Geraldine Scholtz Soek Die Perfekte ‘Iemand’ In Nuwe Musiekvideo

Friday, November 9, 2018 - 09:11

Kort na die vrystelling van haar nuutste enkelsnit, IEMAND, is Suid-Afrika se gunsteling-blondekop, Geraldine Scholtz, terug met ’n musiekvideo wat hierdie treffer soos ’n handskoen pas.

Gerhard van Rooyen van GVR Productions het die video in die Hazelwood-area in Pretoria verfilm. “Dit gaan oor ’n meisie, met ’n gebroke hart, wat in die stad aankom met die hoop om die perfekte een te ontmoet. Die ontvangsdame hoor die gesprek met haar ma en pa dat sy ‘IEMAND’ gaan ontmoet, ‘’n man soos haar pa’. Die vrou gee dan vir haar ’n sjokolade, min wetend dat dit haar lewe gaan verander. Kykers kan ook ’n baie interessante einde verwag, wat ons oop gelaat het vir interpretasie,” verklap die kunstenaar, wat self die storielyn hiervoor geskep het, opgewonde. “Die video begin met ’n inleiding, iets wat ek baie graag wou inhê. Verder sluit die storielyn aan by die lirieke van die liedjie, wat dit nog meer spesiaal maak. Ek het dit vreeslik geniet om die musiekvideo aan mekaar te sit.”

Dié popliedjie, wat deur Johan Oberholzer geskryf en deur Robin Kielly vervaardig is, is uit die staanspoor goed ontvang, het reeds ’n draai gemaak op verskeie radiostasies en is klaar ’n gunsteling by haar konserte. Volgens die sangeres gaan die liedjie daaroor om te wag vir die perfekte een saam met wie jy die res van jou lewe wil spandeer. “Dit is vir my belangrik om iets te sing wat in my hart is en waarvan ek ook sal hou. Ek hoop dit kan jou laat dans soos wat ek dans wanneer ek die liedjie hoor en ek hoop wanneer dit speel sit die enkelsnit ’n groot glimlag op jou gesig,” sê sy.   

Geraldine het ’n opwindende jaar agter die rug met, onder andere, ses vertonings by Innibos, ’n optrede by Weiveld, asook drie suksesvolle radiovrystellings, Sommer, Mis en IEMAND. Sy beskou die vrystelling van haar nuutste musiekvideo as ’n groot hoogtepunt en beplan nog baie groot dinge vir die toekoms. “Ons het van vroegoggend tot middernag aan die video geskiet en dit was uit-en-uit die moeite werd. Ek hou daarvan om my eie konsepte uit te dink en my eie kreatiwiteit te gebruik en Gerhard het my mooi aangevul waar nodig,” vertel die ster.

Alhoewel sy met ’n paar blase op haar voete weggestap het, is die eindresultaat perfek, en sal IEMAND se musiekvideo aanhangers weer van vooraf laat verlief raak op Geraldine Scholtz se besonderse talent. Gaan kyk die video hier: https://www.youtube.com/watch?v=KSWkgwN3PDw

SOSIALEMEDIASKAKEL
Facebook: https://m.facebook.com/GeraldineMusicSA/
Twitter: @geraldineS02
Instagram: @geraldine_scholtz
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCt28Dxj28HQswt4zdHyTiEw?app=desktop
Pinterest: https://za.pinterest.com/geraldinescholt/
Webblad: www.geraldinescholtz.com

Geraldine Scholtz Is Looking For ‘The One’ In New Music Video

Just a few weeks after the release of her latest single, IEMAND, South Africa’s favourite bubbly musician, Geraldine Scholtz, is back with a brand new music video of this hit that will resonate with audiences of all ages.

Gerhard van Rooyen van GVR Productions shot the footage for the video in the Hazelwood area in Pretoria. “It is about a heartbroken girl, who arrives in the city and is determined to meet the perfect one. A receptionist overhears a conversation with her parents about her wanting to meet ‘someone’ like her father and gives her a chocolate when she hangs up. Little does she know that this chocolate is going to change her life. Viewers can also look forward to a very interesting ending, that is left open for interpretation,” the singer, who created the storyline for the video, reveals. “The video has a long intro and the storyline complements the lyrics of the song. I truly enjoyed putting this video together.”

The pop song, written by Johan Oberholzer and produced by Robin Kielly, was very well received and is currently featuring on radio stations across the country. It is also a firm favourite at her shows. According to the singer, the song is about waiting for that special someone whom you want to share the rest of your life with. “It is important to me to sing about a topic that I am able to relate to. I hope that IEMAND will really make listeners dance and smile,” she adds.   

Geraldine has had a very exciting few months, including six shows at Innibos, a performance at Weiveld and the release of three radio singles, Sommer, Mis and IEMAND. She considers the release of her latest music video as one of the highlights of her career and still has a lot of exciting things planned for the future. “We started filming the video early in the morning and only finished shooting at midnight, but it was so worth it. I enjoy being creative and creating my own concepts and Gerhard added all the finishing touches where necessary,” she shares.

Although she walked away with a few blisters on her feet, the result turned out to be perfect. This music video will most definitely make fans fall in love with Geraldine Scholtz’s unique talent all over again.

Watch it here: https://www.youtube.com/watch?v=KSWkgwN3PDw

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook: https://m.facebook.com/GeraldineMusicSA/
Twitter: @geraldineS02
Instagram: @geraldine_scholtz
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCt28Dxj28HQswt4zdHyTiEw?app=desktop
Pinterest: https://za.pinterest.com/geraldinescholt/
Website: www.geraldinescholtz.com

BOOKINGS
Charlene Scholtz
Cell: 082 436 2505
E-mail: fjes17@gmail.com