Early B Verras Met ‘n Lekker Stoute Tong-in-die-kies Musiekvideo En Nuwe Album!

Embedded thumbnail for Early B Verras Met ‘n Lekker Stoute Tong-in-die-kies Musiekvideo En Nuwe Album!
Friday, August 10, 2018 - 12:09

Die bekroonde kletsrymer, Early B, is nie net veelsydig in sy aanslag nie, maar het ook die vermoë om luisteraars se emosies te prikkel – of dit nou is met sy vlymskerp humor of sielvolle sosiale kommentaar. Sy debuutalbum, AANGENAME KENNIS, is pas bekendgestel en het reeds die nommer 2 posissie op die SA iTunes Trefferparades ingeneem!

Om stories te vertel in Afrikaans, met ’n unieke PE-kletsrymaanslag, is die hoofdoel van Early B se eerste CD wat met agtien oorspronklike werke spog – wat almal uit sy eie pen kom. “Daar is iets vir almal om mee te vereenselwig. Liedjies wat mense sal laat lag, inspireer en motiveer. Ek het snitte gekies wat verskillende musiekstyle met kletsrym kombineer, ’n sterk boodskap dra, mense aanspoor om pret te hê en stories vertel, wat soos ’n kortfilm in die geestesoog moet afspeel,” verklap die musikant.

BEN TEN, die tweede enkelsnitvrystelling vanaf sy debuutalbum is ’n lekker stoute liedjie met ’n opgewekte funk-kletsrym-wysie wat viervoet in jou kop vassteek. Dit is baie goed ontvang en kan reeds op al wat radiostasie is gehoor word.

BEN TEN is ’n term wat ons in PE gebruik vir ’n man wat daarvan hou om met vroue uit te gaan wat baie ouer is as hy. Ek het die liedjie self geskryf met die doel om ’n storie te vertel wat aanhangers sal laat glimlag en saamsing,” vertel hy. “Dit gaan oor ’n ou wat by sy vriendin gaan kuier, wat ewe skielik nie meer by haar ma bly nie, en dan besef dat die antie oë het vir hom. Wat verder gebeur, word in die res van die snit verklap en sal almal lekker laat giggel.”

Die musiekvideo vir hierdie treffer word ook vandag amptelik bekendgestel en gaan jou nie net laat skater van die lag nie, maar jou ook nooi om saam te dans op die maat van hierdie voetjeuklekker snit.

Kyk die video hier:        http://www.youtube.com/watch?v=p6P93ISSvfo

Gerhard van Rooyen (GVR) is die regisseur van hierdie prettige tong-in-die-kies-video wat in die minder bekende hoekies van Pretville afspeel. “In die video vertel Early B vir sy vriende van ’n komiese situasie waarin hy homself bevind met een van sy vriendinne se ma,” vertel Gerhard. “Hy wou by die vriendin gaan kuier en haar ma het hom welkom geheet en ’n glas vrugtesap aangebied. Terwyl sy kombuis toe is, besef hy dat alles nie heeltemal pluis is nie en stuur ’n boodskap om te hoor waar sy is. Die meisie antwoord toe dat sy nie meer daar bly nie en in Johannesburg studeer... en wanneer die tannie terugkom begin sy hom ’n bietjie in ’n hoek druk.

Daar is ook ’n paar lekker danspassies in die video ingewerk wat kykers sommer maklik kan aanleer en die vervaardigingspan hoop dat dit sommer gou sal opduik by al wat ’n klub of danspartytjie is.

Early B, oftewel Earl Swartz, is ’n bekroonde kletrymer wat nie net veelsydig in sy aanslag nie, maar het ook die vermoë om luisteraars se emosies te prikkel – of dit nou is met sy vlymskerp humor of sielvolle sosiale kommentaar.

Die kunstenaar (29) het, oor die afgelope nege jaar, ’n gereelde gesig geword by van die land se grootste feeste en konserte, soos die KKNK. Hy het ook al saam met groot name in die bedryf gewerk, waaronder die Grammy-bekroonde musiekvervaardiger, Darryl Torr, en plaaslike talent soos Emo Adams, HemelBesem en Pierre Rossouw. Hy is veral bekend vir sy treffer, Cerebellum, wat nie net aan hom ’n Ghoema-toekenning besorg het vir Beste Hip-Hop-liedjie in 2017 nie, maar ook verskeie weke bo-aan die kletsrymtreffersparades van verskeie groot radiostasies gepronk het.

Wanneer hy nie op die verhoog is nie, vervaardig en bemark hy ook sy eie musiekvideo’s wat al deur meer as 400 000 aanhangers gekyk en afgelaai is op YouTube. Die kletsprater spog met ’n diploma in Film- en Televisievervaardiging wat baie handig te pas kom vir hierdie doeleindes en hom ook ’n rol besorg het in die plaaslik-vervaardige televiereeks, Hotel Songololo. Hy was ook te sien in die SABC 2-reeks, Kniediep in Kookwater.

