Jak De Priester – ’n Geel Hart Vir Liefde En Halleluja Kersfees!

Monday, November 27, 2017 - 10:04

Jak de Priester het, ter viering van sy vol en suksesvolle loopbaan, onlangs ’n splinternuwe album, 15 Jaar, uitgereik.

Een van die liedjies op hierdie album is Halleluja Kersfees en dit is die ideale lied om jou in die romantiese atmosfeer van Kerstyd te plaas.

Die liedjie is geskryf deur Jak self en is vir hom, op ’n manier, ’n “road trip” deur die Karoo oppad Kaap toe. “Die liedjie gaan oor herinneringe van kersboomversierings maak met skulpe uit Melkbos se strand, om te dans in Kalkbaai en om soos toeriste te voel by die Waterfront. Dít is my romantiese herinneringe van Kerstyd in die Kaap”, sê Jak.

Jak begin ook hierdie jaar, in samewerking met Die Blou Hond teater en Caring Daisies ’n opwindende nuwe inisiatief, genaamd “Geel jou hart vir liefde”.  Dit is ’n reeks van ses eksklusiewe konserte wat gedurende 12-17 Desember by Die Blou Hond sal plaasvind. Jak de Priester is die kunstenaar en sal ’n eksklusiewe vertoning hou, wat slegs by Die Blou Hond gesien kan word. Hierdie jaar sluit dit in, uittreksels oor sy 15 jaar loopbaan met o.a ’n lied of twee uit sy 2008 De Priester en een Kerkorrel-konsert, sowel as treffers van hom, komedie, ’n kerslied of twee en nog vele meer. Die doel van hierdie konserte is om ’n jaarlikse instelling te skep en op die manier sonskyn in die lewe van mense en diere te bring. Dit is ’n week van liefdadigheid. “Hierdie jaar is diere ons missie en ons samel dierekos in vir die honderde honde en katte wat oorgelaat is aan die genade van die mensdom”, sê Jak.

Dus, in die maand van Desember gaan Die Blou Hond... GEEL!  Met ’n geel kersboom en ’n geel vertoning beloof dit om 2017 op die regte wyse af te sluit en almal in ’n lekker stemming vir die vakansie en Kersfees te plaas. 

Jak sê verder dat hulle hierdie initiatief graag ’n jaarlikse instelling wil maak, maar dat hulle die ondersteuning van die publiek nodig het. “Daar is ses aande, 170 stoele per aand… ons wil die publiek uitnooi, maar ook besighede, om ’n tafel te bespreek, selfs twee! Daar is geen limiet nie. Ons vra geen ekstra geld nie, slegs ’n bydrae in die vorm van komberse, blikkieskos en / of ’n sak kos wat ons onder die geel kersboom gaan plaas.”

Die buffet-ete, met nagereghappies, beloop R330 per persoon en kaartjies kan bespreek word by:

012 348 8820

Caring Daisies sal die skakel wees om die gelde, kos en enige ander bydraes by die regte plekke uit te bring.

Help ons om die diere te help… Volgende jaar sal ‘Geel jou hart vir liefde’ weer ’n ander liefdadigheid ondersteun, en op hierdie manier help ons, ons bring sonskyn, gee terug en maak ’n GROOT verskil!

Jak De Priester – A Yellow Heart Of Love And Halleluja Kersfees!

In celebration of a thriving career, Jak de Priester has recently released a brand new album, called 15 Jaar.

One of the songs that is included on the album, is Halleluja Kersfees, which captures the romantic atmosphere of the festive season perfectly.   

The song, in a way, represents a road trip - through the Karoo to Cape Town - and was written by the artist himself. “The song is about the memories of making Christmas decorations from shells that we found on Melkbos’s beach, about dancing in Kalkbaai and feeling like a tourist at the Waterfront. It is about my romantic memories of Christmas in Cape Town”, says Jak.  

Jak is also launching a brand new initiative this year, in association with Die Blou Hond theatre and Caring Daisies, called “Geel jou hart vir liefde”. The project features a series of six exclusive concerts, which will be held at Die Blou Hond theatre from 12 – 17 December 2017. Jak de Priester is the artist and these exclusive shows will only be seen at Die Blou Hond. This year’s show will showcase higlights from his career over the past fifteen years, including a song or two from his 2008 De Priester en een Kerkorrel concert, as well as some of his biggest hits, a little bit of comedy, a Christmas carol or two and lots more. The goal is to turn the show into an annual initiative in an attempt to bring sunshine to the lives of people and animals. It is a week of charity. “This year we will be focussing on animals and our mission is to collect food and blankets for the hundreds of cats and dogs, which are abandoned and neglected by humanity”, Jak explains.

This means, that during the month of December, Die Blou Hond is going... YELLOW! This yellow Christmas tree and a yellow show, promises to end 2017 on a high note and to put everyone in a merry spirit this Christmas holiday.

Jak adds that they would really like to make this an annual initiative, but that they cannot do it without the support of the public. “There is going to be six evenings, 170 chairs per show… and we would like to invite the public or businesses to book a table or two! There are no limitations. All we are asking for, is any donation in the form of pet blankets or food, to put under the yellow Christmas tree.”

A ticket, which includes a buffet dinner and decadent dessert nibbles, costs R330 per person and bookings can be made at:012 348 8820

Caring Daisies will be responsible for distributing funds and other donation to the correct institutions.

Help us to help animals… Next year ‘Geel jou hart vir liefde’ will be supporting another charity. This is our way of spreading some sunshine, giving back and making a BIG difference!