Geraldine Scholtz Se Nuwe Enkelsnit Is Hier!

Thursday, October 4, 2018 - 10:36

Geraldine Scholtz, die blonde, blouoog-talent is terug met ’n nuwe enkelsnit waaroor die land gaande gaan wees. Albei haar enkelsnitte Mis en Sommer, wat oor die afgelope jaar uitgereik is, het nommer een posisies behaal op radiostasies regoor die land.

Sy het die afgelope paar maande hard gewerk om haar passie uit te leef en nou is sy terug met iets opwindend. IEMAND, haar splinternuwe enkelsnit, is ’n popliedjie wat jou uitnooi om vanaf die eerste tot die laaste noot lekker saam te dans. Geraldine streef daarna om mense goed te laat voel wanneer hulle haar musiek luister, daarom is dit baie eerlik en deel sy haar hart en storie in elkeen van haar liedjies.

IEMAND is ’n liedjie, uit die pen van Johan Oberholzer, wat gaan oor die ontdekking van die perfekte een wat by jou pas. Daardie persoon saam met wie jy ‘normale’ goed kan doen, maar dit bring vir jou die wêreld se geluk. Die liedjie gaan daaroor om vir die een te wag saam met wie jy die res van jou lewe wil spandeer. Jou beste vriend. ’n Man met integriteit. “’n Man soos my pa. My eie storie uit ’n boek,” sing Geraldine.

Ek hoop IEMAND kan jou laat dans soos wat ek dans wanneer ek die liedjie hoor en ek hoop wanneer dit speel sit die enkelsnit ’n groot glimlag op jou gesig,” sê Geraldine 

Met elke liedjie, insluitende IEMAND, is sy deel van die proses – van die skryf tot die opname. Geraldine gee haar idee van waaroor die liedjie moet gaan en hoe dit moet klink. “Dit is vir my belangrik om iets te sing wat in my hart is en waarvan ek ook sal hou. Die maak van IEMAND het ek ongelooflik baie geniet. Van die skryf van die liedjie tot die opname. Daardie dag in die studio het ek regtig my hart uit gesing.” 

Robin Kielly, wat die liedjie vervaardig het, sê: “Om vir die tweede keer saam met Geraldine te werk aan die opname van ’n liedjie, was ’n wonderlike proses. Sy is doelgerig en het baie gegroei en verbeter sedert die vorige keer wat ons saam gewerk het. Verder het sy ook bewys dat sy baie veelsydig is en moeiteloos kan oorskakel van ballades na danstreffers. Geraldine, hou so aan! Ek wens jou alle voorspoed toe.”

Geraldine het ’n opwindende jaar agter die rug met onder andere ses vertonings by Innibos, ’n optrede by Weiveld, asook Mis - haar tweede enkelsnit wat April uitgereik is - en nou is sy terug met iets nuut wat niemand ‘SOMMER’ wil ‘MIS’ nie.

Geraldine Scholtz wil graag IEMAND met haar werk inspireer en haar nuutste enkelsnit is beslis ’n bewys hiervan!

SOSIALEMEDIASKAKEL
Facebook: https://m.facebook.com/GeraldineMusicSA/
Twitter: @geraldineS02
Instagram: @geraldine_scholtz
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCt28Dxj28HQswt4zdHyTiEw?app=desktop
Pinterest: https://za.pinterest.com/geraldinescholt/
Webblad: www.geraldinescholtz.com

BESPREKINGS
Charlene Scholtz
Sel: 082 436 2505
E-pos: fjes17@gmail.com

Geraldine Scholtz Releases New Upbeat Single!

Geraldine Scholtz, South Africa’s favourite bubbly blonde, is back with a brand new single that not only promises to showcase her talent and versatility, but will also resonate with audiences of all ages. Both of her previous singles, Mis and Sommer, reached number one positions on radio stations across the country over the past year.

She has been working very hard on her third release, which is set to top the successes of its predecessors. IEMAND is an upbeat pop song that invites you to dance along to its catchy tune. Geraldine’s aim is to make people feel good when listening to her music and shares a part of her heart and story with each song.

IEMAND, a song written by Johan Oberholzer, is about discovering the person that you were meant to be with. The one you enjoy spending time with and who makes you happy. It is about waiting for the person that you want to spend the rest of your life with. Your best friend and a man with integrity. “A man like my father. My own fairy-tale,” sings Geraldine

I hope that IEMAND will make you dance and make you smile,” says Geraldine. 

She is very involved in the creation of each of her songs, from beginning to end, and IEMAND is no exception. Geraldine shares ideas about what the song should be about and what it should sound like. “It is important to me to sing about a topic that I am able to relate to. I enjoyed being involved in every aspect of the creation of my new song and gave everything I had on the day of the recording.”

Producer Robin Kielly says: “Working on the second song with Geraldine has been another great recording process. She is as commited as ever and has improved since we last worked together. She is also proving very versatile switching from ballads to up-tempo songs. Geraldine, keep the momentum going! All the best.”

Geraldine has had a very exciting few months, including six shows at Innibos, a performance at Weiveld and the release of her second single, Mis, in April.

She really wants to impress fans with her work and her latest single, IEMAND, is definitely not something to be missed!

SOCIAL MEDIA LINKS
Facebook:
https://m.facebook.com/GeraldineMusicSA/
Twitter: @geraldineS02
Instagram: @geraldine_scholtz
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCt28Dxj28HQswt4zdHyTiEw?app=desktop
Pinterest: https://za.pinterest.com/geraldinescholt/
Web: www.geraldinescholtz.com

Bookings
Charlene Scholtz
Cell: 082 436 2505
E-mail: fjes17@gmail.com