Douvoordag Reik Langverwagte Debuut-album Uit!

Wednesday, October 10, 2018 - 08:17

DOUVOORDAG (Ilse en Jattie de Beer), se debuut-album, DIE AVONTUUR, is op Vrydag 5 Oktober 2018 via alle digitale platforms uitgereik en het onmiddellik die nommer een posisie op iTunes ingeneem!

Hulle nuutste enkelsnit, Manifes, kan ook reeds op talle radiostasies landswyd gehoor word en die musiekvideo van hierdie ongelooflike treffende liedjie beklee ook tans die nommer agt posisie op die gewilde kykNET Top20.

Kyk die video hier: https://youtu.be/eAkeY_beXAo

Musiekliefhebbers ken reeds geruime tyd al hulle unieke klank. Nie net is uittreksels van twee van hulle liedjies gebruik in die klankbaan van die gewilde Afrikaanse fliek, Mooirivier nie, maar hulle eerste twee enkelsnitte, Uitsig en Desembers, was ook onderskeidelik op die Afrikaans is Groot Volume 8- en Afrikaans is Groot Volume 9-albums ingesluit. Nog ʼn snit, Skrapnel, is ingesluit op die In Afrikaans Volume 1-album en Hande vat, die temalied van die TV-reeks, Dorpsdraai, ook deur Jattie geskryf, was ook ingesluit op die In Afrikaans Volume 2-album. Gedurende Desember 2017 was DOUVOORDAG ook deel van die heel eerste In Afrikaans konsertreeks op Hartenbos waar hulle die verhoog gedeel het met bekende name soos Jo Black, Leah, Robbie Wessels en Jan de Wet by die Kersfees in Afrikaans-konsert, wat bygewoon was deur 6 000+ mense.

Ilse en Jattie sing al sedert 2008 saam. Aanvanklik het hulle onder ’n Engelse naam gesing, omdat hulle veral by troues en korporatiewe funksies opgetree het, maar mettertyd het hulle al meer oorspronklike Afrikaanse musiek geskryf en gesing, en só het DOUVOORDAG ontstaan.

Albei kom uit musikale families, en sing sedert hul skooldae. Ilse was ʼn lid van die Stellenberg Meisieskoor, Pro Cantu Jeugkoor en die Stellenbosch Universiteitskoor, en Jattie het in die Affies Seunskoor en Tukkies se Camerata-koor gesing. Hy is ook vier jaar agtereenvolgens bekroon met die prys vir Beste Oorspronklike Komposisie tydens Tukkies se jaarlikse serenade-kompetisie. Jattie en sy groep Vertikaal het in 2009 ʼn SAMA gewen vir hul tweede album, Stil.

Jattie, ’n baie begaafde liedjieskrywer, skryf ewe gemaklik in Afrikaans en Engels, en vir enige musikale genre. Daarvan getuig die groot aantal baie uiteenlopende kunstenaars wat al van sy liedjies opgeneem het, onder meer Louis Brittz (gospel), Zak van Niekerk (humoristies), Len Muller (alternatief), Dans Dans Lisa, Izak Davel (pop), Leon Gropp om net ’n paar te noem. Hy het ook onlangs help skryf aan snitte vir nuwe opkomende albums van Jo Black, Touch of Class en Roan Ash. Jattie en die bekende liedjieskrywer en vervaardiger Johan Vorster was medeskeppers van Die Groot Ontbyt se temalied, Kom ons gaan groot, wat gesing word deur Jo Black.

Jattie, ’n geregistreerde bedryfsielkundige met ʼn meestersgraad agter sy naam, werk as onafhanklike konsultant wanneer hy nie musiek maak nie. Ilse het ʼn B.Com.-honneursgraad en is ʼn bekende naam agter die skerms in die Afrikaanse musiekbedryf. Sy het al vir Merchant Music, Coleske Artists en die Atterbury Teater gewerk, en was ook betrokke by produksies soos Afrikaans is Groot, die Ghoema Musiektoekennings, Gospel Skouspel, Innibos se hoofverhoogproduksies en die In Afrikaans Hartenbos konsertreeks. Sy is tans deel van die bemarkingspan by die groep maatskappye Inhoud Huis Musiek, In Afrikaans & Flagship Productions wat verantwoordelik is vir kunstenaars soos onder andere Robbie Wessels, Jo Black, Appel en Roan Ash, en is ook die koördineerder van die In Afrikaans Hartenbos konsertreeks wat oor Desember plaasvind.

