Meisierockers Sing Oor Die Langpad ...

Tuesday, February 6, 2018 - 17:28

Die Ghoema en SAMA benoemde meisierockers, SAARKIE, se musiek is op almal se lippe en hulle is besig om die land aan die brand te toer! Vandaar die titel vir hulle splinternuwe enkelsnit, LANGPAD, vanaf hulle vierdie album, Queen van die Toorbos, wat gedurende 2017 uitgereik is.

Langpad is geskryf deur Adéle Fouchè en Mjön van Blommestein terwyl hulle een aand op ‘n langpad terug huistoe gery het. Die liedjie gaan oor elkeen van ons wat iewers in ons lewens ‘n lang pad het om te loop. Of dit nou in die liefde, jou drome, met vriende of familie, of werklik op die pad is. “Almal het ‘n pad wat hulle moet stap en benodig iemand langs hulle om die pad korter en lekkerder te maak, en ons hoop regtig die luisteraars gaan van die liedjie hou!”, sê Adèle.

Luister hier na ‘n lusmaker: https://soundcloud.com/starburstpromotions/langpad-teaser/s-z792y

Hierdie liedjie is ook op hulle album, Queen van die Toorbos beskikbaar wat voortbou op die elektries-akoestiese, bars-uit-jou-nate-uit, wenresep waarvoor dié groep bekendheid verwerf het. Dit kan beskryf word as ’n mengsel van moderne Pop en Rock.

Die groep het, sedert hul ontstaan, al stempel afgedruk by al die grootste Suid-Afrikaanse muskiekfeeste soos Aardklop, KKNK, STRAB, Mieliepop en Innibos en ook die verhoog gedeel met van die land se bekendstes soos Karen Zoid, Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties, Spoegwolf, Steve Hofmeyr, Kurt Darren, The Parlotones, Cindy Alter (Clout), Ballyhoo en vele ander.

LIEDJIES OP QUEEN VAN DIE TOORBOS:

  • Vir Altyd
  • Swerwers
  • Suidwes-Afrika
  • Langpad
  • Vryheid
  • River Runner
  • Over the Sea
  • Kies vir jou
  • My Diktator
  • Toema Afrika
  • Queen van die Toorbos
  • Stille Waters (Laurika Rauch)
  • I’m On Fire (Bruce Springsteen)
  • Beds Are Burning (Midnight Oil)

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/saarkieband/

Twitter: @SaarkieBand
Instagram: @saarkieband
Webblad: www.saarkie.com

NAVRAE
Besprekings

Elize
Sel: 082 575 3184
E-pos: info@saarkie.com

Local Girl Rockers Sing About The Long Road...

Their music is on everyone’s lips and Saarkie, the Ghoema and SAMA-nominated SA girl rockers, have been taking SA by storm with their national tour. And hence the title for the brand new single, Langpad (Long Road), from their most recent album, Queen van die Toorbos, which they released in 2017.

Langpad was written by Adéle Fouchè and Mjön van Blommestein while they were travelling back home one night on a long road. The song is about each one of us who has a long way to walk in our own lives, whether it’s in love, your dreams, with friends or family, or someone literally on the road.

Everyone has a road that they need to walk and who need someone alongside them to make the journey shorter and sweeter, and we really hope that the fans are going to love this song,” says Adéle.

Listen to the track here: https://soundcloud.com/starburstpromotions/langpad-teaser/s-z792y

The single features on their album, Queen van die Toorbos, and builds on their electronic-acoustic, ‘get-you-moving’ recipe that this group have come to be known for. It can be described as a mix of modern pop and rock.

The group have, from the start, performed at some of South Africa’s biggest music festivals including Aardklop, KKNK, STRAB, Mieliepop and Inniebos and have shared the stage with some of the country’s biggest music legends like Karen Zoid, Francois van Coke, Die Heuwels Fantasties, Spoegwolf, Steve Hofmeyr, Kurt Darren, The Parlotones, Cindy Alter (Clout), Ballyhoo and more.

QUEEN VAN DIE TOORBOS TRACKLISTING:
Vir Altyd
Swerwers
Suidwes-Afrika
Langpad
Vryheid
River Runner
Over the Sea
Kies vir jou
My Diktator
Toema Afrika
Queen van die Toorbos
Stille Waters (Laurika Rauch)
I’m On Fire (Bruce Springsteen)
Beds Are Burning (Midnight Oil)

SOCIAL MEDIA LINKS:
Facebook: https://www.facebook.com/saarkieband/

Twitter: @SaarkieBand
Instagram: @saarkieband
Website: www.saarkie.com

QUERIES
Bookings

Elize
Cell: 082 575 3184
E-mail: info@saarkie.com