Early B En Jack Parow Hou Van Potte In Nuwe Musiekvideo

Monday, December 10, 2018 - 13:13

POTTE, die gewilde en bekroonde kletsrymer van Port Elizabeth, Early B, se nuutste humoristiese treffer – in samewerking met die multi-bekroonde kletsrymlegende Jack Parow en vervaardiger Justin Vega – het reeds groot opslae gemaak in musiekkringe... en nou is hierdie trio terug met ’n prettige, tong-in-die-kies musiekvideo om die sukses van die liedjie en die vakansieseisoen te vier.

Die video, wat deur regisseur Gerhard van Rooyen in die Kaap verfilm is, is basies ’n visuele uitbeelding van dit waaroor die musikante in die video sing. “Ek, Jack Parow en Justin Vega is die hoofkarakters in die video. Basies is die idee om die PE-spreekwoord ‘POTTE’ en die betekenis daarvan (dame met ’n mooi lyf) aan die publiek bekend te stel. Die boodskap is ook hard en duidelik dat my en Jack se karakters van POTTE hou,” vertel Early B oor die idee agter die video. “Natuurlik het daar ook ’n paar oulike modelle by ons aangesluit vir die video en het Gerhard ’n paar veranderinge gemaak om my aanvanklike idee mooi te laat lyk op die skerm. Dit was ’n lekker spanpoging.”

Die video het reeds sosialemediaplatforms oorgeneem. Gaan kyk dit hier:

https://www.youtube.com/watch?v=RSw1ODMO1mg

Dis eintlik net ’n liedjie vol pret. Ek hou daarvan om mense te na te maak en in PE, wanneer ouens ’n dame sien wat lekker gebou is, sê hulle dit presies soos wat ek dit in die koor sing: ‘Daai kind het potte, whuh’. Dis al so ’n gewilde spreekwoord in die area, dat selfs die kinders dit gebruik,” vertel Early B. Ek wou net iets lig doen op die awesome ritme wat Justin geskep het. Almal het so ’n bietjie nodig om los te ruk, te dans en te lag. Daar is baie ernstige snitte op my album en dit was nodig om ligter liedjies ook in te bring om die balans te herstel,” voeg hy by.

Early B, oftewel Earl Swartz, is bekend vir sy spitsvondige lirieke en humoristiese musiekstaaltjies. Die kunstenaar (29) het, oor die afgelope nege jaar, ’n gereelde gesig geword by van die land se grootste feeste en konserte, soos die KKNK. As akteur, het hy ook al verskyning gemaak in plaaslik-vervaardige televiereekse soos Hotel Songololo en Kniediep in Kookwater. Hy is veral bekend vir sy treffer, Bene Lam, wat nie net aan hom ’n Ghoema-toekenning besorg het vir Beste Hip-Hop-liedjie in 2017 nie, maar ook verskeie weke bo-aan die kletsrymtreffersparades van groot radiostasies gepronk het. Sy mees onlangse suksesverhaal, Ben Ten, het nie net bo-aan die treffersparades van groot radiostasies gekuier nie, maar die skreeusnaakse musiekvideo is ook reeds deur sowat 500 000 aanhangers op YouTube gekyk.

Jack Parow, oftewel Zander Tyler, het bekendheid verwerf vir sy liedjie Cooler as Ekke wat in 2009 uitgereik is en onmiddellik opslae gemaak het. Verskeie suksesvolle albums, musiektoekennings en treffers, asook ’n brandewynhandelsmerk (Parow Brandy) later, is sy loopbaan steeds besig om te groei en is hy heel in sy noppies om deel te wees van hierdie projek.

Justin Vega is ’n bekende platejoggie en musiekvervaardiger van die Kaap, wat sy passie uitleef deur unieke ritmes bymekaar te bring en musiek met ’n vars aanslag te benader. Hy is ’n gesoute musikant, wat net so vaardig is agter die dromme en klavier as agter die klankbord, en het ’n groot voorliefde vir Jazz.

POTTE, wat deel uitmaak van Early B se eerste album, Aangename Kennis, wat in Augustus 2018 vrygestel is, is reeds baie goed deur die publiek ontvang. Die album is tans beskikbaar by Musica en aanlyn op iTunes, Google Play, Joox, Spotify en Tidal.