Jattie is die kreatiewe brein agter DOUVOORDAG en meeste van die groep se lirieke en melodieë kom uit sy pen. Die liedjies reflekteer iets van die De Beers se lewens en lewensuitkyk. Een van hulle enkelsnitte, die baie gewilde Desembers vertel byvoorbeeld die verhaal van hul Desembervakansies op Stilbaai, waar die paartjie in 2005 ontmoet het. “Die liedjies is skilderye van die interne ontdekkings en mooi oomblikke langs ons persoonlike pad, en sommige is geskryf om ons te bemoedig en herinner aan hoekom ons hierdie avontuur gekies het,” sê Ilse. Vir Ren is ’n spesiale lied wat hul geskryf het vir hul 16-maande oue seuntjie. Uitsig was die eerste lied wat hul geskryf het vier jaar gelede, en dit is waar die hele avontuur begin het. Landsberghoek het Jattie geskryf oor sy ervaringe as kind op hul familieplaas saam met sy twee broers en suster.

Jattie was baie betrokke by die vervaardiging van DIE AVONTUUR en het saam met voorste vervaardigers soos Jake Odendaal en Gideon Botes daaraan gewerk. DIE AVONTUUR het vier jaar se harde werk geverg, maar gaan beslis sorg vir iets vars en nuut in Afrikaans. “Hierdie album is die storie van my en Ilse se persoonlike avontuur. Maar dis ook die storie van elke hart wat smag daarna om ʼn impak te maak op die wêreld en te lewe vir meer as net eiebelang,” vertel Jattie.

DOUVOORDAG het hulle album onlangs voor ’n stampvol gehoor by die Atterbury Teater bekendgestel. Dié bekendstelling was bygewoon deur talle bekendes soos Riana Nel, Robbie Wessels, Kaleidoskoop, Roan Ash, Simoné Nortmann en Johan Vorster. Hulle album word nou landswyd vrygestel in samewerking met Inhoud Huis Musiek met verspreiding deur Universal Musiek.

DIE AVONTUUR is nou verkrygbaar op digitale platforms {https://itunes.apple.com/za/album/die-avontuur/1435594015} en sal binnekort in goeie musiekwinkels beskikbaar wees.

Lus vir positiewe, hoopvolle en energieke musiek wat wissel tussen ernstig en lig? Dan is DOUVOORDAG se DIE AVONTUUR beslis vir jou.

SNITTE OP DIE ALBUM:

  1. Manifes
  2. Uitsig
  3. Die Avontuur
  4. Desembers
  5. Landsberghoek
  6. Instede
  7. Tweestryd
  8. Skrapnel
  9. Skaduwee van die berg
  10. Kyk op na bo
  11. Skielik is die somer hier
  12. Hier tussen ons
  13. Vir Ren

Bonussnit:

  1. Hande vat (Dorpsdraai se temalied)

SOSIALEMEDIA:
Facebook: www.facebook.com/douvoordag
Instagram: www.instagram.com/douvoordag
Twitter: www.twitter.com/douvoordagband
Webblad: www.douvoordag.co.za
Vir optrede besprekings: bookings@flagshipproductions.co.za

Douvoordag Releases Long-awaited Debut Album!

DOUVOORDAG’s (Ilse and Jattie de Beer) debut album, DIE AVONTUUR, was officially released online on 5 October 2018 and immediately claimed the number one position on iTunes!

Their latest single, Manifes, can also be heard on various radio stations, across the country, and the music video of this captivating song is currently in eighth position on kykNET’s Top20.

Watch the video here: https://youtu.be/eAkeY_beXAo

Music lovers have been familiar with the group’s unique sound for some time now. Not only have excerpts of two of their songs been used on the soundtrack of the popular Afrikaans movie, Mooirivier, but their first two singles, Uitsig and Desembers, were also included on the Afrikaans is Groot Volume 8 and Afrikaans is Groot Volume 9 albums, respectively. Another track, Skrapnel, was included on the In Afrikaans Volume 1 album and Hande Vat, the theme song of the TV series, Dorpsdraai that was also written by Jattie, was also included on the In Afrikaans Volume 2 album. During December 2017, DOUVOORDAG was also part of the very first In Afrikaans concert series at Hartenbos, where they shared the stage with well-known musicians such as Jo Black, Leah, Robbie Wessels and Jan de Wet. The concert was attended by more than 6 000 people.

