Ghoema-Genomineerde Almero Stel Derde Enkelsnit Bekend

Friday, March 8, 2019 - 11:36

Die veelsydige en talentvolle Almero het pas ‘n Ghoema-nominasie in die kategorie Beste Alternatiewe Album ontvang en stel ook nou sy derde enkelsnit, getiteld, Donnerse Lag, bekend.

Almero vertel dat Donnerse Lag die laaste snit is wat hulle opgeneem en gefinaliseer het vir sy album. Hy en sy broer, Nico, het lank gewerk aan die lied en toe vir Ruan Graaff nader getrek om ook te help om die lied te vervaardig. Hy het aanvanklik net die kitare opgeneem vir die snit, maar het later ook met die vervaardiging gehelp. “Die proses was vir my baie anders as die ander snitte op die album. Ons het grootendeels eers die musiek afgehandel en toe het ek gewerk aan die melodieë en lirieke”, sê Almero.

Die lied handel oor die afgelope drie jaar in my en my broer se lewe, waar ons finansieël sukkel om ons voete te vind in die kunste-wêreld waarvan ons deel wil wees. Die liedjie is dalk effens belaai met woede, maar meestal frustrasie oor die feit dat ‘n mens soms voel of niks uitwerk nie. Ek het lank gewonder of God nie al moeg geluister is na my gekerm oor die swaar tye in my lewe nie. En as dit so swaar gaan, dan is daar niks wat ‘n mens so jaloers maak soos iemand wat heeldag glimlag nie”, sê Almero. “Die lied bestaan dus uit oomblikke van “cries for help” en dan die bewuswording van die gepaardgaande gevoel van selfsug.

Die musiekvervaardiging is uiteindelik behartig deur Almero, Nico Welgemoed en Ruan Graaff. Peach van Pletzen het die opnames gedoen en ook meester en klank vermenging behartig. Dit was ‘n lekker en gemaklike proses, maar nie sonder uitdagings nie.

Die sang was van die moeilikste dele op die album om te sing, maar Peach van Pletzen het my gemaklik gemaak om sonder skaamte te skree in die mikrofoon in. Dit is ook spesiaal omdat my broer help skryf het aan die melodieë en lirieke, meer as gewoonlik,” voeg Almero by.

Die musiekvideo vir hierdie liedjie is ook vandag bekendgestel. Die video is geskiet tussen Parys en Potchefstroom asook in Potch self. Almero se broer, Nico Welgemoed, het die video se verfilming en vervaardiging behartig.

My broer is ‘n videografiese genie!” vertel Almero

Kyk die video hier: https://youtu.be/x079kJT3K0Y

Buiten vir Almero se Ghoema-nominasie in die Beste Alternatiewe Album kategorie kan die publiek ook vir hom stem as hulle gunsteling manlike kunstenaar deur PM2 te sms na 39952. Jy kan stem soveel keer as wat jy wil. Koste is R2 per sms. Stemme het op 28 Februarie 2019 ge-open en sluit op 28 Maart 2019 om 24h00. Bepalings en voorwaardes held.

Die 2019 kykNET Ghoema-toekennings is een van die musiekbedryf se grootste glansgeleenthede en vind vanjaar op 17 April 2019 plaas by die betowerende Sun Arena by Time Square Casino in Pretoria. Kaartjies is beskikbaar op Computicket.

Donnerse Lag verskyn ook op Almero se album, MAANDAG en is beskikbaar op alle digitale platforms.

MAANDAG word uitgegee deur Kanada Records. https://itunes.apple.com/za/album/maandag/1436429773

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook:
https://www.facebook.com/Almeromusic/
Twitter: @AlmeroWel
Instagram: @almero_welgemoed
SoundCloud: https://soundcloud.com/themusicisme
Web: https://almero.co/

Ghoema Nominated Almero Releases Third Single

The versatile and talented Almero just received a Ghoema nomination in the category Best Alternative Album. He also just announced the release of this third single, Donnerse Lag.

Donnerse Lag was the last and final track that was recorded for Almero’s album. After Almero and his brother, Nico, worked on the song for quite some time, Ruan Graaff got involved with producing the track. Innitially Ruan just recorded the guitar play, but eventually assisted with producing. “This process was very different to other tracks on my album. We first produced the music and then I created the lyrics and melody.” said Almero.

The song is about the past three years of me and my brothers life. telling our story of struggling financially while trying to make our mark in the entertainment industry. The song may be filled with anger, but mostly the frustration of things not working out as you imagined. I have been wondering if God has grown tired of listening to me complaining about how hard my life is. When everything goes wrong in your life, nothing makes you more jealous than someone who is constantly smiling,” explains Almero. “There are moments in the song that cries for help along with the realisation of feeling selfish.

The music production was ultimately done by Almero, Nico Welgemoed and Ruan Graaff. Recording was done by Peach van Pletzen, who was also responsible for final mix and mastering. It was an easy and fun process, but not without its challenges.

The vocals was most difficult to sing, but Peach van Pletzen calmed my nerves and I was able to shout into the microphone without being shy. This song is even more special, since my brother helped me with writing the lyrics and melody, more than he usually does.” he added.

The music video for this song was also released today. The video was shot in-between Potchefstroom and Parys, with some scenes in Potchefstroom. Almero’s brother, Nico Welgemoed, produced the video.

My brother is a videography genius!” Almero said.

Watch the video here: https://youtu.be/x079kJT3K0Y

Apart from being nominated for Best Alternative Album, the public can also vote for Almero as their favourite Male Artist, by SMS’ing PM2 to 39951. You may vote as much as you like. SMS’es are charged at R2/sms. Voting opened on 28 February 2019 and closes on 28 March 2019 at 24h00. Terms and conditions apply.

The 2019 kykNET Ghoema awards is one of the biggest glamour events in the music industry and will be taking place on 17 April 2019 at the magical Sun Arena, Time Square Casino in Pretoria. Tickets are on sale and available from Computicket

Donnerse Lag is also available on Almero’s album, MAANDAG and also at these online platforms:
https://itunes.apple.com/za/album/maandag/1436429773

The album is distributed by Kanada Records.

SOCIAL MEDIA
Facebook:
https://www.facebook.com/Almeromusic/
Twitter: @AlmeroWel
Instagram: @almero_welgemoed
SoundCloud: https://soundcloud.com/themusicisme
Web: https://almero.co/