Juan Boucher Laat Afrikaanse Harte Warm Klop Met Nuwe Album, Enkelsnit En Musiekvideo!

Embedded thumbnail for Juan Boucher Laat Afrikaanse Harte Warm Klop Met Nuwe Album, Enkelsnit En Musiekvideo!
Friday, October 9, 2020 - 16:59

Na twaalf suksesvolle jare in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf, het Juan Boucher beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie bekroonde Vaaldriehoeker, met sy growwe stem, lekkerluister-lirieke, ritmiese musiek en vermaaklike verhoogpersoonlikheid, het oor die jare diep in sy ondersteuners se harte kom nesskop.

Vandag is dié Gebore Om By Jou Te Wees-sanger ’n gevestigde naam, met 8 goue- en platinumverkoper ateljee-albums, talle radiotreffers en verskeie musiektoekennings op sy kerfstok. Hy is ook deesdae die trotse eienaar van die kleremaatskappy, Bouch Clothing, wat fokus op diegene wat daarvan hou om net so stylvol en gemaklik te lyk in die bosveld as in die stad.

Ter viering van sy suksesvolle loopbaan sover, het Juan pas ’n splinternuwe album, GEWIGLOOS, uitgereik, wat beloof om bewonderaars se stoutste verwagtinge te oortref. “Dit is my eerste album waar nie een van die klanke geprogrammeer is nie en met regte, lewendige instrumente opgeneem is,” vertel die sanger. “Wanneer ek daarna luister, voel ek gewigloos. Elke liedjie is in ’n unieke skryfstyl, ritme en tempo, met kitare wat sag skree en die bas wat alles nostalgies bymekaar hou. Ek wil graag hê die inhoud moet Afrikaans sterker maak en Suid-Afrikaners saam bind.”

Album nommer agt bestaan uit twaalf oorspronklike snitte, wat sorgvuldig uitgesoek is om ’n aanloklike storie te vertel. Buiten vir lekker opgewekte dansnommertjies en pragtige liefdesballades, is daar ook twee liedjies wat saam met ander kunstenaars geskryf is ingesluit. In die Bosveld saam met Neil Somers, is baie goed ontvang en kuier al vir weke lank bo-aan die treffersparades van verskeie radiostasies. Die musiekvideo is ook reeds deur meer as 280 000 kykers op YouTube gesien. Verder is die snit, Toestand, saam met sy agent en mede-musikant, Len Muller, geskryf. “‘Geroeste Ysters’ is ’n huldeblyk aan die manne wat destyds ons grense opgepas het tydens die oorlog,” verduidelik hy. “‘Brandewyn’ is eintlik geskryf toe ek een-en-twintig was en sou nie op die album gewees het nie, maar toe daag iemand my uit om dit wel op te neem en nou is dit deel van die speellys.” 

Die nuutste enkelsnit, EK MIS MAAR NET JOU HART, is onlangs vrygestel en beloof om aan selfs die kieskeurigste vereistes te voldoen. Hierdie is ’n liefdesliedjie uit die sanger se eie pen. “Dit gaan oor die persoon wat jy tans liefhet en nie oor iemand in die verlede nie,” verklap Juan, wat dié snit as sy gunsteling beskryf. “Wanneer jy al lank met iemand in ’n verhouding is en julle dryf so ’n bietjie uitmekaar uit en kommunikeer nie meer so effektief nie, is wanneer jy kan sê: ‘EK MIS MAAR NET JOU HART’. Dit is ’n liedjie vir elke persoon wat al ooit lief was vir iemand en sal by almal aanklank vind.”

Die musiekvideo van hierdie snit, wat deur Wian van der Walt van Vonk Musiek vervaardig is, is al langs die kus verfilm – van Vishoek tot George. Regdeur die video, is daar skote van Juan wat alleen staan en die lewe bepeins, wat simbolies is van die swaar tye in verhoudings waarin ’n mens eensaam voel en jou geliefde mis. “Ek wou graag hê dat die video moes lyk asof dit in ’n ander wêreld afspeel, so alhoewel dit in Suid-Afrika gedoen is, lyk dit asof ons in die sneeu geskiet het,” vertel hy. “Die liedjie gaan oor iemand wat na die begin-stadium van ’n liefdesverhouding verlang en ons wou hê dat die video hierby moes inskakel.”