VOLG EARLY B OP
Facebook:
https://www.facebook.com/earl.swartz.5
Twitter: @earlyb_music
Instagram: @earlybmusic
Webblad: www.earlybmusic.com
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCC8fPygdzr9VjPp5Z7Cha5A
Reverbnation: https://www.reverbnation.com/earlagemi

VOLG JACK PAROW OP
Facebook:
https://www.facebook.com/jack.parow/
Twitter: @JackParow
Instagram: @jackparow
Webblad: www.jackparow.co.za

VOLG JUSTIN VEGA OP
Facebook:
https://www.facebook.com/justinvegamusic/
Instagram: @iamjustinvega
SoundCloud: https://soundcloud.com/justinvegaofficial

Early B And Jack Parow Like ‘Potte’ In New Music Video

POTTE, the acclaimed Hip Hop artist from Port Elizabeth, Early B’s latest humoristic hit – featuring award-winning rap legend Jack Parow and producer Justin Vega – has already made big waves in the music industry. Now, the trio is back with a fun, tongue-in-cheek music video to celebrate the single’s success as well as the holiday season.

The video, which was filmed by director Gerhard van Rooyen in Cape Town, is basically a visualisation of the lyrics they sing about in the song. “Jack Parow, Justin Vega and I are the main characters in the video. The aim was to introduce the PE saying ‘POTTE’ and its meaning (a girl with a great body) to the public. The message is also clear that our characters are quite fond of POTTE,” shares Early B about the concept behind the video. “The video also include appearances by some beautiful models and Gerhard made the necessary adjustments to make my idea look great on screen. It was a good team effort.”

The video has already taken over social media. Watch it here:

https://www.youtube.com/watch?v=RSw1ODMO1mg

“It is actually just a fun song. I like to imitate people and PE, when guys see a girls with a great body, they say it exactly like I sing it in the chorus: ‘Daai kind het potte, whuh’. It has become such a popular saying in the area that even children use it,” explains B. “I wanted to do something light and refreshing with the awesome beat that Justin created. Everyone needs to cut lose sometimes and have a good laugh. There are very serious songs on my new album and we needed to establish an equilibrium by adding some more upbeat tracks,” he adds.

Early B, aka Earl Swartz, is a versatile rapper known for his witty lyrics and music. The artist (29) has become a regular performer at some of the country’s biggest festivals and concerts, over the past nine years, including the KKNK. As an actor, he also made appearances in local series, such as Hotel Songololo en Kniediep in Kookwater. He is best-known for his hit, Bene Lam, for which he received a Ghoema Music Award for Best Hip Hop Song in 2017. The song also peaked at number 1 on the Hip Hop charts of various big radio stations. His most recent success story, Ben Ten, did not only feature on the charts of various big radio stations, but its hilarious music video has also had more than 500 000 views on YouTube.

Multi award-winning rapper and songwriter, Jack Parow (aka Zander Tyler), shot to fame in 2009 after releasing his debut hit single, Cooler as Ekke, which took the country’s music industry by storm.

He has had various successful albums and hits, won several coveted music awards and recently also launched his own brandy label, Parow Brandy.

Justin Vega is a DJ and music producer from the Cape, who shares his passion for music with the world by combining different beats and genres in a new and refreshing way. He is a seasoned musician and Jazz enthusiast who is equally comfortable behind the piano and drums as he is behind the mixer and computer.

POTTE, a track taken from Early B’s debut album, Aangename Kennis, which was released in August 2018, has already been very well received by the public. The album is currently available at Musica as well as on iTunes, Google Play, Joox, Spotify and Tidal.

FOLLOW EARLY B ON
Facebook:
https://www.facebook.com/earl.swartz.5
Twitter: @earlyb_music
Instagram: @earlybmusic/
Website: www.earlybmusic.com
YouTube: https://www.youtube.com/channel/UCC8fPygdzr9VjPp5Z7Cha5A
Reverbnation: https://www.reverbnation.com/earlagemi

FOLLOW JACK PAROW ON
Facebook:
https://www.facebook.com/jack.parow/
Twitter: @JackParow
Instagram: @jackparow
Website: www.jackparow.co.za

FOLLOW JUSTIN VEGA ON
Facebook:
https://www.facebook.com/justinvegamusic/
Instagram: @iamjustinvega
SoundCloud: https://soundcloud.com/justinvegaofficial