Joshua Na Die Reën Stel Eerste Enkelsnit Vanaf Nuwe Album Vry

Tuesday, March 5, 2019 - 10:35

... Stuur ’n rooksein, ek hou die lug al lankal dop. Ek het jou nodig, hierdie ding speel met my kop. Ek wil verander, sonder jou bly als doodstil staan...”

Die gewilde musikant en liedjieskrywer, Joshua na die Reën, is terug met die mooiste melodie en lirieke wat beloof om direk met jou siel te praat.

SOOS IN NOU is die eerste vrystelling vanaf sy derde ateljee-album, Someraarde, wat vanaf middel April 2019 op die rak beskikbaar sal wees en gaan voortbou op die kontemporêre wenresep waarvoor hy bekendheid verwerf het, maar ook ’n splinternuwe pop-element in sy musiek gaan bekend stel.

Dié enkelsnit, uit die musikant se eie pen, is geïnspireer deur sy liefde daarvoor om oor die lewe te filosofeer, asook die soeke na rigtingwysers op die lewenspad wat aandui dat verandering nodig is én die besef dat jy die dinge wat jou terughou moet laat gaan. Ek ervaar die lewe soms taamlik intens. Wanneer ek bly is voel ek regtig bly, maar wanneer ek af voel sukkel ek soms om sin te maak van dinge. Op een of ander manier delf ek in daardie tye deur die bogrond van my siel en kom dan darem uit by dit wat onder dit lê,” verduidelik hy. “Ek verstaan self nie alles wat die mens in sy wese ervaar nie, maar ek weet wel dat wanneer ek in die oggend die blou lug sien, ek besef dat daar genoeg is om oor tevrede te wees. Tog bly dit ’n uitdaging om in jouself te ervaar dat jy genoeg is, en dat daar iemand daar buite is wat jou nodig het net soos wat jy is.”

SOOS IN NOU is tans oppad na radiostasies landswyd en ’n musiekvideo van dié emosiebelaaide liedjie sal ook binnekort beskikbaar wees.

Die bekroonde kunstenaar, Joshua na die Reën, bekoor luisteraars reeds sedert die vrystelling van sy debuutalbum, Joshua na die Reën, in 2014. Sedertdien het hy al verskeie musiektoekennings, waaronder verskeie Ghoema-musiektoekennings (Joshua na die Reën), ’n Huisgenoot Tempo-toekenning, ’n SAMA-toekenning (Die Wêreld Binne My) en ’n Woordfees-toekenning ingepalm en temaliedjies vir verskeie flieks - Vir Altyd (vir die lokettreffer met dieselfde naam) en Voshaarnooi (vir die lokettreffer Ballade vir ’n Enkeling), televisieprogramme en –veldtogte geskep.

Buiten vir Huisgenoot Skouspel en Gospel is Groot, het dié veelsydige ster ook al die verhoog met gesoute kunstenaars soos Elvis Blue, Jak de Priester, Amanda Strydom, Laurika Rauch, Richard van der Westhuizen, Die Heuwels Fantasties en nog vele ander gedeel.

SOOS IN NOU het ’n opbouende wysie wat verweef is met ander sterk musiekelemente en betekenisvolle lirieke wat onmiddellik sal aanklank vind by gehore van alle ouderdomme. Dit is die perfekte lusmaker vir sy komende album, waarna musiekliefhebbers al so lank uitsien.

SOOS IN NOU is nou op alle digitale platforms beskikbaar. Volg die skakel om die liedjie nou aan te skaf:
iTunes: https://itunes.apple.com/za/album/soos-in-nou-radio-release/1454838170?i=1454838173
Deezer: http://www.deezer.com/album/89080732
Spotify: https://open.spotify.com/track/5t0HmilUiZXsakAPHNSnMA?si=eWeHEN_gSH27XHMcRBxpew

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/JoshuaNaDieReen
Twitter: @JoshuaNaDieReen
Instagram: @joshuanadiereen
Webblad: www.jndr.co.za

Joshua Na Die Reën Releases First Single From Upcoming Album

... Stuur ’n rooksein, ek hou die lug al lankal dop. Ek het jou nodig, hierdie ding speel met my kop. Ek wil verander, sonder jou bly als doodstil staan...”

(Send a smoke signal, I have been looking for a sign. I need you, because I am so confused. I want to change, but without you I am unable to move forward.)

Acclaimed singer and songwriter, Joshua na die Reën, is back with a heart-warming melody and beautiful lyrics that is set to capture the hearts of music lovers from across the country.

SOOS IN NOU is the first release taken from his third studio album, Someraarde, which will be available middle April 2019. This masterpiece will not only build on the award-winning contemporary style that he is famous for, but will also introduce a brand new pop element into his music.

The single, written by the musician himself, was inspired by his philosophical nature and is about taking notice of the signs on the path of life, which indicate that change is needed, as well as the realization that you have to let go of the things that are holding you back. “Sometimes I experience life very intensely. When I am happy I feel really happy, but when I feel down, I tend to struggle to make sense of things. Somehow, in those times, I dig through the topsoil of my soul and am able to identify what lies beneath it,” he explains. “I cannot even begin to understand everything that different humans are experiencing in their own lives, but I do know that when I see the blue sky in the morning, I realize there is enough to be happy about. Still, it is a challenge to accept that you are enough and there is someone out there who needs you just the way you are.”

SOOS IN NOU will be released to radio stations nationwide during the week of 4 March 2019 and a music video of this emotional track, will also be available soon.

Joshua na die Reën has been captivating audiences since his debut album, Joshua na die Reën, was released in 2014. Since then, he has won several awards, including various Ghoema Awards (Joshua na die Reën), a Huisgenoot Tempo, a SAMA (Die Wêreld Binne My) and a Woordfees prize. The artist has also written theme songs for movies like the box office hits Vir Altyd and Ballade vir ’n Enkeling (Voshaarnooi).

Aside from Huisgenoot Skouspel and Gospel is Groot, this versatile star has also shared the stage with big names like Elvis Blue, Jak de Priester, Amanda Strydom, Laurika Rauch, Richard van der Westhuizen, Die Heuwels Fantasties and more.

SOOS IN NOU showcases an uplifting tune with strong musical elements and meaningful lyrics that audiences of all ages will be able to relate to. It is the perfect introduction to his latest album, which is something that fans has really been looking forward to.

SOOS IN NOU is available on the following digital platforms:
iTunes: https://itunes.apple.com/za/album/soos-in-nou-radio-release/1454838170?i=1454838173
Deezer: http://www.deezer.com/album/89080732
Spotify: https://open.spotify.com/track/5t0HmilUiZXsakAPHNSnMA?si=eWeHEN_gSH27XHMcRBxpew

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook: https://www.facebook.com/JoshuaNaDieReen
Twitter: @JoshuaNaDieReen
Instagram: @joshuanadiereen
Web: www.jndr.co.za