Kom Ervaar Die Beste Kos, Wyn En Vermaak By Die Vierde Proe’toria-fees!

Thursday, June 6, 2019 - 11:12

Daar is nie ’n beter manier om die lente af te skop as met ’n uitstappie wat die hele gesin sal geniet nie.

Suid-Afrika se grootste proe- en vermaakfees, PROE’TORIA, is terug en hierdie jaar gaan dit nog groter en beter wees as ooit tevore. Nie net kan feesgangers vanjaar uitsien na die beste kos-, lekkerny-, kuns-, jenewer-, kunsbier- en wynstalletjies nie, maar ook na die grootste name in die musiek- en kosbedryf op een verhoog.

Die Pretoria Nasionale Botaniese Tuine sal op 31 Augustus 2019 die tuiste wees van een van die lekkerste en grootste buitelugfeeste wat Gautengers nóg ervaar het.

Hierdie jaar beloof om die beste PROE’TORIA ooit te wees. Oudergewoonte sal daar meer as ’n honderd verskillende kos- en drankstalletjies wees, asook hope vermaak vir die kinders en topklas kunstenaars op die verhoog,” vertel EPH Group se Leon Pheiffer. “Hierdie jaar word daar meer klem geplaas op die ‘proe’ van PROE’TORIA. Die stalletjie-eienaars gaan so gaaf wees om feesgangers die geleentheid te gee om hulle kos, drankies en lekkernye te proe. ’n Paar bekendes in kosmaakwêreld gaan ook hulle beste kosmaakgeheime op die verhoog kom deel. Daar gaan ook een groot wyntent wees, waar wynliefhebbers kan saam kuier.”

Wynplase en uitstallers, van regoor die land, gaan deel wees van dié geleentheid en sluit verskaffers in soos Dors Water, The Java House, The Pizza Wagon, Foodboyz, Mainstream Brewing Company, Lekker Spookasem en vele meer.

Buiten vir die eet- en drinkgoed, kan die publiek kan ook daarna uitsien om gedurende die dag vermaak te word deur bekendes soos Dewald Wasserfall, Roan Ash, Demi Lee Moore, Corlea, Touch of Class, Joe Foster, Georgetown, Jemma, Deevah en Karlien van Jaarsveld. “Dis vir my alles waarvan ons Suid-Afrikaners hou op een plek saamgevat. Lekker eet, lekker drink en lekker vermaak. Sien julle daar,” voeg Ruhan du Toit van Touch of Class by oor die vierde jaarlikse PROE’TORIA-fees.

Deur deel te wees van dié spesiale dag, doen jy ook jou deel vir liefdadigheid, omdat van die fondse op die dag geskenk sal word om ’n diereorganisasie te help met die wonderlike werk wat hulle vir hawelose diere doen.

Feeshekke sal om 09:00 op die dag open en die vermaak sal tot 20:00 aanhou. Kaartjies is nou reeds beskikbaar vir diegene wat vinnig spring en gebruik wil maak van die spesiale vroeëbesprekingsaanbod (geldig tot 30 Junie 2019) op https://tickets.tixsa.co.za/event/proe-toria-taste-toria. Toegang vir kinders onder agtien is R80 en volwassenes wat nou bespreek, sal slegs R120 per persoon betaal. Die gewone prys vir aanlynbesprekings sal R150 per volwassene en R100 per kind beloop en op die dag sal kaartjies teen R180 per volwassene en R120 per kind verkoop.

PROE’TORIA word trots aangebied in samewerking met EPH Events.

Kom sluit die winter op ’n hoë noot af en bederf jou gesin of vriendegroep met ’n prettige uitstappie wat hulle vir nog baie lank sal onthou. Dit is immers nie elke dag wat jy die kans kry om die beste kos, drank en vermaak op een plek raak te loop nie!

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook:
Proe’toria Fees
Instagram: proetoria_fees

MEER INLIGTING
E-pos: info@proetoria.co.za

PUBLISITEIT & BEMARKING
Star Zoo Factory

Facebook: Star Zoo Factory

The Marketing Zoo
Marne du Plessis / Stefanie Nortier
Kantoor: 012 004 0642
E-pos: marne@marketingzoo.co.za / stefanie@marketingzoo.co.za

Experience The Best Food, Wine And Entertainment At The Fourth Annual Proe’toria Outdoor Festival!

There is no better way to welcome spring than with a family outing that has something for everyone to enjoy!

South-Africa’s biggest food and entertainment festival, PROE’TORIA, is back and this year promises to be even better than before. Not only can festivalgoers look forward to enjoying the best food, nibbles, crafts, gin, craft beer and wine in one place, but they can also expect to be entertained by some of the best artists and food experts on stage.

Pretoria National Botanical Gardens will be transformed into one of the most enjoyable outdoor festivals that Gauteng has ever experienced on 31 August 2019.

This year promises to be the best PROE’TORIA ever. As always, the festival will boast more than a hundred food and drink exhibitors, great music as well as loads of entertainment for the kids,” shares EPH Group’s Leon Pheiffer. “2019’s focus will be on the ‘tasting’ aspect of PROE’TORIA and exhibitors invite the public to come and try their products for themselves. A few respected foodies will also be sharing their cooking tips on stage and a big wine tent will ensure that wine enthusiasts have more than enough options to keep them busy.”

Wineries and exhibitors from all over the country will be part of this event, including Dors Water, The Java House, The Pizza Wagon, Foodboyz, Mainstream Brewing Company, Lekker Spookasem and more.

In addition to delectable food and drinks, the public can also look forward to performances by artists like Dewald Wasserfall, Roan Ash, Demi Lee Moore, Corlea, Touch of Class, Joe Foster, Georgetown, Jemma, Deevah and Karlien van Jaarsveld. “To me this festival combines everything that we as South Africans enjoy – delicious food, a selection of drinks and great entertainment,” says Touch of Class’s Ruhan du Toit about the fourth edition of this event.

By being part of this special occasion, you will also be doing your bit for charity, because some of the funds raised from this event will be donated towards an animal shelter to assist them with the wonderful work they are doing.

Gates will open at 09:00 and the program for the day will end at 20:00. Early Bird tickets are now available (valid until 30 June 2019) at https://tickets.tixsa.co.za/event/proe-toria-taste-toria. Admission for children under eighteen is R80 and adults that book early will only pay R120 per person. The regular price for online bookings will be R150 per adult and R100 per child and on the day tickets will be sold at R180 per adult and R120 per child.

PROE’TORIA is hosted in association with EPH Events

Celebrate the end of winter on a high note and spoil your family or friends with a fun outing that they will definitely not be able to forget. After all, it’s not every day that you get the opportunity to experience the best food, drinks and entertainment all in one place!

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook:
Proe’toria Fees
Instagram: proetoria_fees

MORE INFORMATION
E-mail: info@proetoria.co.za

PUBLICITY & MARKETING
Star Zoo Factory
E-mail: info@starzoofactory.co.za

The Marketing Zoo
Wian Smith
Cell: 082 773 5685
E-mail: wian@marketingzoo.co.za