Jaenette Jacobs Is Die Eerste Wenner Van Via En Apprentesses Sa Se Ster-Status!

Tuesday, August 13, 2019 - 13:09

Die wenner van VIA (kanaal 147) en Apprentesses SA se realiteitsprogram, STER-STATUS, is op 10 Augustus 2019 aangekondig tydens ’n glansryke rooitapyt-geleentheid by die Atterbury Teater in Pretoria.

Alicia du Preez, Colleen Fourie, Danielle von Graszouw, Jaenette Jacobs, Jahn-Marè Bezuidenhout, Jean-Marie Viljoen, Jenine Grobler, Nonkululeko Indlovukazi, Michélle Mostert, Siyabonga Natalene Makhubo, Tash-Lynne Duimpies en Theresho Makwiya is as die twaalf finale finaliste gekies by die Indaba Hotel in Johannesburg op 21 Julie 2019.

JAENETTE JACOBS, ’n gesondheids- en verkoopsbestuurder van Pretoria, is nie net amptelik gekroon as die eerste wenner van hierdie wonderlike vrouebemagtigingsprojek nie, maar neem ook die leisels oor by Luré Delport (wenner van Apprentesses SA 2018) wat ook die aanbieder van die program was. Buiten vir die geleentheid om haar kolligdrome plaaslik en internasionaal (in New York) te verwesenlik, het dié pragtige brunet ook weggestap met ’n hele rits ongelooflike pryse van onder andere PNB, Aesthetica, SL Lasers, Guvon Hotels & Spas, David Konrad Acting Academy, BODYtwenty, Kyna Consili, OKgrl, The Dental Spa, Alila Professional Makeup en vele meer.

“’n Droom is ’n prentjie van wat moontlik is. Jy moet ’n sterk hart en doelgerigte denke hê om dit om te skakel in ’n realiteit. Jy gaan val, opstaan, foute maak en daaruit leer. Wees mens, wees jouself,” sê dié Goue-wenner oor wat sy uit hierdie wonderlike ervaring geleer het.

Getroud met Rugby se Jenine Grobler het tweede (Silwer-toekenning) geëindig en sal vir die wenner instaan waar nodig, terwyl Michélle Mostert as Brons-prinses uit die stryd getree het.

Apprentesses SA 2018 se liefdadigheidswenner, Simoné Wilson, het op haar beurt, ook weer die leisels aan die rooikop-dieetkundige, Alicia du Preez, oorhandig. “Ware skoonheid begin die oomblik wat jy jouself is, want jy kan nie ’n impak op die wêreld hê as jy presies soos dit is nie,” sê sy.

Jahn-Marè Bezuidenhout en Danielle von Graszouw is onderskeidelik as tweede en derde prinsesse in hierdie kategorie aangewys.

Ander titels wat gedurende die aand toegeken is, sluit in:

  • Theresho Makwiya as SterPersoonlikheid;
  • Noni Indlovukazi as SterAmbassadeur;
  • Jaenette Jacobs as SterBeïnvloeder (Influencer);
  • Alicia du Preez as wenner van die Debutant-prys;
  • Jenine Grobler as wenner van die Portefeulje-prys; en
  • Natalene Makhubo het ’n kursus gewen van Mink Lashes.

Belinda van Wyk is ook vereer vir haar bydrae tot die platform.

STER-STATUS is die eerste van sy soort op Suid-Afrikaanse bodem en fokus daarop om jong vroue (millenniërs) aan die vermaakbedryf bekend te stel deur middel van werkswinkels, opleidingsessies en verskeie uitdagings om hulle voor te berei op ’n suksesvolle lewe in die kollig.

Dit was vir my ’n groot voorreg om deel te wees van hierdie reis. Een ding wat vir my uitgestaan het en altyd sal bybly, is dat almal ’n storie het. Om elke meisie se verhaal te hoor, hulle beter te leer ken en te ontdek wat hulle motivering is, het ons dikwels in trane gehad,” deel Tarien Cronjé, stigterslid en uitvoerende direkteur van Apprentesses SA wat elke fase van hierdie kompetisie saam met die dames meegemaak het.

Verskeie bekendes, waaronder Sinki Mlambo, Leandie du Randt, Deon Groot, Francois Olivier, David Konrad, Amorie Pearson en Pamela Niemand, en uitgesoekte besighede was deel van die program en talle organisasies, soos CHOC, Kosmos Care Centre en Gracia, het gebaat by die liefdadigheidsaspek daarvan.