KYK DIE VIDEO HIER: https://youtu.be/mvwv_sA-doo

Juan het in 2012 sy debuut gemaak in die musiekbedryf met treffers soos Onthou Jy Om Jonk en beskou musiek en sy geliefdes as die grootste vreugdes in sy lewe. “Musiek is ’n geskenk van bo en ek is so geseënd om te kan sing en skryf,” sê hy. “Ek is op my gelukkigste as my liedjies mense laat glimlag en is lief vir die lewe, liefde en mense.”

Hy is bekend vir sy goedvoelmusiek en het reeds vroeg die kuns bemeester om liedjies te skep waarby die gehoor aanklank vind. Daarom is hy nie net in 2017 aangewys as die publiek se gunsteling tydens die Ghoema-toekennings nie, maar is hy ook in 2019 met Aitsa- (Beste Lirieke in Suid-Afrika) en Bokkie-toekennings (Beste Manlike Kunstenaar) bekroon.

Dit is dan ook nie vreemd dat hy reeds ses suksesvolle albums op sy kerfstok het nie, waarvan Dis Wie ek Is en Onthou Jy om Jonk albei goue- en Kalm Voor Die Storm platinumverkoopstatus bereik het. Hy is ook veral bekend vir treffers soos Ons Word Een, Huisie in die Bos (saam met Jan Rhaap), In Jou Wolk en Whiskey en Jy, en ’n gereelde gesig by die land se grootste feeste en funksies.

As hy enige ander beroep moes kies, sou hy graag sokker wou speel vir sy gunsteling-klub, Arsenal. Hy verklap ook dat hy nie kan wag om eendag sy eie kinders te hê nie en dat hy dit sy prioriteit sal maak om sy gesin behoorlik te versorg en daar te wees as hulle hom nodig het.

Die musiekbedryf het hom geleer om sy drome te volg en hard te werk om hulle waar te maak. “As jy dit nie gaan haal nie, gaan niemand dit vir jou gee nie,” meen hy.

GEWIGLOOS is ’n moet-hê-album vir elke Juan Boucher-aanhanger. Dit is ’n kombinasie van lekkerluister-musiek waarsonder geen speellys volledig sal wees nie. Sy nuutste album en enkelsnit is nie net ’n duidelike bewys dat dié sangsensasie sy gehoor se belange op die hart dra nie, maar ook ’n juweel vol treffers wat nog vir baie jare oor die radio gehoor sal word. 

LYS VAN SNITTE OP DIE ALBUM

  1. Lewenslustig
  2. Trou
  3. Gewigloos
  4. September
  5. Mis Maar Net Jou Hart
  6. Geroeste Ysters
  7. Kampioen
  8. Gif
  9. Kan ek?
  10. Toestand
  11. Brandewyn
  12. In die Bosveld

Die album is vanaf 9 Oktober 2020 in winkels beskikbaar en sal teen einde Oktober 2020 op alle digitale platforms beskikbaar wees. Om die album nou voor-af te bestel, kliek hier: https://www.gaangroot.co.za/collections/voorafbestelling/products/juan-boucher-gewigloos

SOSIALE MEDIA SKAKELS:
JUAN BOUCHER

Facebook: https://www.facebook.com/juanboucherpage/
Twitter: @juanboucher007
Instagram: @juanbouchersa

PUBLISITEIT & BEMARKING:
STARBURST PROMOSIES

Gizela Arndt
Sel: 083 083 399 6869
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za

Juan Boucher Makes Afrikaans Hearts Beat Faster With New Album, Single And Music Video!

After twelve successful years in the entertainment industry, Juan Boucher has become a household name amongst Afrikaans music enthusiasts. The acclaimed artist, from the Vaal Triangle, is known for his soothing voice, catchy lyrics, energetic melodies and entertaining stage personality.

The Gebore Om By Jou Te Wees-star boasts an impressive CV that includes eight studio albums, numerous radio hits, and various music awards. Since 2012, he has also established himself as a television presenter. These days, Juan is also the proud owner of his own fashion label, Bouch Clothing, which caters for those who prefer looking just as stylish in the bush as they do in the city.

In celebration of his thriving career, he has recently released a brand-new album, GEWIGLOOS, which promises to captivate listeners from beginning to end. “It is the first album that I have ever made without using pre-programmed sounds and everything was recorded with live instruments,” the artist explains. “I feel weightless and free when listening to it. Each song has a unique approach, rhythm and style and includes beautiful guitar pieces. I want this album to make Afrikaans stronger and bind South Africans together.”  

