Geraldine Scholtz Stel Tweede Enkelsnit Bekend!

Wednesday, April 4, 2018 - 09:10

Geraldine Scholtz het geen bekendstelling meer nodig nie.   Haar eerste enkelsnit, SOMMER, ’n popliedjie uit die pen van Johan Oberholzer, is gedurende Augustus 2017 uitgereik en het vir meer as sewe maande bo-aan die trefferperades van talle radiostasies landswyd gepryk.   Die musiekvideo vir hierdie liedjie was ook vir byna 7 weke op die kykNET Top20 se ranglys en het sy beslis met die intrapslag gewys waarom Suid-Afrikaanse luisteraars en gehore gaande is oor haar!

Hierdie blonde, blou oog talent van die Laeveld het groot drome en gryp elke goeie geleentheid wat haar pad langs kom aan met dankbaarheid.   Geraldine se musiek is baie eerlik en deel sy haar hart met luisteraars. Sy streef daarna om iets vars na die mark te bring, waarna alle ouderdromsgroepe kan luister en geniet. Haar splinternuwe enkelsnit, MIS, uit die pen van Johan Oberholzer en vervaardig deur Robin Kielly, word hierdie week aan radiostasies landswyd uitgereik.

Die liedjie gaan oor ’n mens se eerste liefde en die impak daarvan.  Dit gaan oor die eerste ontmoeting met liefde en hoe mooi dit kan wees.   Soms MIS ‘n mens die gevoel van jou eerste liefde, maar soms moet jy val voordat jy werklik kan vlieg.”, sê Geraldine.

Johan Oberholzer sê:  “Na die sukses van SOMMER, het ons almal besef dat ons besig is met ‘n kompeterende kunstenaar en dat die opvolg enkelsnit nog ‘n deel van haar veelsydigheid moet wys.  So is MIS gebore – ‘n sterk ballade oor verlies en eerste liefde wat altyd ‘n blywende impak maak”.

Die deurwinterde en geniale vervaardiger, Robin Kielly praat met lof van Geraldine.  “Dit was vir my heerlik om saam met Geraldine te werk.  Sy is ongelooflik toegewyd om haar beste te gee en het positief gebly ten spyte van al die uitdagende versoeke wat ek aan haar gerig het in die ateljee.  Sy is jonk, maar baie volwasse in haar houding en uitkyk op die lewe en dit is verfrissend!  Ek wens haar net die beste toe!”.

Geraldine is ook hierdie jaar by Innibos te sien met 6 vertonings wat jy SOMMER nie wil MIS nie!

Geraldine glo vas dat musiek ‘n kunswerk is, wat die hart deur middel van die ore raak, en dit is ook wat sy graag met haar liedjies en loopbaan wil bereik.  

Hierdie enkelsnit is een wat jy nie wil MIS nie!

SOSIALEMEDIASKAKEL
Facebook: https://m.facebook.com/GeraldineScholtzMusic/
Twitter: @geraldineS02
Instagram: @geraldine_scholtz
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UC72a2KCYNQxp6RMyFUU8o7Q
Pinterest: https://za.pinterest.com/geraldinescholt/
Webblad: www.geraldinescholtz.com

BESPREKINGS
Charlene
Sel: 082 436 2505
E-pos: fjes17@gmail.com

Geraldine Scholtz Releases Second Single!

Geraldine Scholtz doesn’t need any introduction. Her first single, SOMMER, a pop song written by Johan Oberholzer, was launched during August 2017 and was on the top charts for more than seven months on radio stations nationwide. The music video for this song was also on the KykNet Top 20 chart for nearly seven weeks and that definitely showed why South-African listeners and crowds are crazy about her.

This blue eyed blonde with lots of talent from the Lowveld has big dreams and firmly grabs each opportunity that crosses her path with thankfulness.

Geraldine’s music is very honest and she shares her heart with her listeners. Her goal is to bring something to the market which every age group can listen to and enjoy. Her new single, MIS, written by Johan Oberholzer and produced by Robin Kielly will be launched to radio stations this week.

“The song is about first love and the impact thereof. It’s about meeting love for the first time and how beautiful it can be. Sometimes you miss the feeling of first love, but sometimes you need to fall before you can truly fly.” says Geraldine

Johan Oberholzer says: “After the success of SOMMER,  everyone realised that we are busy with a competitive artist and that the following single must show her diversity. That is how Mis was born - a strong ballad about loss and first love which always makes an impact.” 

The seasoned and brilliant producer, Robin Kielly talks highly about Geraldine. “I had a great day working with Geraldine on her new single “Mis”. She is extremely committed to giving her best and remained positive throughout the many requests I had for her in the studio! She is young, yet very mature in her attitude and this is very refreshing! All the best Geraldine!”

Geraldine will also be at Innibos this year with 6 shows that you don’t want to miss.

Geraldine believes that music is a piece of art that goes through the ears to the heart, which is something she would also like to achieve with her own songs and her career.

“MIS”, a single not to be missed!

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook: https://m.facebook.com/GeraldineScholtzMusic/
Twitter: @geraldineS02
Instagram: @geraldine_scholtz
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UC72a2KCYNQxp6RMyFUU8o7Q
Pinterest: https://za.pinterest.com/geraldinescholt/
Web page: www.geraldinescholtz.com

BOOKINGS
Charlene
Cell: 082 436 2505
E-mail: fjes17@gmail.com