Ilse and Jattie have been singing together since 2008. They originally performed under an English name at weddings and corporate functions, but changed it to DOUVOORDAG when they started creating original Afrikaans music.

Both of them come from musical families and have been singing since school. Ilse was a member of the Stellenberg Girls Choir, Pro Cantu Youth Choir and the Stellenbosch University Choir, and Jattie was part of Affies Boys Choir and the Tukkies Camerata Choir. He also won the prize for Best Original Composition in Tukkies’s annual serenade competition for four consecutive years. Jattie and his group, Vertical, won a SAMA in 2009 for their second album, Stil.

Jattie, a very gifted songwriter, is equally comfortable with writing in Afrikaans and English, as well as creating various genres of music. This is evident by the vast number of diverse artists who have recorded some of his songs, including Louis Brittz (gospel), Zak van Niekerk (humorous), Len Muller (alternative), Dans Dans Lisa, Izak Davel (pop) and Leon Gropp to name but a few. He also wrote material for new upcoming albums by artists like Jo Black, Touch of Class and Roan Ash. Jattie and well-known songwriter and producer, Johan Vorster were also co-creators of the theme song of the television program, Die Groot Ontbyt, called Kom Ons Gaan Groot, which is sung by Jo Black.

Jattie, a registered industrial psychologist with a master’s degree, works as an independent consultant when he is not on stage. Ilse has a B.Com. Honours degree and established herself as a respected name working behind the scenes in the Afrikaans music industry. She has worked for Merchant Music, Coleske Artists and the Atterbury Theater, and was also involved with productions such as Afrikaans is Groot, the Ghoema Music Awards, Gospel Skouspel, Innibos and the In Afrikaans concert series in Hartenbos. She is currently part of the marketing team at a group of companies, called Inhoud Huis Musiek, In Afrikaans and Flagship Productions, who manages artists such as Robbie Wessels, Jo Black, Appel and Roan Ash, and is also the coordinator of the In Afrikaans concert series in Hartenbos, which will be taking place in December.

Jattie is the creative mind behind DOUVOORDAG and is responsible for creating most of the group’s songs. Their music is a reflection of their own lives and approach to life. One of their most popular songs, Desembers, is about how they first met during a December holiday in 2005. “The songs are paintings of our personal journey of internal discoveries and treasured memories. Some were written as encouragement and others to remind us why we decided to choose this adventure in the first place,” says Ilse. Vir Ren is a song that they wrote for their sixteen month old son and Uitsig was the first song they wrote four years ago, which kick-started this amazing journey for them. Landsberghoek was written by Jattie and is about the memories he made with his siblings on their family farm when they were little.

Jattie was very involved with the production of DIE AVONTUUR and worked with some of the country’s best producers, such as Jake Odendaal and Gideon Botes to complete the final project. DIE AVONTUUR took four years of hard work and they have managed to create something new and different in Afrikaans. “This album is the story of our personal adventure. It is also the story of each and every person who long to have a positive impact on the world,” shares Jattie.

DOUVOORDAG recently launched their album in front of a packed audience at Atterbury Theatre. The launch was attended by several well-known artists like Riana Nel, Robbie Wessels, Kaleidoskoop, Roan Ash, Simoné Nortmann and Johan Vorster. Their debut CD will be released in association with Inhoud Huis Musiek and will be distributed by Universal Musiek.

DIE AVONTUUR is now available online {https://itunes.apple.com/za/album/die-avontuur/1435594015} and will hit the shelves of selected music outlets soon.

If you are in the mood for a moving combination of positive, hopeful and upbeat music, DOUVOORDAG’s DIE AVONTUUR is definitely for you.

TRACKLIST:

  1. Manifes
  2. Uitsig
  3. Die Avontuur
  4. Desembers
  5. Landsberghoek
  6. Instede
  7. Tweestryd
  8. Skrapnel
  9. Skaduwee van die berg
  10. Kyk op na bo
  11. Skielik is die somer hier
  12. Hier tussen ons
  13. Vir Ren

Bonussnit:

  1. Hande vat (Dorpsdraai se temalied)

SOCIAL MEDIA:
Facebook: www.facebook.com/douvoordag
Instagram: www.instagram.com/douvoordag
Twitter: www.twitter.com/douvoordagband
Website: www.douvoordag.co.za
Bookings and enquiries: bookings@flagshipproductions.co.za