Kyle Grant: Grown-up Christmas List Se Musiekvideo Is Hier!

Embedded thumbnail for Kyle Grant: Grown-up Christmas List Se Musiekvideo Is Hier!
Friday, November 15, 2019 - 13:36

Die uiters gewilde en talentvolle, Kyle Grant, het onlangs sy enkelsnit, GROWN-UP CHRISTMAS LIST, vrygestel. Hierdie Kersballade wat in 1990 oorsee uitgereik is, is ’n inspirerende gesprek met Kersvader, vanuit ’n volwassene se perspektief. Die liedjie, wat deur Muse Productions se Hugo Ludik opgeneem en vervaardig is, is die sanger se eerste solo-enkelsnit na die nuus dat ADAM gaan ontbind.

Die snit bevat ’n lys van goeie wense vir die mensdom,” verduidelik Kyle. “Ek het dit vir die eerste keer gehoor tydens ’n vakansie in die VSA toe ek ’n tiener was. Ek onthou hoe baie ek deur die boodskap geraak is, maar het dit nog nooit op plaaslike radiostasies gehoor speel nie. Volgens my, is dit beslis ’n boodskap wat alle Suid-Afrikaners nodig het om op hierdie oomblik te hoor.”

Die enkelsnit word nou gekomplementeer deur ’n vrolike musiekvideo wat by die feestelike tema pas. Dit is in ’n ateljee opgeneem wat in Kersversierings getooi is. “RM Production House was die perfekte plek om die video op te neem, omdat die ateljee rooi mure het en perfek by die Kersfeestema pas,” verduidelik hy.“Celia Coetzer het die dekor gedoen en die stel ’n aardse Afrika-gevoel gegee, met baie hout- en klei-elemente.” Ryno Mans (RM Productions) was die kreatiewe brein agter die lens en Kyle het self die regie en redigering van die video hanteer.

Alhoewel daar beslis baie ander Kersfeesvrystellings gedurende die feesseisoen gaan wees, glo Kyle dat GROWN-UP CHRISTMAS LIST goed ontvang sal word, omdat dit ’n eerlike lied is wat sal aanklank vind by gehore van alle ouderdomme.

Buiten vir die feit dat hy al vir sestien jaar in die musiekbedryf doenig is, is hy ook ’n suksesvolle verhoog- en televisieakteur. Hy het die hoofrol gespeel in die internasionale musiekproduksies, Dirty Dancing en High School Musical, asook in verskeie plaaslike verhoogstukke. Op die kassie, het hy al rolle gehad in Egoli, Backstage en Getroud Met Rugby, om maar net ’n paar te noem. Sy grootste loopbaanhoogtepunt sover, was egter vir hom om ’n Suid-Afrikaanse Musiektoekenning (SAMA) te ontvang.

Sy toekomsplanne, op ’n persoonlike vlak, sluit in om ’n gesin saam met sy vrou te begin. Professioneel sal hy graag wil aanhou sing en sy passie uitleef. GROWN-UP CHRISTMAS LIST is beslis ’n ongelooflike manier om hierdie nuwe hoofstuk in sy lewe af te skop.

Kyk die video hier: https://www.youtube.com/watch?v=1ByG6lG-_UU

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook
: https://www.facebook.com/KyleGrantVox/
Instagram: @kyle_grant_sa
Twitter: @KyleGrantSinger

Kyle Grant: The Music Video For Grown-up Christmas List Is Here!

The very popular and talented Kyle Grant, has just released his single, GROWN-UP CHRISTMAS LIST. This Christmas ballad, which was first released in 1990, is an inspirational song addressing Father Christmas from an adult’s point of view. Recorded and produced by Hugo Ludik from Muse Productions, it is the singer’s first solo release after the disbandment of the pop trio ADAM.

The song is a list of heartfelt wishes for the human race,” explains Kyle. “I heard it for the first time when I was on holiday in the USA as a teenager. I remember being touched by the message. However, I have never heard it on South African radio. I strongly feel it is a message that all South Africans need to hear right now.”

The single is now complemented by an equally festive music video, which was filmed in a recording studio that was decorated in true Christmas fashion. “The video was shot at RM Production House. Their studio is painted red and I felt that it would be the ideal setting for a Christmas setup,” he explains. “Celia Coetzer was responsible for the decor design and gave the set an earthy African feel with lots of clay and wooden objects.” Ryno Mans (RM Productions) was the creative mind behind the camera and Kyle directed and edited the video himself.

With several singles slated for release during the festive season, Kyle believes that GROWN-UP CHRISTMAS LIST will resonate with listeners as it is honest and relatable.

In addition to actively having worked in the music industry for sixteen years, the entertainer has acted on television and stage. He played leading roles in international touring musicals Dirty Dancing and High School Musical, as well as lead roles in several local premier productions. As an actor Kyle has starred in Egoli, Backstage and Getroud Met Rugby, among others. However, the highlight of his impressive career to date, he says, was winning a South African Music Award (SAMA).

His future plans, on a personal level, include starting a family with his wife. Professionally, he says, he will continue singing, writing and pursuing his passion for music. With this in mind, GROWN-UP CHRISTMAS LIST is an incredible way to launch the next chapter of his career.

Watch video here: https://www.youtube.com/watch?v=1ByG6lG-_UU

SOCIAL MEDIA LINKS:
Facebook
: https://www.facebook.com/KyleGrantVox/
Instagram: @kyle_grant_sa
Twitter: @KyleGrantSinger