Lee Scott Terug Met Nuwe Enkelsnit - Vry

Tuesday, September 10, 2019 - 17:25

Lee Scott is ’n naam wat oor die afgelope veertien jaar diep in die harte van Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers kom nesskop het. Daarom is aanhangers in rep en roer oor die vrystelling van sy splinternuwe enkelsnit, VRY, wat net weereens bewys hoekom hy al vir soveel jare sy passie - met soveel sukses - in die kollig kan uitleef.

VRY is ’n inspirerende popsnit met ’n lekkerluister-ritme, wat saam met Hugo Ludik en Vaughan Gardiner van Muse Productions geskryf is, en daarop fokus om luisteraars te laat glimlag. “VRY is geskryf met die idee dat elke mens uit die kompleksiteit van alledaagse realiteit kan ontsnap deur te dagdroom, verduidelik die sanger. “Daar is baie mense daar buite wat met angs en depressie leef. Omdat ek self sukkel met angs, wou ek ’n liedjie skep wat my herinner dat die lewe nie altyd perfek of kompleks hoef te wees nie. Dat ons moet vashou aan eenvoudiger tye en dat dit oukei is om oukei te wees. Tyd is kosbaar en daarom moet jy probeer om elke sekonde te laat tel.”

Volgens die kunstenaar, wil hy graag hê dat hierdie betekenisvolle snit gehore moet laat goed voel wanneer hulle dit hoor en hulle moet laat wegstap met moed vir die toekoms. “Daar is soveel druk daar buite om te presteer en jouself met ander te vergelyk, terwyl hierdie liedjie jou aanmoedig om eerder net jouself te wees,” sê hy. “Omdat ek glo dat die publiek die boodskap agter die lirieke sal verstaan, dink ek dat dit ’n groot impak kan hê... maar net tyd sal leer.”

In 2017 het die musiekvideo van Lee se enkelsnit, Perfekte Vreemdeling, opslae gemaak toe dit as wenner aangewys is van kykNET se musiekvideo-projek en soos ’n veldbrand op sosiale media versprei het. Dit is daarom geen verrassing dat VRY ook eersdaags met sy eie indrukwekkende video gaan spog nie. Dié video word eksklusief op 16 September om 12h00 op kykNET NOU se sosiale media bekendgestel.

Buiten vir twee suksesvolle albums (Die Enigste Manier en Vir Ewig), talle radiotreffers as solo-kunstenaar en lid van Hi-5, SAMA- en Huisgenoot Tempo-benoemings vir Beste Pop-album en optredes by van die land se grootste feeste, is dié veelsydige ster ook ’n gesoute akteur (Drukkersbloed) en televisieaanbieder (Sêr en Bravo op kykNET en drie seisoene van Kliphard op SABC 2). Hy het ook al in verskeie teaterproduksies opgetree, soos Abba Magic SA, Reik na die Sterre – The Musical en was ook deel van Jennifer Rush se Suid-Afrikaanse toergeselskap in 2015. “Tot dusver was om die Australiaanse Volkslied te sing voor die wedstryd tussen die Springbokke en Australië op Nelson Mandela Bay Stadium in 2018, en om by die RMB Starlight Classics in Johannesburg op te tree vanjaar van die grootste hoogtepunte van my loopbaan sover,” sê die musikant.

Volgens die sanger, is hy met musiek in sy are gebore en is dit waar sy passie lê. Hy het professioneel begin sing toe hy agtien was en het vir drie maande Musiekteater studeer aan Technikon van Pretoria, maar moes opskop omdat ’n wonderlike geleentheid oor sy pad gekom het. Sy eerlikheid en ongekompliseerde lewensuitkyk, maak hom baie gewild onder sy mede-kunstenaars en het sedertdien vir hom baie deure oopgemaak.

Hy beskryf sy eie musiekstyl as kontemporêre pop, met ’n knippie R&B, en hy glo dat jy by elke kunstenaar na wie se musiek jy luister iets kan leer om jou eie werk te verbeter. Oomblikke en herinneringe inspireer hom om musiek te skryf en sekere liedjies te sing en hy sou baie graag nog eendag saam met groot name soos Adele, Ed Sheeran en Michael Bublé wil werk.

Wanneer hy nie op die verhoog of voor die kamera is nie, is dié Pretorianer ’n stemafrigter wat dit geniet om sy kennis met opkomende sangers te deel en hulle aan te moedig om net hulle self te wees.

VRY bou voort op die sukses van die kenmerkende styl musiek waarvoor Lee Scott bekendheid verwerf het. Die lied bevat die perfekte kombinasie van goedvoel-lirieke en ’n aanloklike deuntjie, wat sy stem nie net op sy beste laat vertoon nie, maar luisteraars ook uitnooi om die lewe te geniet.

