburb of the Cape Flats, New Haven. It tells the story of Randal Hendricks (Irshaad Ally), a recent paraplegic, who is given a gift of binoculars by his devoted girlfriend, Pam (Monique Rockman). But he is in financial debt to Emmie (Danny Ross), a sadistic loan shark, and when he witnesses a powerful criminal, named Lawyer (David Manuel), commit murder while observing his neighbours through his binoculars, he initiates a blackmail scheme in an attempt to settle his debt. With deception and greed around every corner, what follows is a thrilling ride that puts both their lives in mortal danger… as the world around Randal deteriorates further and further into chaos.

 

The film also stars Sandi Schultz, Deon Lotz, Elton Landrew, Ephraim Gordon and Luke Jansen. It was produced by Bradley Joshua and Benjamin Overmeyer of South African production outfit Gambit Films with XYZ Films.

 

Dala Wat Jy Moet, a striking rap song inspired by life on the Cape Flats, was the first single from the soundtrack to be released and was very well received. It was created by Cape Town rapper, Youngsta CPT, and leading man, Irshaad Ally, and boasts a typical rap rhythm and a taunting repetitive chorus, which not only suits the genre of the movie perfectly but also adds to the building tension. An inspiring music video, conveying the message that if you want to succeed in life, you have to make the decision to rise above your circumstances, has also just been released. 

 

Watch it here: https://www.youtube.com/watch?v=OAVWacYL1Sc

NOMMER 37 is a thrilling big-screen cinematic experience that will keep viewers on the edge of their seats until the credits start rolling and a must-see for everyone. 

The film was produced by Gambit Films in association with kykNET Films, M-Net, XYZ Films and the DTI, and will be distributed by Ster-Kinekor Entertainment locally, in cinemas across the country, on 1 June 2018.

 

IT WILL BE SHOWN AT THE FOLLOWING CINEMAS

 

STER-KINEKOR

Bay West, Tygervalley, Cape Gate, N1 City, Blue Route, Somerset Mall, V & A Nouveau, Parow, Promenade Mall, Garden Route Mall, Mimosa Mall, Gateway

Mall of the North, Secunda, Mooi Rivier, Sterland, Centurion City, Brooklyn Nouveau, Kolonnade, Irene Mall, Rosebank Nouveau, Cresta, Vaal Mall, Carnival City and Eastgate.

 

NU-METRO 

Boardwalk, Canal Walk, Clearwater, Galleria, Key West, Menlyn Park, The Glen, Westgate, Welkom, Woodlands and Worcester. 

 

INDEPENDENT CINEMAS

Movies@Monte, Movies@Emnotweni, Movies@Silverstar, Minimax Paarl, Epic Mall@Reds

and Epic Northridge

 

To pre-book your seats click here:  https://www.sterkinekor.com/beta/details/HO00000946

 

WATCH THE TRAILER HERE:  https://www.youtube.com/watch?v=JdWMxQg7G1w 

 

SOCIAL MEDIA LINKS

Facebook: https://www.facebook.com/Nommer37Film/ 

Twitter: @Nommer37Film

Instagram: @nommer37film