Fliek Oor Ellen Pakkies Se Lewe Sal Silwerskermfees Open

Monday, August 6, 2018 - 08:40

Die fliek oor Ellen Pakkies se lewe, ELLEN, DIE ELLEN PAKKIES STORIE, het reeds oorsee opslae gemaak en dit is pas aangekondig dat hierdie rolprent, wat delf in die innerlike psige van ‘n familie wat deur dwelms vernietig word in een van die gevaarlikste plaaslike gemeenskappe, die openingsfilm by die kyKNET Silwerskermfees sal wees op 22 Augustus 2018, by The Bay Hotel in Kampsbaai.

https://www.facebook.com/silwerskermfees/

Ons is werklik dankbaar dat kykNET Silwerskermfees Ellen se storie gekies het om die fees te open. Hierie fliek lig die pleidooi van soveel mense wat sukkel uit”, sê uitvoerende vervaardiger, Paulo Areal.

Ellen Pakkies se opspraakwekkende verhaal het in 2007 die aandag van mense regoor die wêreld getrek, nadat sy aangekla is vir die moord op haar dwelmverslaafde seun, Abie. Die hofsaak, wat daarna gevolg het, het belangstellendes op die punte van hulle stoele gehou en die rolprentvertelling daarvan beloof om dieselfde met kykers te doen en meer!

Wanneer jy die rolprent kyk, besef jy dat Ellen nie ’n bose of kwaadwillige mens is nie. Jy begin verstaan hoekom sy gedoen het wat sy het. Sy is ’n ma, wat lief was vir haar seun, maar hom ongelukkig nie kon help nie. Al die akteurs vertolk hulle rolle puik en jy sal ’n hele stroom van emosies op een slag ervaar. ’n Fenominale stuk kuns, wat jou lewe sal verander,” skryf Film & Television Business, wat vir die prent vyf sterre gegee het.

Bekroonde regisseur, Daryne Joshua, wat bekend is vir sy suksesvolle debuutfilm, Noem My Skollie, was saam met vervaardigers, Schalk-Willem Burger en Paulo Areal, aan die stuur van hierdie indrukwekkende produksie. Die draaiboek is deur Amy Jephta geskep met die hulp van die regte Ellen Pakkies se insette. Laasgenoemde het ook baie gehelp om die tonele in die fliek, wat in haar huis geskiet is, so outentiek as moontlik te herskep.

Buiten vir die indrukwekkende span agter die prent, spog dit ook met ’n sterbelaaide rolverdeling en lof stroom in vir dié groep akteurs wat hulle so skitterend van hulle taak kwyt.

Jill Levenberg, wat al verskeie rolle gehad het in films en televisiereekse soos Genadekans, Noem my Skollie (wat in 2016 Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die Oscars was), Leemte, While You Weren’t Looking, Abraham, Bekkies Gevind, As Ek Huistoe Kom, Fluit-Fluit, Atlas, Uitvlucht en die gewilde kykNET-sepie, Suidooster is briljant in die hoofrol van Ellen Pakkies en het baie navorsing en moeite gedoen om haar vertolking so eg en eerlik as moontlik te benader.

Jarrid Geduld speel die rol van Ellen se seun, Abie. “Dit is altyd ’n groot uitdaging om iemand se ware verhaal te vertel, veral een wat steeds relevant is. Ek het baie gewig verloor en probeer om myself in die karakter in te leef ter voorbereiding van die rol en hoop dat my vertolking vir kykers sal insae gee oor wat binne die kop van ’n verslaafde aangaan”. Jarrid het bekendheid verwerf vir sy rolle in plaaslike en internasionale produksies soos Black Sails, Zulu, 10 000BC en A Lucky Man.

Ander bekroonde akteurs wat ook te sien is in dié treffende film, is Elton Landrew (District Six, Kat and the Kings, Sara se Geheim), Kay Smith (7de Laan), Clint Brink (Binnelanders), Ilse Klink (Stroomop, Isidingo) en Russel Savadier (The Wild, Isidingo, Black Sails).

