Kyle Grant Se Eerste Enkelsnit Is ’n Moet Vir Jou Kersfeesspeellys

Friday, November 8, 2019 - 11:28

Daar is min musikante wat erkenning kry vir hulle uitsonderlike talent, as solo-kunstenaar, nadat hulle aanvanklik sukses behaal het as deel van ’n bekroonde musiekgroep. Kyle Grant is een van hulle en bewys dit met die vrystelling van sy nuwe Kersballade, GROWN-UP CHRISTMAS LIST, wat beslis harte gaan raak.

GROWN-UP CHRISTMAS LIST, wat in 1990 oorsee uitgereik is, is ’n inspirerende gesprek met Kersvader, vanuit ’n volwassene se perspektief. Die liedjie, wat deur Muse Productions se Hugo Ludik opgeneem en vervaardig is, is die sanger se eerste solo-poging na die nuus dat ADAM gaan ontbind.

Die snit bevat ’n lys van goeie wense vir die mensdom,” verduidelik Kyle. “Ek het dit vir die eerste keer gehoor tydens ’n vakansie in die VSA toe ek ’n tiener was. Ek onthou hoe baie ek deur die boodskap geraak is, maar het dit nog nooit op plaaslike radiostasies gehoor speel nie. Volgens my, is dit beslis ’n boodskap wat alle Suid-Afrikaners nodig het om op hierdie oomblik te hoor.”

Alhoewel daar beslis baie ander Kersfeesvrystellings gedurende die feesseisoen gaan wees, glo Kyle dat GROWN-UP CHRISTMAS LIST goed ontvang sal word, omdat dit ’n eerlike lied is wat sal aanklank vind by gehore van alle ouderdomme.

Ek is ’n diep en sentimentele persoon, met baie empatie vir my medemens. Eerlikheid is vir my die belangrikste eienskap waaroor ’n sanger moet beskik. Ek glo dat jy selfs eers geïnspireer moet wees, voordat jy ander kan inspireer,” meen Kyle. “Dit is vir my regtig belangrik dat plaaslike luisteraars hierdie lied moet hoor.”

GROWN-UP CHRISTMAS LIST is nie die kunstenaar se eerste solo-enkelsnit nie en hy het reeds op die ouderdom van sewentien groot sukses behaal met ’n oorspronklike snit genaamd I Want It To Be Me. Hy het ook natuurlike ’n goue album en verskeie radio-treffers (Goud, Hoogtevrees, Sal Oorlog Vir Jou Maak, Sê My, Say What You Want, How, Vergifnis, Kalmeer) vrygestel as ’n hoofsangers van ADAM.

Musiek is beslis in Kyle se bloed. “My ouers was albei professionele korporatiewe musikante en my ouma was ’n operasanger. Musiek is my waarheid en toevlug. Dit is al hoe ek myself werklik kan uitdruk,” sê hy.

Buiten vir die feit dat hy al vir sestien jaar in die musiekbedryf doenig is, is hy ook ’n suksesvolle verhoog- en televisieakteur. Hy het die hoofrol gespeel in die internasionale musiekproduksies, Dirty Dancing en High School Musical, asook in verskeie plaaslike verhoogstukke. Op die kassie, het hy al rolle gehad in Egoli, Backstage en Getroud Met Rugby, om maar net ’n paar te noem. Sy grootste loopbaanhoogtepunt sover, was egter vir hom om ’n Suid-Afrikaanse Musiektoekenning (SAMA) te ontvang.

Kyle put inspirasie uit ware verhale en alledaagse gebeurtenisse. “Mense is altyd opsoek na iets wat met die siel praat om minder alleen te voel,” verduidelik hy en verklap dat hy graag ’n sielkundige of berader sou wou wees as hy nie kon sing nie.

Ek is ’n stemafrigter en spandeer die helfte van my lesse daaraan om na my studente te luister en hulle te ondersteun. Dis iets waarmee ek nog altyd goed was. Ek hou daarvan om ander te help en te lei waar ek kan,” vertel die sanger.

Alhoewel Kyle alle musiek-genres waardeer, en ’n gunsteling-kunstenaar op elke gebied het, meen hy dat Frank Sinatra, Boyz II Men, Sting, Ard Matthews en Chris Chameleon die grootste invloed gehad het op sy eie styl. Hy beplan ook om binnekort verskeie saamwerk-projekte aan te pak saam met van sy grootste rolmodelle.

Oor sy besluit om ’n solo-loopbaan na ADAM aan te pak, sê hy: “Deur al die hoogte- en laagtepunte van die ervaring, kon ek my ware self ontdek. Dit het my geleer wat ek wil en nie wil hê nie in die lewe.”