The eighth studio album contains twelve original tracks that was carefully selected to tell a story. Aside from upbeat dance tracks and beautiful love ballads, the album also offers exciting collaborations with other musicians. In die Bosveld, a duet with Neil Somers, was very well received and is still topping the charts of various radio stations. The music video has also had more than 280 000 hits. Toestand, a track that he wrote with his agent and fellow musician, Len Muller, is also included on the album. “‘Geroeste Ysters’ is a tribute to the men who guarded our borders during the war,” he shares. “‘Brandewyn’ was written when I was twenty-one and was not supposed to be on the album, but someone dared me to record it and that is how it made the cut.” 

His latest single, EK MIS MAAR NET JOU HART, has just been released and promises to impress even the most critical of ears. This love song, written by the artist himself, can be described as a feel-good ballad with an inspiring message. “This is a song about the person that you are currently in love with and not someone from the past,” Juan reveals about the meaning behind his favourite track. “When you have been in relationship with someone for a long time and you drift apart and struggle to communicate, you end up missing what you’ve had and that is when you can say: EK MIS MAAR NET JOU HART (I MISS YOUR HEART)”. It is a song for anyone who has ever loved someone and will resonate with audiences of all ages.”

The music video, produced by Vonk Musiek’s Wian van der Walt, was filmed along the coast - from Fish Hoek to George. Throughout the video, there are shots of Juan standing alone – contemplating life, which symbolises the difficult times in a relationship that makes you feel isolated from your partner. “I wanted the video to look like it was set in another world, so even though it was actually filmed in South Africa, it looks like I am walking in the snow,” he says. “The song is about someone who misses the feeling of closeness at the beginning of his relationship and we wanted it to be reflected in the video.”

WATCH THE VIDEO HERE: https://youtu.be/mvwv_sA-doo

Juan made his debut in 2012 and is passionate about his music and family. “Music is a gift and I am so blessed to be able to sing for a living,” he shares. “It makes me happy when my music makes people smile. I absolutely love life, love and people.”

He is known for his upbeat music and has a knack for creating songs that audiences of all ages can relate to. That is why he was not only named the public’s favourite artist during the 2017 Ghoema Awards, but also won Aitsa (Best Lyricist in SA) and Bokkie (Best Male Artist) music awards in 2019.

It therefore, also comes as no surprise that he has already released six successful albums of which Dis Wie ek Is and Onthou Jy om Jonk both achieved gold and Kalm Voor Die Storm reached platinum status. He is also known for hits like Ons Word Een, Huisie in die Bos (ft. Jan Rhaap), In Jou Wolk and Whiskey en Jy, and is a regular performer at the country’s biggest music functions and festivals. 

If he had to choose a different career, he would have loved to be a soccer player for Arsenal. He also shares that he cannot wait to be a father one day and that he will do his best to provide for his family and to be there when they need him.

The music industry has taught him to follow his dreams and work hard to make them come true. “You have to go for it, because no one is going to give it to you,” the singer says.

GEWIGLOOS is a must for any Juan Boucher fan’s music collection. It is a striking combination of feel-good music and catchy party tunes, without which no playlist will be complete. His latest album and single is not only proof of how well he knows his target audience, but also showcases how much he has grown over the years.

TRACK LIST

  1. Lewenslustig
  2. Trou
  3. Gewigloos
  4. September
  5. Mis Maar Net Jou Hart
  6. Geroeste Ysters
  7. Kampioen
  8. Gif
  9. Kan ek?
  10. Toestand
  11. Brandewyn
  12. In die Bosveld

The album will be available on digital platforms towards the end of October. To pre-order the album, click here:
https://www.gaangroot.co.za/collections/voorafbestelling/products/juan-boucher-gewigloos

SOCIAL MEDIA LINKS:
JUAN BOUCHER

Facebook: https://www.facebook.com/juanboucherpage/
Twitter: @juanboucher007
Instagram: @juanbouchersa

PUBLICITY & MARKETING:
STARBURST PROMOTIONS

Gizela Arndt
Cell: 083 399 6869
E-mail: gizela@starburstmusic.co.za
Website: www.starburstmusic.co.za