Len Muller Skryf ’n Liefdes-enkelsnit Saam Met Sy Vrou

Tuesday, September 4, 2018 - 14:18

Ek het jou geken voor ons ontmoet het. Die kleur van jou oë die klank van jou lag. Jy het my geken met al my letsels, maar ek was genoeg vir jou en jy ook vir my,” is lirieke uit sanger en liedjieskrywer, Len Muller, se nuutste enkelsnit, STERREWALS.

Hierdie hoendervleismooi nostalgiese liefdesballade is die eerste liedjie wat hy saam met die liefde van sy lewe en vrou, Chanél, geskryf het nadat hulle getroud is en is beslis iets waarby oud en jonk gaan aanklank vind.

Dit is ’n nostalgiese liefdesballade, wat geskryf is uit die oogpunt van ’n bejaarde man wat terug kyk op sy lewe. Drome word nie altyd waar nie, veral as jy nie doelbewus werk daarvoor nie en ek dink dié lied wil vir my en die mense wat daarna luister uitdaag om doelbewus te lewe en nie toe te laat dat tyd sommer net verbygaan nie,” verduidelik die blondekopster oor die betekenis agter sy nuutste treffer. “Ek dink die snit het ook ’n mooi boodskap, omdat die paartjie eintlik vir mekaar sê dat hulle genoeg is vir mekaar, ten spyte daarvan dat hulle planne nie uitgewerk het.”

STERREWALS is die nuutste vrystelling vanaf sy tweede album, Oog Van Die Storm, wat in 2017 uitgereik is. Die album kan beskryf word as Afrikaans-Akoesties en sluit die klanke van al dié musikant se gunstelinginstrumente in – van die banjo en mondfluitjie tot die tjello en akoestiese kitaar.

Dié album het verskeie radio- en televisietreffers opgelewer, waaronder die goedvoel-liedjie Ek Glo, wat ongelooflik goed ontvang en het verskeie weke op die nommer een posisie van verskeie treffersparades gekuier. Sing vir Sente, die tweede lied wat hy saam met Faraway George geskryf het en ook die tweede enkelsnit vanaf dit album, is in Junie 2017 uitgereik en kan steeds gereeld oor die radio gehoor word

Vrede, wat in Maart 2018 bekendgestel is, is ook die temalied van die gewilde kykNET sitkom, Mense Mense, waarvan die musiekvideo op die dak van MultiChoice City verfilm is. Dit is ’n opgewekte kontemporêre snit in Len se kenmerkende styl en is geskryf in samewerking met Roan van As en Raldo Mattheus. Alhoewel daar ’n baie diep boodskap in die lirieke skuil, het die liedjie ’n ligte aanslag met ’n wysie wat in jou kop vassteek en jou uitnooi om saam te sing.

Len se debuutalbum, Doodgewone Avontuur, wat in 2015 uitgereik is, het hom amptelik aan die musiekbedryf bekendgestel en heelwat treffers en benoemings (Ghoema- en Tempo-benoemings vir Manlike Kunstenaar van die Jaar en Nuweling van die Jaar) opgelewer. Sedertdien het hierdie blondekopsangsensasie ’n prominente plek in die harte van Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers. Hy is veral bekend vir die gewilde duet, Vir Die Een Wat Geval Het, wat hy saam met Joshua na die Reën vrygestel het en Smag na Jou, wat gebruik op die klankbaan van die romantiese komedie, Strikdas.

Oor die afgelope paar jaar het Len nie net die verhoog met groot name soos Matthew Mole, Francois van Coke, Straatligkinders, Jan Blohm, Bok van Blerk, Dans Dans Lisa, Chris Chameleon, Jak de Priester, Andriëtte Norman, Dan Patlansky en Kaleidoskoop gedeel nie, maar homself ook gevestig as liedjieskrywer.

STERREWALS is die perfekte pasmaat vir Len Muller se strelende storievertellerstem en beloof om nie net die harte en ore van aanhangers te verower nie, maar ook die kritieste oor tevrede te stel.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook:
https://www.facebook.com/lenmuller1/?fref=ts
Twitter: @lenniemuller
Webblad: www.lenmuller.co.za
YouTube: www.youtube.com/lenniemuller
SoundCloud: www.soundcloud.com/lenmuller
Instagram: lennie.muller

BESPREKINGS
E-pos:
bookings@lenmuller.co.za / len@lenmuller.co.za

Len Muller And Wife Co-wrote His Latest Single

Ek het jou geken voor ons ontmoet het. Die kleur van jou oë die klank van jou lag. Jy het my geken met al my letsels, maar ek was genoeg vir jou en jy ook vir my,” are lyrics taken from singer and songwriter, Len Muller’s, latest single, STERREWALS.

This chillingly beautiful nostalgic track, is the first song that he wrote with the love of his life, Chanél, after they got married and is definitely something that audiences of all ages will be able to relate to.

It is a nostalgic love ballad, written from an old man’s perspective who is reflecting back on his life. Dreams do not always come true, especially if you are not constantly working towards your goal, and I believe that this song wants to challenge listeners to live with purpose and to not allow time to merely pass them by,” explains the musician. “I think the track has a beautiful message, because the couple promises that although things do not always work out as planned, they will still be enough for each other.”

STERREWALS is the latest release from his second studio album, Oog Van Die Storm, which can be described as Afrikaans Acoustic and combines the sounds of all the musician’s favourite instruments, including the banjo, harmonica, cello and acoustic guitar.

This album has already delivered numerous radio and television hits, including the feel good song, Ek Glo, that topped the charts of various radio stations for several weeks. The music video was an instant hit and is regularly featured on TV. Sing vir Sente, the second song he wrote with Faraway George, was released in June 2017 and can still be heard on the radio.

Vrede, released in March 2018, is also the theme song of the popular kykNET sitcom, Mense Mense. The music video was filmed on the rooftop of MultiChoice City. It is an upbeat contemporary track in Len’s distinctive style and was written in collaboration with Roan van As and Raldo Mattheus. Although the lyrics are deep and meaningful, the song has a light-hearted approach with a catchy tune that gets stuck in your head and invites you to sing along.

Len’s debut album, Doodgewone Avontuur, was released in 2015 and officially launched his career in the South African Music Industry. This masterpiece also got him nominated for various Ghoema- and Tempo Awards, including Male Artist of the Year and Newcomer of the Year. Since then he has managed to conquer the hearts of many Afrikaans music lovers and is best-known for his duet, Vir Die Een Wat Geval Het, with Joshua na die Reën, as well as Smag na Jou, which was included on the soundtrack of the romantic comedy, Strikdas.

Over the past few years, Len Muller has shared the stage with some of South Africa’s biggest stars, including Jan Blohm, Bok van Blerk, Dans Dans Lisa, Chris Chameleon, Jak de Priester, Francois van Coke, Andriëtte Norman, Dan Patlansky, Matthew Mole and Kaleidoskoop. He has also performed with Afrikaans Akoesties and at all the big music festivals across the country.

STERREWALS perfectly showcases the uniqueness of Len Muller’s soothing storyteller’s voice and promises to conquer the hearts of music lovers across the country and satisfy the most critical ear.

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook:
https://www.facebook.com/lenmuller1/?fref=ts
Twitter: @lenniemuller
Web: www.lenmuller.co.za
YouTube: www.youtube.com/lenniemuller
SoundCloud: www.soundcloud.com/lenmuller
Instagram: lennie.muller

BOOKINGS
E-mail:
bookings@lenmuller.co.za / len@lenmuller.co.za