Hierdie aangrypende ware verhaal is vervaardig deur TMPBC (The Moving Billboard Picture Company) in samewerking met M-Net, kykNET Films en die Departement van Handel en Nywerheid (DTI). Dit word op 7 September 2018, landswyd, deur Filmfinity (Pty) Ltd uitgereik.

Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=Uf7KoDxGbts

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook:
https://www.facebook.com/Die-Ellen-Pakkies-Storie-208819606253993/
Instagram: @ellenpakkies
Twitter: @EllenPakkies

Film About The Life Of Ellen Pakkies To Open KykNET Silwerskerm Festival

The film about the life of Ellen Pakkies already made quite an impact overseas and it has just been announced that this film, which delves into the psyche of a family destroyed by drugs, in one of the most dangerous local communities, will also be the opening film at the kykNET Silwerskerm Festival on 22 August 2018 at The Bay Hotel in Campsbay. https://www.facebook.com/silwerskermfees/

We are truly honoured that kykNET Silwerskerm Festival has chosen Ellen’s story to open the festival. This film speaks and highlights the plight of so many who are suffering”, says Executive Producer, Paulo Areal.

The heart-wrenching story of Ellen Pakkies caught the attention of people around the globe when she was accused of murdering her drug-addicted son, Abie, in 2007. While the court case that followed kept people on the edge of their seats, the film adaptation promises to do the same, and so much more!

When you watch this film, you realize that Ellen isn’t an evil, malicious person. You start to understand why she did what she did. She was a mother who loved her son but unfortunately, she couldn’t help him. All of the actors deliver incredible performances; all of your emotions will hit you all at once.

A phenomenal piece of art and a film that will change your life,” writes Film & Television Business, who gave the film a five-star-rating.

Award-winning director, Daryne Joshua, best-known for his successful debut film Noem My Skollie, alongside producers Schalk-Willem Burger and Paulo Areal, is at the helm of this impressive project. The script was crafted by Amy Jephta, with input from Ellen Pakkies herself. Pakkies also helped recreate scenes for the movie, which was shot in her home, to ensure that they are as authentic as possible.

Aside from the impressive team behind the movie, it also boasts a stellar cast – praise is streaming in from all corners for the actors’ outstanding performance.

Jill Levenberg, who has played several parts in films and on television, including GenadekansNoem my Skollie (which was South Africa’s official Oscar entry in 2016), LeemteWhile You Weren’t LookingAbrahamBekkies GevindAs Ek Huistoe KomFluit-FluitAtlasUitvlucht and the popular kykNET soapie, Suidooster  is brilliant in the role of Ellen Pakkies and did a lot of research to make her interpretation as honest and accurate as possible.

Jarrid Geduld plays the role of Ellen’s son, Abie. “It is always a challenge to tell someone’s true story, especially one that is so relevant. I lost a lot of weight and really tried to get into the character in the hope that it would provide some insight into what goes on in the mind of an addict,” says Jarrid, known for his roles in local and international productions such as Black Sails, Zulu, 10 000BC and A Lucky Man.

Other talented actors which can be seen in the film include Elton Landrew (District Six, Kat and the Kings, Sara Se Geheim), Kay Smith (7de Laan), Ilse Klink (Stroomop, Isidingo), Clint Brink (Binnelanders) and Russel Savadier (The Wild, Isidingo, Black Sails).

This gripping true story was produced by The Moving Billboard Picture Company in collaboration with M-Net, kykNET Films and the Department of Trade and Industry (DTI) and will be distributed by Filmfinity (Pty) Ltd. The film will start showing countrywide from 7 September 2018.

Watch the trailer here: https://www.youtube.com/watch?v=Uf7KoDxGbts

SOCIAL MEDIA LINKS:
Facebook: https://www.facebook.com/Die-Ellen-Pakkies-Storie-208819606253993
Instagram: @ellenpakkies
Twitter: @EllenPakkies