An Inspiring Love Story Of Hope And Determination

Embedded thumbnail for An Inspiring Love Story Of Hope And Determination
Monday, December 4, 2017 - 10:16

What would you do if your husband’s life suddenly changed irrevocably and he is about to give up hope? You take over and give him strength to go on by loving him unconditionally, just like Diana Cavendish (Claire Foy) did in this inspiring true story that is coming to life on the big screen soon.

BREATHE is actor, Andy Serkis’s (Lord of the Rings, The Hobbit: An Unexpected Journey, Rise, Star Wars: The Force Awakens, Dawn of the Planet of the Apes) directorial debut and he worked very closely with scriptwriter, William Nicholson (Gladiator, Les Misérables, First Knight) to tell this story of his best friend and producer, Johnathan Cavendish’s (Bridget Jones’s Diary, Elizabeth: The Golden Age) parents with the sensitivity and empathy that it deserved.

Adventurous and charismatic, Robin Cavendish (Andrew Garfield) has his whole life ahead of him when he is paralysed by polio whilst in Africa at the age of twenty-eight. Against all advice, Robin’s wife Diana brings him home from hospital where her devotion and witty determination transcends his disability. Together they refuse to be imprisoned by his suffering; dazzling others with their humour, courage and lust for life. They also use their own story to inspire other people who are going through similar circumstances. Clever technology makes it possible for Robin to ‘get out of bed’ and experience new adventures and enables him to become an advocate for disabled people across the world.

The movie, which is set in the 1950’s, not only boasts a beautiful set and costume design, but also a star-studded cast. Andrew Garfield, who plays Robin, is famous for his roles in The Social Network, Never Let Me Go, The Amazing Spider-Man and Silence. Claire Foy, who is praised for her accurate portrayal of Diana Cavendish, starred in Season of the Witch and Going Postal. “The most important thing to get was their love for each other. I didn’t want to over-sentimentalise her; and she definitely doesn’t want to be seen as a saint, or an angel, or incredible sort of nurse. It was actually just true love,” says Foy about getting into character for this part. Hugh Bonneville, who has already been nominated for BAFTA, Emmy and Golden Globe awards for his role in Downtown Abbey, and Tom Hollander (Mission Impossible, About Time, Pirates of the Caribbean) can also be seen in the movie.

The film had its world premiere at the Toronto International Film Festival in September and was also screened at the Opening Night Gala at the BFI London Film Festival. It has already been nominated for an Archie Award for Best First Feature at the Philadelphia Film Festival and Best Makeup and Hair Design and Sound at the Independent British Film Awards. During the Heartland Film Festival, it won the Truly Moving Picture Award.

BREATHE is a heart-warming and highly emotional celebration of bravery and human possibility, a love story about living every breath as though it’s your last. It will appeal to audiences of all ages, but especially if you enjoyed The Theory of Everything, Lion, The Imitation Game and Brooklyn.

This inspirational movie is distributed by Ster-Kinekor Entertainment and will be released in cinemas on 19 January 2018.

SOCIAL MEDIA LINKS:
Facebook:
https://www.facebook.com/BreatheFilmUK/
Twitter: @BreatheMov
Instagram: @breathemov

Trailer: https://www.youtube.com/watch?v=7_YnYrLfjxA

’n Inspirerende Verhaal Oor Liefde En Deursettingsvermoë

Wat sou jy doen as jou man se lewe ewe skielik onherroeplik verander en hy is by moedopgee se deur? Jy weier dat hy opgee en help hom leef met jou liefde, net soos wat Diana Cavendish (Claire Foy) gedoen het in hierdie inspirerende ware verhaal, wat eersdaags lewe kry op die silwerskerm.

BREATHE is akteur, Andy Serkis (Lord of the Rings, The Hobbit: An Unexpected Journey, Rise, Star Wars: The Force Awakens, Dawn of the Planet of the Apes) se debuut as regisseur en hy het baie nou saam met draaiboekskrywer, William Nicholson (Gladiator, Les Misérables, First Knight) gewerk om hierdie storie van sy beste vriend en vervaardiger, Johnathan Cavendish (Bridget Jones’s Diary, Elizabeth: The Golden Age) se ouers met sensitiwiteit en empatie te vertel.

Wanneer die agt-en-twintigjarige avontuurlustige en charismatiese, Robin Cavendish (Andrew Garfield) skielik verlam raak nadat hy polio in Afrika opgedoen het, is sy lewe aan skerwe. Maar gelukkig vir hom, weier sy vrou om op te gee en neem sy hom huistoe, teen almal se aanbevelings. Haar liefde en positiewe gesindheid help hom deur hierdie moeilike tyd van sy lewe en hulle besluit saam om nie toe te laat dat hierdie siekte hulle onderkry nie. Hulle gebruik ook hulle lewenslus en humor om ander, wat in moeilike omstandighede is, te inspireer en ’n bietjie nuwe tegnologie maak dit vir hom moontlik om uit die bed uit te kom en nuwe avonture te ervaar. Hy word later een van die grootste kampvegters vir gestremdes, regoor die wêreld.

Die fliek, wat afspeel in die 1950’s spog nie net met pragtige dekor en kostuums nie, maar ook met ’n sterbelaaide rolverdeling. Andrew Garfield, wat Robin speel, is veral bekend is vir sy rolle in The Social Network, Never Let Me Go, The Amazing Spider-Man en Silence. Claire Foy, wat die regkry om Diana Cavendish se persoonlikheid perfek vas te vang, is bekend vir haar rolle in Season of the Witch en Going Postal. “Die belangrikste ding wat ons moes verstaan en vasvang, was die paartjie se liefde vir mekaar. Ek wou haar nie oorsentimenteel laat voorkom nie en sy moes ook nie soos ’n weldoener, engel of ongelooplike tipe verpleegster lyk nie. Want hulle liefde, was ware liefde,” sê Foy oor haar voorbereiding vir die karakter. Hugh Bonneville, wat al benoem is vir BAFTA-, Emmy- en Golden Globe-toekenning vir sy rol in Downtown Abbey, en Tom Hollander (Mission Impossible, About Time, Pirates of the Caribbean) is ook in die fliek te sien.

BREATHE is by die Toronto Internasionale Rolprentfees bekendgestel in September en is ook tydens die openingsaand van die BFI London Film Festival vertoon. Dit is reeds benoem vir ’n Archie-toekenning vir Beste Debuutspeelfilm by die Philadelphia-filmfees en Beste Grimering- en Haarontwerp en Klank by die Onhafhanklike Britse Filmtoekennings. Tydens die Heartland-rolprentfees, is dit bekroon met die Hartroerende Film-toekenning.

Hierdie storie-van-hoop is ’n inspirerende en emosiebelaaide liefdesverhaal wat die dapperheid van menswees vier en kykers aanmoedig om die beste te maak van elke oomblik van die lewe. Dit sal aanklank vind by gehore van alle ouderdomme, maar veral ook as jy gehou het van The Theory of Everything, Lion, The Imitation Game en Brooklyn.

BREATHE word versprei deur Ster-Kinekor Entertainment en sal landswyd vrygestel word op 19 Januarie 2018.

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook:
https://www.facebook.com/BreatheFilmUK/
Twitter: @BreatheMov
Instagram: @breathemov

Lokprent: https://www.youtube.com/watch?v=7_YnYrLfjxA