Joshua Na Die Reën Stel Tweede Enkelsnit Vanaf Someraarde Album Bekend

Wednesday, July 10, 2019 - 13:19

Die geliefde sanger en musikant, Joshua na die Reën het vroeg in 2019 die eerste enkelsnit vir sy album, SOMERAARDE, getiteld, SOOS IN NOU vrygestel en aanhangers en radiostasies kon nie genoeg kry nie. Dié liedjie het binne weke die Nommer 1 posissie op trefferparades van radiostasies landswyd ingeneem. Kort daarna het hy die album vrygestel wat ook onmiddellik die Nommer 1 posissie op die SA iTunes Trefferparade vir verkope ingeneem het!

Nou, gedurende Julie 2019 stel hy sy tweede enkelsnit, SOOS DIE WIND aan radiostasies landswyd bekend.

Die musikant, wat bekend is vir sy rustige fluweelstem, het sy nuutste album self vervaardig. Hy het baie moeite gedoen om die mooiste melodieë en lirieke soomloos te verweef met ’n interessante kombinasie van kontemporêre- en pop-klanke om ’n baie treffende eindresultaat te verseker.

Ek het baie geleer tydens die opnameproses. Op hierdie reis het ek mense ontmoet wat soveel meer ingeploeg het as wat van hulle verwag is... Ewald Jansen van Rensburg het die vermenging van klank gedoen en dit was een van die samewerkings in my lewe wat werklik geen moeite was nie, want dis lekker as jy mense so kan vertrou. Andy Maritz het die dromvervaardiging gedoen en ek sê baie keer vir hom dat hy die album gered het,” sê hy. 

Elf oorspronklike snitte, waarvan een (Vlieërs) ’n duet is met die opkomende ster Liani Reynolds, neem aanhangers op reis deur die verskillende emosies van menswees en beloof om hulle aandag van begin tot einde gevange te hou en direk met die siel te praat. Die radioweergawe van die treffer, Soos In Nou verskyn ook as bonussnit op die album.

Hy bekoor luisteraars reeds sedert die vrystelling van sy debuutalbum, Joshua na die Reën, in 2014. Sedertdien het hy al verskeie musiektoekennings, waaronder verskeie Ghoema-musiektoekennings (Joshua na die Reën), ’n Huisgenoot Tempo-toekenning, ’n SAMA-toekenning (Die Wêreld Binne My) en ’n Woordfees-toekenning ingepalm en temaliedjies vir verskeie flieks - Vir Altyd (vir die lokettreffer met dieselfde naam) en Voshaarnooi (vir die lokettreffer Ballade vir ’n Enkeling), televisieprogramme en –veldtogte geskep.

Buiten vir Huisgenoot Skouspel en Gospel is Groot, het dié veelsydige ster ook al die verhoog met gesoute kunstenaars soos Elvis Blue, Jak de Priester, Amanda Strydom, Laurika Rauch, Richard van der Westhuizen, Die Heuwels Fantasties en nog vele ander gedeel.

Met SOMERAARDE se noukeurige samestelling en sielvolle inhoud, voldoen hy nie net aan sy nuutste doelwit nie, maar verstewig hy ook sy plek as musikant in die bedryf. Sy nuutste vrystelling sal sommer blitsvinnig in luisteraars se harte te kruip en is ’n aanwins vir enige albumversameling.

SNITTE OP DIE ALBUM

  1. Soos in Nou
  2. Sterrenet
  3. Someraarde
  4. Wandel
  5. Vlieërs (duet met Liani Reynders)
  6. Branders
  7. Chamonix
  8. Soos die Wind
  9. Suiderkruis
  10. Sweef
  11. Onbekende Reis

Kry die album nou hier: www.jndr.co.za/itunes

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/JoshuaNaDieReen
Twitter: @JoshuaNaDieReen
Instagram: @joshuanadiereen
Webblad: www.jndr.co.za

Joshua Na Die Reën Releases Second Single From Someraarde Album

The accomplished and respected singer / songwriter musician, Joshua na die Reën released his first single, SOOS IN NOU, from his third studio album, SOMERAARDE, earlier this year and fans and radio nationwide just couldn’t get enough. This incredible song hit the No.1 position on radio stations nationwide shortly after release. The album was released shortly afterwards and also hit the No. 1 position on the SA iTunes in an instant!

Now, during July 2019, he will be releasing the second single from this album, titled, SOOS DIE WIND.

I wrote Soos die wind while I was still playing for and touring with Bobby van Jaarsveld. We were close to Riversdal and one of my friends, Juanel phoned and asked me to come to his baby girl, Ya’El’s christening the following morning. I then wrote, SOOS DIE WIND for her as a blessing over her life. The universal meaning of this song is also that, a blessing that we need to speak and hope for the people around us”, says Joshua.

The musician, who is known for his soothing velvety voice, has produced this latest album himself. He went to a lot of effort to seamlessly interweave the finest melodies and lyrics with an interesting combination of contemporary and pop sounds to ensure a very striking end result.

I have learned a lot during the recording process. On this journey, I met people who contributed so much more than what was expected of them... Ewald Jansen van Rensburg did the sound mixing and it was one of the most effortless collaborations of my life. It was nice to be able to trust someone so completely with what they were doing. Andy Maritz did the drum production and I often tell him that he saved the album,” he says.

Eleven original tracks, one of which (Vlieërs) is a duet with upcoming star Liani Reynolds, will guide fans through a spectrum of various human emotions and promise to keep them captivated from beginning to end and speak directly to the heart. The radio version of the hit Soos In Nou also appears as a bonus track on the album.

Joshua na die Reën has been captivating audiences since his debut album, Joshua na die Reën, was released in 2014. Since then, he has won several awards, including various Ghoema Awards (Joshua na die Reën), a Huisgenoot Tempo, a SAMA (Die Wêreld Binne My) and a Woordfees prize. The artist has also written theme songs for movies like the box office hits Vir Altyd and Ballade vir ’n Enkeling (Voshaarnooi).

Aside from Huisgenoot Skouspel and Gospel is Groot, this versatile star has also shared the stage with big names like Elvis Blue, Jak de Priester, Amanda Strydom, Laurika Rauch, Richard van der Westhuizen, Die Heuwels Fantasties and more.

With SOMERAARDE’s meticulous composition and soulful content, he not only exceeds his latest goal but also strengthens his place as a musician in the industry. His latest release promises to touch listeners’ hearts and will be an asset to any album collection.

TRACKS ON THE ALBUM

  1. Soos in Nou
  2. Sterrenet
  3. Someraarde
  4. Wandel
  5. Vlieërs (duet with Liani Reynders)
  6. Branders
  7. Chamonix
  8. Soos die Wind
  9. Suiderkruis
  10. Sweef
  11. Onbekende Reis
  12. * Soos in Nou – Radio edit

This album is available on all digital platforms here: www.jndr.co.za/itunes

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook: https://www.facebook.com/JoshuaNaDieReen
Twitter: @JoshuaNaDieReen
Instagram: @joshuanadiereen
Web: www.jndr.co.za