Jauni M Se Debuut-album Sal By Almal Aanklank Vind

Friday, June 7, 2019 - 09:18

Daar is min sangers wat veelsydig genoeg is om ’n impak te hê in verskeie genres in die musiekbedryf. Met haar debuut-album, NIEMAND ANDERS, bewys Jauni M nie net dat haar talent nie gebonde is tot ’n spesifieke styl nie, maar maak sy ook seker dat die Suid-Afrikaanse publiek nie sommer gou van haar sal vergeet nie.

Haar eerste solo-album, wat grotendeels oor liefde en die verskillende keuses wat daarrondom gemaak moet word gaan, het ’n volwasse kontemporêre klank en is die resultaat van vyf jaar se harde werk. Dit spog met twaalf snitte, wat die kunstenaar hoofsaaklik saam met Zanda Traut, Deon Meiring en Emil Struwig geskryf het, wat wissel tussen opgewekte lekkerluisterdeuntjies en dieper hartsmusiek. “Hierdie kontemporêre album het iets vir almal, van Pop tot Country en selfs ’n bietjie Rock. My man, die lewe, keuses, mense en die liefde het alles bygedra tot die inspirasie vir my musiek,” vertel sy. “Dit is nie sommer net ’n gewone Afrikaanse popalbum nie, maar my storie in musiek. Al die liedjies het emosionele diepte en ’n spesiale betekenis. Dis eerlik en gaan oor regte dinge wat in my of iemand wat ek ken se lewe gebeur het.”

Sonder Jou, ’n duet saam met Glaskas se Deon Meiring wat reeds speeltyd op die radio gekry het, sal ook op dié CD beskikbaar wees, asook die duet Kyk Weg (Kyk Vir My) saam met die musikant Neil Theunissen. “Die album is deur Sean Manley van Manley Recording Studios in Garsfontein opgeneem. Ons werk vreeslik lekker as ’n span en hulle het saam met my die pad gestap en help vorm aan die eindproduk en wat dit nou tans is,” deel sy.

Alhoewel sy nie regtig gunstelinge wil uitsonder nie, sê die sangeres dat Sterre en Keuses haar baie na aan die hart lê omdat dit baie van haar eie lewe deel. Dis gevul met emosie en gevoelens… hartseer en geluk. Dit is vir my baie belangrik om met lirieke ’n storie te vertel wat eg is. Die waarheid. Dis hoekom hierdie twee van my gunsteling-liedjies op die album is,” verduidelik die ster. Sy is ook ongelooflik trots op This Is It, wat uit haar eie pen kom en deur Jaco van den Berg getoonset is.

Die titelsnit, wat ook Jauni M se debuut-enkelsnit en -musiekvideo is, is ’n country-popsnit met ’n rock-ondertoon, wat haar stem soos ’n handskoen pas. Dié opgewekte treffer is geskryf deur Zanda Traut en Deon Meiring en is uit die staanspoor baie goed ontvang. Nie net het dit al op die treffersparades van verskeie radiostasies gepronk nie, maar die musiekvideo is ook tans op die kassie te sien.

Haar nuutste enkelsnit, Liefde Soos Dagbreek, is pas vrygestel en gaan oor die tipe liefde wat net een keer in ’n leeftyd aan jou deur kom klop en wat jy met beide hande moet aangryp. “Dit gaan oor ware, rare liefde. ’n Liefde so mooi soos dagbreek,” verklap die sangeres oor die tema agter haar nuutste vrystelling. “Geen dagbreek is natuurlik ooit dieselfde nie, maar wel mooi en uniek op sy eie manier.”

Hierdie Afrikaanse kontemporêre snit, uit die pen van Emil Struwig, is een van daardie liedjies wat jou hoendervleis gee wanneer jy dit vir die eerste keer hoor en sal aanklank vind by gehore van alle ouderdomme, omdat dit so ’n belangrike en universele onderwerp aanspreek. “Soos die dagbreek, verskil elke liefdesverhouding van mekaar, en is dit wat elke paartjie deel vir hulle spesiaal en kosbaar,” voeg sy by. Die liedjie is reeds deur verkeie radiostasies opgeraap en sy beplan om binnekort die musiekvideo met die land te deel.

Die video is in twee van die sangeres se gunsteling-Kaapse dorpies, Wildernis en Knysna, verfilm deur Daniel Rademeyer en Jannes Erasmus en haar hare en grimering is deur Natasha Bouma gedoen, wat ook saam met Chomba Kasona verantwoordelik was vir die rokke wat Jauni in die video dra. Die natuurtonele in die video komplementeer die boodskap dat ware liefde so mooi is soos dagbreek.

Jauni M woon in Parys in die Vrystaat saam met haar man en dogtertjie. Haar liefde vir sing is reeds op ’n jong ouderdom gebore en sy was van kleins af mal daaroor om haar huismense te vermaak met liedjies. Sy is ’n avontuurlustige mens, met ’n waaghalsige streek en voorliefde vir aktiwiteite wat haar hart vinniger laat klop. Die brunet is al vir tien jaar doenig in die musiekbedryf en het al die voorreg gehad om saam met groot name te werk, soos Ruhan du Toit van Touch of Class.

Wanneer sy nie sing nie, bestuur sy en ’n vriendin ’n winkel in Parys met die naam Fish2Feet. Sy het ook oor die jare al by verskeie groot feeste en funksies opgetree en die verhoog met talle bekendes, soos Kwaggabees en Roan Ash, gedeel.

Die sangeres het groot bewondering vir plaaslike sangers soos Riana Nel en Roan Ash en internasionale sterre soos Pink, Little Big Town en Sugarland. Brandi Carlile, Bryan Adams, Daughtry en Ward Thomas, met hulle country-rock-aanslag, het almal ’n invloed gehad op haar eie musiekstyl.