STER-STATUS word elke Maandag om 18h00 op VIA uitgesaai. Moenie elkeen van die twaalf finaliste se ongelooflike kolligreis misloop nie!

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/Apprentesses/
Instagram: @apprentessessa
Webblad: www.apprentesses.co.za
Hutsmerke: #sterstatus #viatv #apprentessessa

Apprentesses Sa Announces Jaenette Jacobs As The Winner Of The Via Reality Show, Ster-Status!

The winner of the very first series of VIA (channel 147) and Apprentesses SA’s reality program, STER-STATUS, was announced during the glamorous STER-STATUS FINALE at the Atterbury Theatre in Pretoria on 10 August 2019.

Alicia du Preez, Colleen Fourie, Danielle von Graszouw, Jaenette Jacobs, Jahn-Marè Bezuidenhout, Jean-Marie Viljoen, Jenine Grobler, Nonkululeko Indlovukazi, Michélle Mostert, Siyabonga Natalene Makhubo, Tash-Lynne Duimpies and Theresho Makwiya were the twelve finalists that competed for a place in the spotlight. They were officially selected during an exciting breakfast event at the Indaba Hotel in Johannesburg on 21 July 2019.

JAENETTE JACOBS, a health and safety sales manager from Pretoria was crowned as the first winner (Gold) of this women’s empowerment initiative. She follows in the footsteps of 2018’s Apprentesses SA winner, Luré Delport, who was also the presenter of the show. In addition to receiving the opportunity to realize her dream of being famous (locally and abroad), the brunette also walked away with numerous prizes from PNB, Aesthetica, SL Lasers, Guvon Hotels & Spas, David Konrad Acting Academy, BODYtwenty, Kyna Consili, OKgrl, The Dental Spa and Alila Professional Makeup, to name but a few.

A dream is a picture of a possibility. We should have a strong heart and a prepared mind to turn that into reality. You fall, get up, make mistakes and learn from them. Be human and be you,” says Jaenette about what she has learned from this prestigious competition.

Getroud met Rugby’s Jenine Grobler was announced as the official runner-up (Silver award winner) and will take over some of the winner’s duties if and when necessary, while Michélle Mostert was declared as the Bronze princess of the competition.

Apprentesses SA 2018’s Charity Winner, Simoné Wilson, handed over her reigns to the vibrant redheaded dietician from Pretoria, Alicia du Preez. Your beauty begins the moment you are fearlessly yourself because you cannot influence the world when you are exactly like it,” the beauty shares about the exciting opportunity to make a difference in the lives of others.

Jahn-Marè Bezuidenhout and Danielle von Graszouw came second and third in this category.

Other titles that were awarded on the night, include:

  • Theresho Makwiya as SterPersoonlikheid (StarPersonality);
  • Noni Indlovukazi as SterAmbassadeur (StarAmbassador);
  • Jaenette Jacobs as SterBeïnvloeder (StarInfluencer);
  • Alicia du Preez as Debutant winner;
  • Jenine Grobler as winner of the Portfolio prize; and
  • Natalene Makhubo won a Mink Lash Course.

Belinda van Wyk was also honoured for her contribution towards this amazing platform.

STER-STATUS is the first show of its kind in South Africa and focuses on preparing young women (millennials) for life in the limelight by introducing them to the entertainment industry through workshops, training sessions and various other challenges.

Being part of this journey was extremely humbling for me. One thing that will stay with me and that I took from these girls, is that everyone has a story. Listening to each girl’s story, getting to know them better and discovering what drives them, often brought tears to our eyes,” shares Tarien Cronjé, founding member and executive director Apprentesses SA, about being part of each contestant’s journey.

Various celebrities, including Sinki Mlambo, Leandie du Randt, Deon Groot, Francois Olivier, David Konrad, Amorie Pearson and Pamela Niemand, and selected businesses formed part of the show and a number of organisations, like CHOC, Kosmos Care Centre and Gracia also benefited from the charity aspect.

Watch STER-STATUS every Monday, at 18h00, on VIA to follow each of the twelve contestants’ journey!

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook: https://www.facebook.com/Apprentesses/
Instagram: @apprentessessa
Webblad: www.apprentesses.co.za
Hutsmerke: #sterstatus #viatv #apprentessessa