Die enkelsnit is nou op alle digitale platforms beskikbaar hier: xxx

Volg Lee Scott op sosiale media hier:

Apple Music: https://music.apple.com/za/album/vry-single/1478119609
Spotify: https://open.spotify.com/track/38VenUmbsA5d2dMLh05QYb?si=BbmHwr5TSjSczByAZOmE8A
Deezer: http://www.deezer.com/album/109156262

Facebook: https://www.facebook.com/LeeScottMusic/
Twitter: @LeeScottMusic
Instagram: @LeeScottMusic
Youtube: https://www.youtube.com/user/LeeScottOfficial

 

PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promotions
Gizela Arndt
Sel: 083 399 6869
E-pos: gizela101@gmail.com 
Webtuise: www.starburstmusic.co.za

BESTUUR & BESPREKINGS
Co-Productions
Corné Oosthuizen
Tel: (012) 751 3601
E-pos: info@coproductions.co.za

Lee Scott Is Back With A New Single - Vry

Over the past fourteen years, Lee Scott has become a household name in the South African music arena. Therefore, it comes as no surprise that fans are super-excited about the release of his brand new single – VRY – which once again proves why he is such a well-respected musician in the industry.

VRY is an inspiring pop track with a catchy tune and can be described as a collaborated effort with Muse Productions’ Hugo Ludik and Vaughan Gardiner. VRY was written with the idea that every person has the ability to escape from the complexities of everyday life by daydreaming,” the singer explains. “A lot of people live with anxiety and depression. I battle anxiety myself and that is why I wanted to write a song as a reminder that life doesn’t always have to be complicated or perfect. That we must hold on to simpler times and that it is okay to just be okay. Time is precious and we must make each moment count.”

According to the artist he wants audiences to feel good when listening to the song and provide them with hope and encouragement for the future. “There is so much pressure in the world for us to perform, which causes us to constantly compare ourselves to others. The aim of this song, is to encourage listeners to accept themselves for who they are,” he shares. “I think this song will have a big impact, because I believe that the public will be able to relate to the message behind it. But only time will tell.”

The music video of Lee’s single, Perfekte Vreemdeling, was named the winner of kykNET’s music video project in 2017 and quickly started spreading on social media like wildfire. For this reason, it is not surprising that the artist will be releasing an equally impressive video for his latest single on 16 September 2019 exclusively via kykNET NOU’s social media platforms at 12h00.

In addition to two successful albums (Die Enigste Manier and Vir Ewig), countless radio hits as a solo artist and member of Hi-5, SAMA- and Huisgenoot nominations for Best Pop Album and performances at some of the country’s top festivals, this versatile star is also a seasoned actor (Drukkersbloed) and television presenter (Sêr and Bravo on kykNET as well as three seasons of Kliphard on SABC 2). He has also starred in various theatre productions such as Abba Magic SA, Reik na die Sterre – The Musical etc., and was also part of Jennifer Rush’s South African tour in 2015. “Two of my career highlights so far, were singing the Australian National Anthem before the game between the Springboks and Australia at Nelson Mandela Bay Stadium in 2018, as well as performing at this year’s RMB Starlight Classics in Johannesburg,” the musician shares.

According to the singer, he was born to sing and perform. He started singing professionally at the age of eighteen and studied Musical Theatre for three months at the Technicon of Pretoria but had to abruptly end it when a wonderful opportunity came his way. His honesty and uncomplicated views on life has won him the respect of his peers and has since opened many doors for him.

He describes his musical style as contemporary pop with a touch of R&B and is a firm believer that he can learn something from every artist that he listens to and that this can help him to improve his own work. Special moments and times in his life inspire him to write lyrics and sing certain songs and he dreams of working with the likes of Adele, Ed Sheeran and Michael Bublé someday.

When he is not on stage or in front of the cameras, this Pretorian is also a vocal coach who enjoys sharing his knowledge with up-and-coming singers and to encourage them to remain true to themselves.

VRY build on the success of the distinctive musical style that Lee Scott has become known for. The song boasts the perfect combination of feel-good lyrics and upbeat rhythms, which doesn’t only showcase the quality of his voice, but also inspires listeners to enjoy the life they have.

The single is currently available on digital music platforms here:

Apple Music: https://music.apple.com/za/album/vry-single/1478119609
Spotify: https://open.spotify.com/track/38VenUmbsA5d2dMLh05QYb?si=BbmHwr5TSjSczByAZOmE8A
Deezer: http://www.deezer.com/album/109156262

Follow Lee Scott on social media here:

Facebook: https://www.facebook.com/LeeScottMusic/
Twitter: @LeeScottMusic
Instagram: @LeeScottMusic
Youtube: https://www.youtube.com/user/LeeScottOfficial

PUBLICITY & MARKETING
Starburst Promotions
Gizela Arndt
Cell: 083 399 6869
E-mail: gizela101@gmail.com 

MANAGEMENT & BOOKINGS
Co-Productions
Corné Oosthuizen
Tel: (012) 751 3601
E-mail: info@coproductions.co.za