Juju Mafela Volg In Sy Pa Se Voetspore By Penguin Films En Paw-paw Films Kondig ’n Nuwe Aandeelhouer Aan

Monday, November 5, 2018 - 09:31

Die internasionaal- en SAFTA-bekroonde rolprentmaatskappy, Penguin Films, is baie trots om aan te kondig dat Juju Mafela – die middelkind van die oorlede veteraanakteur, Joe Mafela – sy pa se aandeel in die besigheid oorgeneem het.

Juju, wat by die produksiespan aansluit as kreatiewe vervaardiger, sien uit daarna om in sy pa se voetspore te volg, aangesien dit sy lewenslange droom is om die manier waarop mense stories vertel te herontwerp en om gehore te inspireer. “Penguin Films is ’n groot maatskappy wat ongelooflike werk doen. Dit is my doel om, sover as wat dit in my vermoë is, as vennoot by te dra om die besigheid internasionaal te laat groei. Dit was die gesprek wat ek en my pa gehad het en hoe meer die besigheid groei, hoe groter word sy nalentenskap,” deel Juju.

Bekroonde regisseur, kreatiewe vervaardiger en stigter van Penguin Films, Roberta Durrant, verwelkom Juju se belangstelling om die gaping te vul wat sy pa gelaat het en sê: “Dit was nog altyd Joe Mafela se wens dat sy seun eendag in sy voetspore sou volg en ons is trots om aan te kondig dat Juju Mafela nou ’n 30%-aandeelhouer is in ons besigheid. Ek is in my skik om hom as opvolger te hê. Oor die jare, het ek vir Juju gesien ontwikkel en ons het al baie projekte saam gedoen. Ek sien uit na sy insae as kreatiewe vervaardiger.”

Penguin Films se paaie het met die van Joe Mafela gekruis tydens die vervaardiging van die gewilde 1986-sitkom, Sgudi ‘Snaysi, waarin Mafela die rol van S’dumo gespeel het wat by Sis May (gespeel deur oorlede Daphne Hlomuka) loseer het. Met die verloop van die program se 78 episodes, het Joe Mafela ’n geliefde kulturele held geword.

Gedurende sy suksesvolle loopbaan, is Joe met verskeie Lewenslange Bydrae-toekennings in die bedryf vereer, waaronder ’n Lewenslange Bydrae-toekenning van die Die Nasionale Rolprent- en Videostigting, die Comics’ Choice-toekenning, ’n Duku Duku Black Entertainment-toekenning en ’n Naledi-verhoogtoekenning. Die Suid-Afrikaanse rolprent- en televisiebedryf het getreur toe hy in Maart 2017 ontydig gesterf het.

As gevolg van Sgudi ‘Snaysi se gewildheid, kon Mafela en Penguin Films ook saam Going Up en die opvoedkundige reeks, Khululeka, vervaardig. Sedertdien, was hulle verantwoordelik vir verskeie bekroonde televisiereekse en –sitkoms soos Madam and Eve, SOS, Fishy Feshuns, Going Up Again, Mazinyo dot Q en Stokvel. Van hulle meer onlangse dramas sluit in die bekroonde Saints and Sinners en die telenovella, Ring of Lies, asook die internasionaal-bekroonde lokettreffer oor die historiese heldin, Krotoa, met Crystal-Donna Roberts en Armand Aucamp waarvoor hy pas aangewys is as Beste Akteur by die Huisgenoot Tempo-toekennings.

Die maatskappy is tans besig met die produksie van Arendsvlei, kykNET & Kie’s (kanaal 145) se eerste oorspronklike Afrikaanse telenovela, wat om 20:00 daagliks – van Maandag tot Woensdag – uitgesaai word.

Intussen het hulle sustersmaatskappy, Paw-Paw Films, ook vir Sheena Lee Hendricks as nuwe 23%-aandeelhouer aangekondig. Hendricks, wat in 2013 by die maatskappy aangestel is en aan die besigheidskant werk, is baie opgewonde oor hierdie nuwe hoofstuk in haar loopbaan. “Ek is nou besig om na die produksiekant van die besigheid te beweeg, wat ook is waar ek myself kan sien bly en groei. Ek het onder begin en nog altyd my 110% gegee. Nou wil ek daardie 110% gebruik om by te dra tot Paw-Paw en Penguin Films se sukses. Met die leiding en ondersteuning van Roberta Durrant, is niks onmoontlik nie,” verduidelik Sheena Lee.

Paw-Paw Films vervaardig al sedert 2006 beeldmateriaal. Die maatskappy was verantwoordelik vir die maak van verskeie gewilde programme soos Z’bondiwe 1, 2 & 3 (eTV); Sokhulu & Partners 1 & 2 (SABC 1); Isikizi 1 & 2 (Mzansi Magic); Shreds and Dreams 1 & 2 (SABC 1); Izangane Zobaba (SABC 1); Democracy Back to Human Rights (SABC 2); Kemang – who am I? (SABC 1); en Take a Trip to (SABC 3). Hulle dramareeks, Ambitions (eTV), is huidiglik elke Sondag om 21:00 op die kassie op eExtra (OpenView-kanaal 105 of DStv-kanaal 195) en word op Woensdae herhaal om 21:30. Ambitions is ook aanlyn beskikbaar op eTV se YouTube-kanaal.  