Sy toekomsplanne, op ’n persoonlike vlak, sluit in om ’n gesin saam met sy vrou te begin. Professioneel sal hy graag wil aanhou sing en sy passie uitleef. GROWN-UP CHRISTMAS LIST is beslis ’n ongelooflike manier om hierdie nuwe hoofstuk in sy lewe af te skop.

Die liedjie is nou beskikbaar op alle digitale platforms hier:
Spotify: https://open.spotify.com/album/2niw8xiwy2tM0U3IkB7S5c?si=dDvqStG2Srqxr7ui4y4kWw
iTunes: http://itunes.apple.com/album/id1486063819?ls=1&app=itunes

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook
: https://www.facebook.com/KyleGrantVox/
Instagram: @kyle_grant_sa
Twitter: @KyleGrantSinger

First Solo Single By Kyle Grant Should Be On Everyone’s Christmas List!

There are a number of musicians who have been critically and commercially lauded for their solo work after achieving initial success as part of a group. With the release of his new single – a Christmas ballad titled GROWN-UP CHRISTMAS LISTKyle Grant is set to join their ranks.

GROWN-UP CHRISTMAS LIST, which was first released in 1990, is an inspirational ballad addressing Father Christmas from an adult’s point of view. Recorded and produced by Hugo Ludik for Muse Productions, it is the singer’s first solo release after the disbandment of the pop trio ADAM.

The song is a list of heartfelt wishes for the human race,” explains Kyle. “I heard it for the first time when I was on holiday in the USA as a teenager. I remember being touched by the message. However, I have never heard it on South African radio. I strongly feel it is a message that all South Africans need to hear right now.”

With several singles slated for release during the festive season, Kyle believes that GROWN-UP CHRISTMAS LIST will resonate with listeners as it is honest and relatable.

I am a very sentimental, deep and empathetic person. To me, honesty is the most important part of being a singer. One has to be inspired in order to truly inspire others,” says Kyle. “I honestly believe that this song needs to be heard by South African audiences.”

GROWN-UP CHRISTMAS LIST is not the artist’s first solo single – he had great success with an original song called I Want It To Be Me, which was released when he was just seventeen years old. Of course, he also achieved a gold status album and numerous number one singles (Goud, Hoogtevrees, Sal Oorlog Vir Jou Maak, Sê My, Say What You Want, How, Vergifnis, Kalmeer) on various radio stations as a lead singer of the acclaimed male music group ADAM.

Music undoubtedly runs in Kyle’s blood. “My parents were both professional corporate musicians and my grandmother was an opera singer. Music is my truth and my escape. It is my only true form of expression,” he says.

In addition to actively having worked in the music industry for sixteen years, the entertainer has acted on television and stage. He played leading roles in international touring musicals Dirty Dancing and High School Musical, as well as lead roles in several local premier productions. As an actor Kyle has starred in Egoli, Backstage and Getroud Met Rugby, among others. However, the highlight of his impressive career to date, he says, was winning a South African Music Award (SAMA).

Kyle is inspired by real-life situations and stories. “People are always looking for something that speaks to their soul in order to feel less alone,” he muses. This sentiment ties in with his alternative career choices – if he wasn’t a musician, he says, he would be a psychiatrist or counsellor.

I am a vocal coach, and I feel that half my lessons are spent listening and nurturing my students. It is something I have a knack for. I am a good listener and I have been through a lot in my life. So, I like to help and guide others when I can,” he says.

While Kyle appreciates all genres and have favourite artists in each, he lists Frank Sinatra, Boyz II Men, Sting, Ard Matthews and Chris Chameleon as having the biggest influence on his style. And, while he can’t divulge any details, he says he is planning several collaborations with some of his favourite artists in the near future.

Commenting on his decision to pursue a solo career after ADAM, Kyle says: “Through all the highs and lows of the entire experience, I found my true self at the end. It taught me what I want and what I don’t want out of life.”

His future plans, on a personal level, include starting a family with his wife. Professionally, he says, he will continue singing, writing and pursuing his passion for music. With this in mind, GROWN-UP CHRISTMAS LIST is an incredible way to launch the next chapter of his career.

This song is now available on all digital platforms here:
Spotify: https://open.spotify.com/album/2niw8xiwy2tM0U3IkB7S5c?si=dDvqStG2Srqxr7ui4y4kWw
iTunes: http://itunes.apple.com/album/id1486063819?ls=1&app=itunes

SOCIAL MEDIA LINKS:
Facebook
: https://www.facebook.com/KyleGrantVox/
Instagram: @kyle_grant_sa
Twitter: @KyleGrantSinger