Hierdie nooi van die platteland droom daaroor om mense, regoor die land, met haar musiek te inspireer. Jauni M se eerste solo-album is ’n versameling van verskillende genres, wat sag is op die oor, en jou laat uitsien na ’n rustige kuier voor die kaggel of saam met vriende om die vuur. Haar unieke aanslag, veelsydigheid en strelende stem is die perfekte bestanddele vir ’n wenresep wat nog vir jare hierna gewild gaan wees.

Kry die Album hier: https://music.apple.com/za/album/niemand-anders/1463284863

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook:
https://www.facebook.com/Jauni.M.Artist01
Twitter: @JauniM
Instagram: @jaunim
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCOrYlt__PkOdkk8RVjSeoCA

PUBLISITEIT & BEMARKING:
STAR ZOO FACTORY

Starburst Promotions & The Marketing Zoo
Alishia van Deventer (083 635 4717) / Wian Smith (082 773 5685)
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za / wian@marketingzoo.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za / www.marketingzoo.co.za

Jauni M’s Debut Album Will Appeal To Audiences Of All Ages

There are few singers who are versatile enough to have an impact on various genres in the music industry. With her debut album, NIEMAND ANDERS, Jauni M not only proves that her talent is not limited to a specific style, but also ensures that the South African public will not be able to forget about her soon.

Her debut solo album, which deals with love and the choices surrounding it, has an adult contemporary sound and is the result of five years of hard work. It boasts twelve original hits, penned in collaboration with popular lyricists such as Zanda Traut, Deon Meiring and Emil Struwig, which ranges from upbeat, easy listening tunes to deeper compositions. “This contemporary album has something for everyone, ranging from Pop and Country to Rock. My husband, life, choices, people and love serve as inspiration for my music,” she shares. “This is not an ordinary Afrikaans pop album, but my story told through music. All the songs have emotional depth and special meaning. They are honest and about real things that happened to me or people that I know.”

Sonder Jou, a duet that was released earlier with Glaskas’s Deon Meiring, will also be featured on the CD, as well as a duet with musician Neil Theunissen called Kyk Weg (Kyk Vir My) saam met die musikant Neil Theunissen. “The album was recorded by Sean Manley at Manley Recording Studios in Garsfontein. We worked very well together and they helped me to create the final product.”

Although she does not really want to single out a favourite, the singer reveals that Sterre and Keuses are both close to her heart, because it says a lot about who she is. “These songs are filled with feelings and emotions… happiness and sadness. It is very important to me to tell stories that are true. That is why these two are my favourite tracks on the album,” the star explains. She is also very proud of This is It, which was written by the artist herself and composed by Jaco van den Berg.

The titular track, which was also Jauni M’s debut single and music video release, is a country pop track with a rock vibe that perfectly showcases her unique voice. This upbeat track was written by Zanda Traut and Deon Meiring and was very well received. It not only featured on the charts of various radio stations, but the music video can also be seen on TV

Her latest single, Liefde Soos Dagbreek, has just been released and is about the kind of love that only comes by once in a lifetime and should be treasured. “It is about true love. A love that is as beautiful as the break of dawn, the singer reveals about the theme behind her latest release. “Daybreak is definitely not always the same, but is beautiful and unique in its own way.”

This Afrikaans contemporary track was written by Emil Struwig and is one of those chillingly beautiful songs that stays with you after hearing it for the first time and that audiences of all ages are able to relate to. “Just like dawn, each love relationship differs from another. To each couple, the love that they share is precious and unique,” she adds. It has already been play listed on various radio stations and she is looking forward to sharing the music video with fans soon.

The video was filmed in two of the singer’s favourite towns in the Western Cape, Wilderness and Knysna, by Daniel Rademeyer and Jannes Erasmus. Her hair and make-up was done by Natasha Bouma, who also designed the dresses Jauni was wearing in the video with Chomba Kasona. The beautiful nature scenes in the video also complement the message of the song, which is that true love is as beautiful as the break of day.

Jauni M lives in Parys, Free State with her husband and daughter. Her love for music started at a young age, as she was always busy entertaining her family members with song and dance. She has always enjoyed an active and adventurous lifestyle and enjoys any activity that gets her heart rate up. The brunette has been working in the music industry for nearly a decade and has had the privilege of working with big names like Touch of Class’s Ruhan du Toit.

When she is not on stage, she runs a shop called Fish2Feet with a friend in Parys. Over the years, the star has performed at various festivals and functions and shared the stage with numerous artists like Kwaggabees, Roan Ash and more.

The singer has great admiration for local talent such as Riana Nel and Roan Ash and international acts like Pink, Little Big Town and Sugarland. She credits artists like Brandi Carlile, Bryan Adams, Daughtry and Ward Thomas, with their country rock approach, for having the biggest influence on her own work.

This country girl dreams of inspiring people all over the country with her music. Jauni M’s first solo album is a combination of different musical genres, which is enjoyable to listen to and will make fans look forward to relaxing evening in front of the fireplace. Her unique approach, versatility and soothing voice are the perfect ingredients for a recipe that will remain popular for many years to come.

Get the album here: https://music.apple.com/za/album/niemand-anders/1463284863

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook:
https://www.facebook.com/Jauni.M.Artist01
Twitter: @JauniM
Instagram: @jaunim
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCOrYlt__PkOdkk8RVjSeoCA

PUBLICITY & MARKETING:
STAR ZOO FACTORY

Starburst Promotions & The Marketing Zoo
Alishia van Deventer (083 635 4717) / Wian Smith (082 773 5685)
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za / wian@marketingzoo.co.za
Webblad: www.starburstmusic.co.za / www.marketingzoo.co.za