Regisseur en mede-aandeelhouer van Paw-Paw Films, Mandilakhe Yengo, is opgewonde om Hendricks aanboord te hê en positief oor die rigting waarin die besigheid beweeg. Sy sê: “Ons het groot planne vir Paw-Paw Films en die inhoud wat ons wil skep. Ons wil ook jong talent insluit wat op hoogte is van wat nou relevant is, nie bang is om ’n ding te sê soos dit is nie, en kykers op ander maniere na hulself sal laat kyk as wat hulle ooit gedink het moontlik is.”

Sara se Geheim 1 & 2, een van hul mees onlangse produksies vir kykNET, het pas pryse gewen vir Beste Drama en Beste Akteur in ’n Drama (Marlo Minnaar) by die 2018 Huisgenoot Tempo-toekennings en die span is baie positief oor Paw-Paw Films se toekoms.

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/penguinfilmsofficial/
Instagram: @penguinfilmsofficial
Twitter: @Penguin_films & @Penguin_PawPaw
Webblad: www.penguinfilms.co.za

Juju Mafela To Follow In Father’s Footsteps As Penguin Films And Paw-paw Films Announce New Shareholders

SAFTA and International Award-winning film company, Penguin Films, is proud to announce that Juju Mafela – the middle son of the late veteran actor, Joe Mafela – has taken over his father’s shareholding in the company.

Juju, who will be joining the production team as a creative producer, is looking forward to following in his father’s footsteps, as it has been his lifelong dream to be in a position where he could reinvent how people share creativity and tells stories that inspire audiences. “Penguin Films is a company that does amazing work and it’s my objective, coming in as a partner, to grow the company internationally by any means necessary. That was the conversation I had with my father, and as the company grows so too does his legacy,” Juju shares.

Acclaimed filmmaker, creative producer and founder of Penguin Films, Roberta Durrant, has welcomed Juju’s interest in filling the void that his father left and says: “It was always Joe Mafela’s wish that his son would one day follow in his footsteps and we are proud to announce that Juju Mafela is now a 30% shareholder in our company. I am delighted to have the succession. I have seen Juju develop over the years. He has worked with us in production many times and now we look forward to his input as creative producer.”

Penguin Films first crossed paths with Joe Mafela while producing the popular 1986 sitcom, Sgudi ‘Snaysi, in which Mafela starred as S’dumo, the lodger to Sis May (played by the late Daphne Hlomuka). Over the course of the show’s 78 episodes, Joe Mafela become a beloved cultural hero.

During his successful career, Joe received a host of industry Lifetime Achievement Awards, including a Lifetime Achievement Award from the NFVF, the Comics’ Choice Award, a Duku Duku Black Entertainment Award and a Naledi Theatre Award. The South African film and television industry mourned his untimely death in March 2017.

Due to the popularity of Sgudi ‘Snaysi, Mafela and Penguin Films went on to produce Going Up and the voter education series Khululeka. Since then the company has been responsible for various award-winning sitcoms like Madam and Eve, SOS, Fishy Feshuns, Going Up Again, Mazinyo dot Q and Stokvel. Their recent drama series include the award-winning Saints and Sinners and the telenovela Ring of Lies. Penguin Films also produced the acclaimed blockbuster about the historical heroin, Krotoa, starring Crystal-Donna Roberts and Armand Aucamp who has just won Best Actor at the Huisgenoot Tempo Awards for this film.

Penguin is currently in production with Arendsvlei, kykNET & Kie’s (channel 145) first original Afrikaans telenovela, which is on air from Mondays to Wednesdays, at 20:00.

In the meantime, sister company Paw-Paw Films has also announced that Sheena Lee Hendricks will take up a 23% share as a new shareholder. Hendricks who joined the company in 2013 and who works on the business side, is thrilled about starting this brand new chapter of her career. “I am now moving towards producing on the business side of things, which is really where I see myself growing even further. I come from humble beginnings and have always strived to give a 110% all of the time. What I intend on doing with that 110%, is to continue working hard to contribute towards Paw-Paw and Penguin Films’ success and with the amazing guidance and support of Roberta Durrant the sky will always be my limit,” Sheena Lee explains.

Paw-Paw Films has been producing content since 2006. The company is responsible for numerous popular shows like Z’bondiwe 1, 2 & 3 (eTV); Sokhulu & Partners 1, 2 & 3 (SABC 1); Isikizi 1 & 2 (Mzansi Magic); Shreds and Dreams 1 & 2 (SABC 1); Izangane Zobaba (SABC 1); Democracy Back to Human Rights (SABC 2); Kemang – who am I? (SABC 1); and Take a Trip to (SABC 3). Their drama series Ambitions (eTV) is currently on air every Sunday at 9pm on eExtra (OpenView channel 105 or DStv channel 195) and repeated on Wednesdays at 9.30pm. Ambitions is also available online on eTV’s YouTube channel.  

Director and co-owner of Paw-Paw films, Mandilakhe Yengo, is delighted to have Hendricks on board and is positive about the direction the company has taken. “The sky is the limit, especially with Paw-Paw Films and the direction we want to take with our content. We want to also add a youthful exuberance that is up to date with the ‘now situations’ of our people; telling it like it is in captivating audio - visual and narrative fashion, allowing our audiences to view themselves in ways they never imagined.”

Sara se Geheim 1 & 2, one of their most recent productions for kykNET, has just won Best Drama and Best Actor in a Drama (Marlo Minnaar) at the 2018 Huisgenoot Tempo Awards and the team is positive about Paw-Paw Films’s future.

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook: https://www.facebook.com/penguinfilmsofficial/
Instagram: @penguinfilmsofficial
Twitter: @Penguin_films & @Penguin_PawPaw
Website: www.penguinfilms.co.za