LYS VAN SNITTE OP DIE ALBUM

  1. Intro  
  2. Ben Ten        
  3. Filters
  4. Blesser
  5. Potte (ft. Jack Parow) 
  6. Bid vir pouse
  7. Friendzone
  8. Duk vir Drugs 
  9. As Ek Geweet Het (ft. Emo Adams)
  10. Jy Maak Eyes 
  11. Plat Badge
  12. Watch Wat Julle Praat  
  13. Amen
  14. In Pas 
  15. Wikkel Hulle
  16. Cerebellum 
  17. Ken Jou Waarde (ft. ADAM)  
  18. ​PE 

Koop die album hier:
https://itunes.apple.com/za/album/aangename-kennis/1413822537

VOLG HOM OP

A Cheeky Music Video And New Album For Early B!

Acclaimed rapper, Early B, is not only versatile in his approach, but also has the ability to touch the hearts of music lovers with his witty sense of humour and heartfelt social commentary. His debut album, AANGENAME KENNIS, officially released today and already moved up to the Nr.2 position on the SA iTunes charts!  

Telling stories in Afrikaans by using his unique PE slang and rhythm, is Early B’s main goal for his first album that boasts eighteen original tracks, written by the artist himself. “The album has something for everyone. The content will make listeners laugh, but will also make them feel motivated and inspired. I chose tracks that combine rap with various other music styles, carry a strong message, encourage people to have some fun and tell stories,” the musician reveals.

BEN TEN is the second single off the artist’s debut album and is a catchy song that showcases his fun side with an interesting funk-rap sound. The hit was very well received and has been played on various radio stations.

BEN TEN is a term used in PE to describe a man who enjoys dating older women. I wrote the song myself and wanted to create something that would make fans smile and sing along,” Early B says. “It is about a guy who visits one of his girlfriends, who is now suddenly not living with her mother anymore. As time progresses, he realises that the older lady is making a pass at him. What happens next, is revealed in the song and will definitely make you laugh.”

The music video for this hit song, also released today will not only make listeners and viewers laugh, but will invite them to dance along to the funky beat!

Gerhard van Rooyen (GVR) was the director of this cheeky offering, which was filmed in the less popular areas of Pretville. “In the video Early B tells his friends about a humorous incident with one of his girlfriend’s mother,” explains Gerhard. “He wanted to visit her and is welcomed by her mother, who offers to get him some juice. When he realises that something is not right, he sends her a message to find out where she is. She then replies to let him know that she no longer lives there and is studying in Johannesburg… when the mother returns it is revealed that she has the hots for him and things get very uncomfortable.”

They have also choreographed some very easy and catchy dance moves for the song and hope that fans will take the time to learn and show it off at their local club or next party.

Watch the video here:    http://www.youtube.com/watch?v=p6P93ISSvfo

Early B, aka Earl Swartz, is a versatile rapper with the ability to touch the hearts of music lovers with his witty sense of humour and heartfelt social commentary.

The artist (29) has become a regular performer at some of the country’s biggest festivals and concerts, over the past nine years, including the KKNK. He has also worked with big names in the industry, like Grammy award-winning music producer, Darryl Torr, and local talent such as Emo Adams, HemelBesem and Pierre Rossouw. He is best-known for his hit, Cerebellum, for which he received a Ghoema Music Award for Best Hip Hop Song in 2017. The song also peaked at number 1 on the Hip Hop charts of various big radio stations.

True to the arts, Early B is also an actor and has a Film and Television Production diploma, a skill which came in handy when he started producing and marketing his own music videos – some of which has reached more than 400 000 views and downloads on YouTube. The artist has also starred in the locally produced series, Hotel Songololo and recently had a small role in the new SABC 2 production, Kniediep in Kookwater.

His first solo album, Aangename Kennis, is scheduled to be released soon and will be available online as well as from selected music stores.

TRACKLIST

  1. Intro  
  2. Ben Ten        
  3. Filters
  4. Blesser
  5. Potte (ft. Jack Parow) 
  6. Bid vir pouse
  7. Friendzone
  8. Duk vir Drugs 
  9. As Ek Geweet Het (ft. Emo Adams)
  10. Jy Maak Eyes 
  11. Plat Badge
  12. Watch Wat Julle Praat  
  13. Amen
  14. In Pas 
  15. Wikkel Hulle
  16. Cerebellum 
  17. Ken Jou Waarde (ft. ADAM)  
  18. ​PE 

Buy the album here:
https://itunes.apple.com/za/album/aangename-kennis/1413822537

FOLLOW HIM ON SOCIAL MEDIA